Mawonga Ndedwa, ʼn voormalige werknemer van die moordbeskuldigde Christopher Panayiotou, het Donderdag in die hooggeregshof in Port Elizabeth getuig dat hy op R30 000 kontant in die stoorkamer van Panayiotou se OK Grocer afgekom het en dat Panayiotou hom aangesê het om die geld vir Luthando Siyoni te gee.
Alles vir die sleutelwoord "Port Elizabeth"
Bankbestuurder ontken sy het Jayde se bankbesonderhede gedeel
ʼn Sakebestuurder van Nedbank is Woensdag in die getuiebank tydens die Jayde Panayiotou-moordsaak daarvan beskuldig dat sy Jayde se vertroulike bankbesonderhede met haar man, Christopher, gedeel het die dag waarop Jayde vermis geraak het.
Jayde was ‘baie eensaam’
ʼn Ballistiese kenner het in die hooggeregshof in Port Elizabeth getuig Jayde Panayioutou is drie keer geskiet, twee keer in die rug en in die
Hof hoor oor Jayde se ‘moordenaar’
Die hooggeregshof in Port Elizabeth het Dinsdag besonderhede gehoor oor die inhegtenisname van Jayde Panayiotou se vermeende moordenaar.
Panayiotou-moord: Sangoma vertel ‘skieter’ wou hom reinig
ʼn Sangoma het Maandag in die hooggeregshof in Port Elizabeth gesê sy het “geskok en siek gevoel” nadat sy die gebeure aangehoor het wat Vumazonke in April 2015 aan haar vertel het.
Panayiotou-moord: Vriendin getuig oor ‘duur geskenke’
ʼn Goeie vriendin van die moordbeskuldigde Christopher Panayiotou het Maandag in die hooggeregshof in Port Elizabeth in trane uitgebars nadat sy tydens haar getuienis gepols is oor duur geskenke wat sy van Panayiotou ontvang het.
Vrou (61) oorleef ontvoeringsdrama
ʼn 61-jarige vrou van die Oos-Kaap is Sondagaand in haar plaashuis oorval, aangerand en ontvoer kort nadat sy buite met haar honde gespeel het.
Hof hoor van Panayiotou en minnares
ʼn Goeie vriendin van Chanelle Coutts, Christopher Panayiotou se minnares, het Donderdag intieme besonderhede oor die twee se verhouding in die hooggeregshof in Port Elizabeth openbaar.
Jayde se familie in trane toe patoloog getuig
Jayde Panayiotou se familie en vriende het Donderdag hardop in die hooggeregshof in Port Elizabeth begin huil toe ʼn forensiese patoloog in grafiese besonderhede getuig het oor die beserings wat sy opgedoen het tydens haar moord.
Man in hof ná tref-en-trap lewe van kleuter eis
Die kind is ʼn paar meter ver onder die voertuig gesleep voordat die motoris glo van die toneel gevlug het sonder om stil te hou.
‘Jayde was ongelooflik alleen,’ sê suster
Emosies het hoog geloop toe Toni Inggs, suster van die vermoorde Jayde Panayiotou, Woensdag in die hooggeregshof in Port Elizabeth getuig het waar haar swaer, Christopher Panayiotou, teregstaan vir die moord op sy vrou.
Panayiotou-moord: Trane vloei toe vriendin getuig
Cherise Swanepoel, ʼn goeie vriendin en kollega van Jayde Panayiotou, het Woensdag in die hooggeregshof in Port Elizabeth in trane uitgebars, toe sy deur die verdediging gevra is om Christopher Panayiotou aan die hof uit te wys.
Hulle was gelukkig getroud, beweer Panayiotou
Christopher Panayiotou het Dinsdag in sy pleitverduideliking aan die Port Elizabeth-hooggeregshof gesê hy en sy vrou Jayde was “gelukkig getroud”.
Hof hoor van Jayde Panayiotou se laaste oomblikke
Jayde Panayiotou, die vermoorde onderwyseres van die Oos-Kaap, se ma het Dinsdag erg emosioneel geraak toe grafiese besonderhede oor haar dogter se laaste oomblikke in die Port Elizabeth-hooggeregshof aangehoor is.
Langverwagte Panayiotou-moordverhoor begin
Die langverwagte moordverhoor van die sakeman Christopher Panayiotou en die mans wat hy na bewering gehuur het om sy vrou, die onderwyseres Jayde Panayiotou, te vermoor, begin Dinsdag in die Port Elizabeth-hooggeregshof.
Skok ná aanvallers student verkrag, vir dood agterlaat
Die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU) het Dinsdag sy skok uitgespreek nadat een van sy vroulike tweedejaar studente die afgelope naweek wreed aangeval, verkrag en naby Schoenmakerskop in Port Elizabeth vir die dood agtergelaat is.
Twee bieg ná pikkewyn verdwyn
Die mense wat die pikkewyn Buddy verlede week uit die Bayworld-oseanarium in Port Elizabeth gesteel het, het via hul regsverteenwoordiger na vore gekom.
Diewe steel pikkewyn uit Bayworld
Die polisie in Port Elizabeth is op soek na twee mans wat Donderdagoggend in die Bayworld-oseanarium ingebreek en ʼn pikkewyn gesteel het.
Bob Hewitt vandag tronk toe
Die veroordeelde verkragter en voormalige tennisster Bob Hewitt sal hom na verwagting vandag by die St Albans-gevangenis in Port Elizabeth aanmeld.
Niggies saam doodgeskiet
Twee niggies is saam oor die naweek in Port Elizabeth in die Oos-Kaap doodgeskiet.