ʼn Vierjarige seun is Sondagmiddag in Port Elizabeth in ʼn beweerde tref-en-trap-ongeluk doodgery en ʼn paar meter ver gesleep.
Alles vir die sleutelwoord "Port Elizabeth"
Herrie oor minderjariges wat 200 dae in volwasse gevangenis deurbring
Agt minderjariges is vir meer as 200 dae onwettig én sonder enige besoekregte, in die volwasse afdeling van die Mddantsane-gevangenis aangehou weens swak bestuur en haglike omstandighede by die Bisho-sentrum.
Vrou sterf ná kaping: Verdagte vrygelaat
Die 15-jarige meisie van Port Elizabeth wat vroeër vandeesweek in verband met die kaping en moord van Magda van Vuuren (53) in hegtenis geneem is, is vrygelaat.
Voorverhoor begin vandag in Panayiotou-moordsaak
Voorverhoorverrigtinge in die Jayde Panayioutou-moordsaak sal na verwagting vandag in die hooggeregshof in Port Elizabeth begin.
Vrou sterf ná kaping: Vyf in hof
Vyf skoliere wat na bewering betrokke was by die kaping in Port Elizabeth waartydens Magda van Vuuren (53) geskiet en later dood is, sal vandag in die hof verskyn.
Pa vas vir moord op baba
ʼn 21-jarige man van Port Elizabeth is in hegtenis geneem nadat hy glo sy babadogtertjie van vier maande aan die voete gegryp en haar lyfie op die grond geslaan het.
Drie tieners vas ná vrou tydens kaping sterf
Twee tienerseuns en ʼn 15-jarige meisie is vasgetrek vir die moord op Magda van Vuuren (53) wat Maandag buite ʼn huis in Parsons Hill, Port Elizabeth, geskiet is.
Gemeenskap rand PE-‘ontvoerder’ aan
Die Port Elizabeth-polisie het Donderdag tot ʼn 31-jarige vrou se redding gekom nadat sy deur ʼn groep ontstoke inwoners aangerand is. Die inwoners het haar daarvan beskuldig dat sy drie kinders, twee boeties en ʼn sussie, tussen 5 en 8 jaar oud, ontvoer het.
PE-meisie (7) is verkrag, doodgeskok
ʼn 7-jarige meisie van Port Elizabeth wat Saterdag vermis geraak het, is doodgeskok en ook verkrag.
Jayde se vermeende skieter sterf
Die verdagte wat daarvan beskuldig word dat hy die skoot afgetrek het in die moord op die Oos-Kaapse onderwyseres, Jade Panayiotou, is Woensdag in die hospitaal dood.
Jayde Panayiotou-‘skieter’ in ʼn koma
Sizwezakhe Vumazonke, een van die vier verdagtes wat tereg staan vir die moord op die Oos-Kaapse onderwyseres, Jade Panayiotou, is in ʼn koma nadat hy verlede maand in die hospitaal opgeneem is.
PE-studente aangeval: Nog ʼn verdagte vas
ʼn Derde verdagte is in hegtenis geneem in verband met die kaping van ʼn studentepaartjie by die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU), waartydens die man doodgeskiet en die vrou verkrag is.
Hare waai by nóg skole
ʼn Swart leerder het aan African News Agency gesê sy is deur ʼn onderwyser uit die saal geroep en gevra om haar afro-haarstyl terug te kam of vas te bind. Toe sy sê dit is nie moontlik nie, het die onderwyser haar glo gevra om chemikalieë te gebruik om haar hare reguit te maak.
PE-mesaanval: Vrou lewe in vrees na man borgtog kry
“Martin sal of homself nou gedra totdat die verhoor verby is en dan sy straf soos ʼn man vat, of hy sal terugkom om klaar te maak waarmee hy begin het.”
Studentepaar oorval: Verdagte vas vir verkragting, moord
ʼn Man (18) is in hegtenis geneem in verband met die kaping van ʼn studentepaartjie by die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU), waartydens die man doodgeskiet en die vrou verkrag is.
Man vir moord op polisieman gevonnis
ʼn Man wat ʼn Oos-Kaapse polisieman in Januarie 2015 aan diens vermoor het, is Woensdag in die hooggeregshof in Port Elizabeth gevonnis.
Studentepaar se motor gevind na kaping, moord
Die motor waarin ʼn studentepaartjie Saterdag in Port Elizabeth gekaap is voordat die vrou verkrag en die man vermoor is, is Maandagaand gevind.
Kaping eindig in verkragting, moord
Die polisie ondersoek sake van verkragting, kaping en moord nadat ʼn studentepaartjie aan die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU) se rustige aand uit in ʼn nagmerrie ontaard het.
Berugte bendelid gevonnis vir moorde
ʼn 28-jarige man wat in 2013 twee mans in ʼn oop veld in Bethelsdorp in die Oos-Kaap in ʼn bendegeweldvoorval doodgeskiet het, is Woensdag in die hooggeregshof in Port Elizabeth gevonnis.
Een dood ná rowers op juwelierswinkel toeslaan
Een mens is doodgeskiet nadat gewapende rowers Vrydagoggend op ʼn juwelierswinkel in Port Elizabeth toegeslaan het.