Die nuwe verdagte in die opspraakwekkende Jayde Panayiotou-moordsaak het Vrydag uitgevaar teen verslaggewers in die Port Elizabeth-landdroshof waar hy verskyn het.
Alles vir die sleutelwoord "Port Elizabeth"
Vrou praat openhartig ná PE-mesaanval
“Hy het altyd ʼn probleem gehad as ek my hare kleur, of my naels doen – ek moes dit altyd skelm doen. Hy het gesê ek maak my mooi vir iemand anders, maar ek het dit vir hom gedoen.”
Drie vas oor 18 skaapkarkasse
Twee verdagtes wat agter op die bakkie gesit het, het in die ry van die bakkie afgespring en in ʼn veld verdwyn.
Prokureur gevonnis ná sy geld vir haarself hou
Denise van der Ryst, ʼn prokureur van Middelburg in die Oos-Kaap, is tot agt jaar tronkstraf gevonnis nadat sy skuldig bevind is aan die oortreding van die Wet op Prokureurs.
Verdagte vas na moord op 12-jarige
ʼn 23-jarige man is in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn 12-jarige meisie, wat in haar ouerhuis in Bethelsdorp, doodgeskiet is.
Buurman skiet ‘rower’
ʼn Vermeende rower is Vrydag in die vroeë oggendure in die been gewond nadat hy glo by ʼn huis in Walmer in Port Elizabeth ingebreek het.
Soektog na vermiste tiener eindig tragies
Die liggaam van ʼn tienermeisie van Port Elizabeth is Vrydagoggend gevind in dieselfde omgewing naby haar ouerhuis waar sy Dinsdagoggend vir die laaste keer lewend gesien is.
Beseerde se broer opgespoor
ʼn Broer van Willem Simon van As (61), wat onlangs ernstige beserings in Port Elizabeth opgedoen het, is spoedig opgespoor.
Man se naasbestaandes gesoek
Die Uitenhage-polisie is op soek na die naasbestaandes van Willem Simon van As (61) wat onlangs ernstige beserings in Port Elizabeth opgedoen het.
Ondersoek duur voort ná man glo tiener doodry
William Taute (27), die man van Port Elizabeth wat glo twee jong meisies omgery het terwyl hy vermoedelik onder die invloed van alkohol was, se saak is Vrydag in die plaaslike landdroshof uitgestel.
12-jarige meisie doodgeskiet, pa gewond
ʼn 12-jarige meisie is doodgeskiet en haar pa gewond in hul huis in Bethelsdorp, buite Port Elizabeth in die Oos-Kaap.
Panayiotou-borgtogaansoek: ‘Geen nuwe feite voor hof’
Die staat het Maandag tydens die moordbeskuldigde Christopher Panayiotou se mees onlangse borgtogaansoek in die Port Elizabeth-landdroshof aangevoer dat Panayiotou se verdediging weereens net ou feite herhaal en nog niks nuuts aan die hof voorgelê het nie.
Bendelid swaar gevonnis vir 12 aanklagte
Marcus Malgas (24) het in Oktober verlede jaar vir Enslin Russel in ʼn straat in Helenvale trompop geloop en verskeie kere geskiet. Russel is met sy aankoms by die hospitaal dood verklaar.
[Foto’s] Rondloper Sylvester nou tuis
Sylvester, die Karoo se rondloperleeu, is by sy nuwe tuiste, net minder as ʼn jaar nadat hy vir amper ʼn maand lank op vrye voet was.
Hartroerende brief van Jayde in hof voorgelees
ʼn Hartroerende brief wat Jayde Panayiotou enkele maande voor haar dood geskryf het, is Vrydag in die Port Elizabeth-landdroshof voorgelees.
PE-kinderporno-saak binnekort na hooggeregshof
Die saak teen ʼn egpaar van Port Elizabeth wat daarvan beskuldig word dat hulle deel is van ʼn sindikaat wat ontstellende foto’s van babas wat mishandel word versprei het, sal na verwagting binnekort na die stad se hooggeregshof oorgeplaas word.
Panayiotou borgtogaansoek weer uitgestel
Panayiotou het in sy verklaring beweer klankopnames van ʼn gesprek tussen hom en Siyoni oor Jayde se huurmoord was bedoel om die polisie in hul ondersoek te help om inligting uit Siyoni te kry.
Panayiotou beweer uitsmyter reël moord op Jayde
“Ons glo sonder twyfel Christopher is onskuldig.”
Man op pad hof toe doodgeskiet
ʼn Man is dood nadat ʼn groep verdagtes op die motor, waarin hy ʼn passasier was, losgebrand het in Port Elizabeth.
PE-egpaar terug in hof oor ‘ontstellende babafoto’s’
Die 33-jarige man en 22-jarige vrou van Westering is glo deel van ʼn internasionale kinderpornografienetwerk wat foto’s versprei van babas wat verkrag, gemartel en vermoor word.