Twee mense is dood en een persoon is ernstig beseer nadat ‘n dubbelkajuit-bakkie en ‘n motor op die N1 sowat 25km suid van Polokwane in Limpopo gebots het.
Alles vir die sleutelwoord "Polokwane"
Rondloperluiperd kuier by Coke-fabriek
ʼn Rondloperluiperd is Maandag in die vroeë oggendure afgeneem toe hy by die Coca Cola Fortune-fabriek in Polokwane, Limpopo, besoek afgelê het.
Man in hof wat tweejarige keelaf sny
Kgabo Masiya, die 32-jarige man van Limpopo wat daarvan verdink word dat hy verlede week glo ʼn tweejarige seuntjie keelaf gesny het met ʼn gebreekte bottel, het Dinsdag vlugtig in die Polokwane-landdroshof verskyn.
Man vas wat tweejarige keelaf sny
Die man wat verlede week glo ʼn tweejarige seuntjie keelaf gesny het met ʼn gebreekte bottel, is Sondag deur die Limpopo-polisie in hegtenis geneem.
Man soek na hy tweejarige keelaf sny
Die polisie is op soek na ‘n man wat glo ‘n tweejarige seuntjie keelaf gesny het met ‘n gebreekte bottel.
Seun sterf na kwadfiets-ongeluk
Walter Badenhorst (15) is Vrydagmiddag oorlede nadat hy verlede Saterdag ernstig beseer is in ʼn kwadfiets-ongeluk.
Julius Malema glo in padwoedevoorval
Julius Malema, die leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), en drie ander mans word ondersoek in verband met ʼn beweerde padwoede-aanval wat Dinsdagaand in Polokwane, Limpopo, plaasgevind het.
Polokwane-ongeluk eis vier
Vier mense is dood en drie is beseer ná ‘n botsing Maandagaand tussen ʼn ligte voertuig en ʼn vragmotor.op die N1-suid sowat 35km buite Polokwane in Limpopo.
Veiligheid opgeskerp by Malema-verhoor
Die polisie is op hoë gereedheid geplaas vir Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EVV), se hofverskyning Donderdag in die rondgaandehof in Polokwane. Ses strate rondom die hof is afgesper en gesluit vir verkeer.
Malema-bedrogverhoor tot volgende jaar uitgestel
Die korrupsiesaak teen Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EVV), is Maandag in die Polokwane hooggeregshof tot volgende jaar uitgestel.
Foto’s: Man sterf in ongeluk met trok
ʼn Man is Vrydagoggend buite Polokwane in Limpopo dood toe sy rooi Toyota Hilux-bakkie teen ʼn swaarvoertuig gebots het.
TUT-studente met messe gesteek
Drie studente is vandeesweek by die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) se Polokwane-kampus met messe gesteek, het die instansie Woensdag gesê.
Gewonde pa skiet ‘rower’ dood
Konst. Deon Jardim, ʼn 31-jarige polisiebeampte van Polokwane, is voor sy kinders in die bors geskiet, maar kon steeds daarin slaag om een van sy drie aanvallers dood te skiet.
Limpopo glo sonder medisyne
Die departement van gesondheid in Limpopo het al glo die afgelope drie maande nie medisyne of finansies tot hul beskikking nie.
Paaie stiller oor Paastyd
Die paaie, insluitend een van die besigste paaie tussen Gauteng en Limpopo, is glo nie so besig oor die Paasnaweek as wat vroeër verwag is nie.
ZCC-gemeentelid se borgaansoek uitgestel
Die borgaansoek van ‘n gemeentelid van die Zion Christian Church (ZCC) wat glo ‘n vrou verkrag het, is Donderdag in die landdroshof in Mankweng uitgestel.
Twee sterf in vliegtuigongeluk naby Polokwane
Twee mans is dood toe hulle Vrydagaand met hul ligte vliegtuig in ‘n krans van die Ysterberg tussen Mokopane en Polokwane vasgevlieg het.
Brand woed by landdroshof
Chaos heers by die Polokwane-landdroshof nadat ʼn brand omstreeks 10:00 daar uitgebreek het.