Janusz Walus se vrylating is gekelder toe ʼn medegevangene hom verlede week met ʼn skerp voorwerp in die tronk gesteek het en daar is steeds geen aanduiding van wanneer hy nou, soos deur die hof beveel, op parool vrygelaat gaan word nie.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Popcru"
Rits polisiemoorde het Popcru kwaad, bekommerd
Ses polisiebeamptes is die afgelope tien dae in Suid-Afrika vermoor.
Bewaarder dood by Leeuwkop-gevangenis aangetref
Die vrouetronkbewaarder se baadjie was glo met bloed bevlek toe haar liggaam gevind is.
Polisie, weermag volgende ingeënt
Die Suid-Afrikaanse redakteursforum het intussen aangedui dat joernaliste volgens die regering ook binnekort ingeënt sal word.
EFF wil polisielede en gesinne ‘in hul huise teiken’
Die vakbond Popcru sê Malema se opmerkings moedig direkte geweld teen polisiebeamptes aan.
Vakbond vra dat gevaartoelaag met byna 400% verhoog
Die vakbond versoek ook dat gevaarversekering vir alle staatsamptenare geïmplementeer word.
Vakbond tree in die bres vir polisie ná onttrekking uit Jhb-middestad
“Ons glo baie sterk dat Donderdag se optrede gekoördineer en fyn uitgewerk was en gedeeltelik daarop gemik was om die polisie uit te lok en as wreed en onbevoeg uit te beeld.,”
‘Bosasa-personeel moet nou in tronke gaan werk’
Popcru meen die Bosasa-werknemers wat hul werk nou kwyt is, kan in die gevangenisse se kombuise uithelp.
Staatskaping: Popcru ontken omkoopbewerings
Agrizzi beweer die ontvangers van die omkoopgeld se plig was om die nuutaangestelde nasionale kommissaris, Vernie Petersen, te druk om gehoor te gee aan Bosasa se eise.
DKD-werkers weier om in ‘onveilige‘ gebou te werk
Die DKD ”beskuldig Popcru van ʼn onwettige staking omdat ons lede nie in daai gebou kan werk nie, maar die departement het net skielik besluit om nie langer met ons te kommunikeer nie”.
Kan die regering vakbonde in die staatsdiens vasvat?
Dlodlo het aan haar kabinetskollegas geskryf en gevra dat hulle by die riglyne van die ministeriële handboek hou. Dlodlo het ook te kenne gegee dat sommige regeringsdepartemente net opgeblaas is.
Amerikaanse akteur verras polisiebetogers
Danny Glover, die Amerikaanse akteur en aktivis vir arbeiders, het stakende lede van die polisievakbond verras toe hy by hul betoging in Johannesburg aangesluit het.
“Weg met Afrikaans en Engels uit volkslied” sê polisievakbond
Die polisievakbond Popcru het Maandag voorgestel dat die Afrikaanse en Engelse gedeelte van die land se volkslied, Nkosi Sikelel’ iAfrika, uitgelaat moet word.