Twee broers word glo onophoudelik geteister en rassistiese aanmerkings toegesnou by Potchefstroom Gimnasium in Noordwes.
Alles vir die sleutelwoord "Potchefstroom"
Tlokwe-vergadering kortgeknip ná DA uitstap
Die speaker van die Tlokwe-munisipaliteit in Noordwes moes glo ‘n raadsvergadering stopsit nadat die opposisie, gelei deur die DA, uitgestap het.
Vrou sterf in tref-en-trap buite Potch
ʼn Vrou is dood nadat sy Vrydagmiddag deur ʼn voertuig getref is op die R54-pad buite Potchefstroom.
Tlokwe-tussenverkiesingshofgeding: Verkiesings in vyf wyke uitgestel
Die verkiesingshof in Bloemfontein het vanaand in vyf gediskwalifiseerde onafhanklike kandidate in die tussenverkiesing in Tlokwe in Potchefstroom se guns beslis nadat die klaers met ’n hofgeding teen die Onafhanklike Verkiesingskommissie begin het.
Uitspraak in Tlokwe-tussenverkiesingshofgeding voorbehou
Die verkiesingshof in Bloemfontein het vandag uitspraak voorbehou in ’n hofgeding tussen die Onafhanklike Verkiesingskommissie en vyf gediskwalifiseerde onafhanklike kandidate in die tussenverkiesing in Tlokwe in Potchefstroom wat môre moet plaasvind.
Een sterf ná ‘dronk’ student bestuur
ʼn 20-jarige student is dood ná ʼn ongeluk Donderdagoggend in Potchefstroom, Noordwes.
DA se jammer oor valse ANC-pamflette
Die DA het om verskoning gevra vir pamflette wat tydens die onlangse tussenverkiesing van die Tlokwe-munisipaliteit, in Noordwes, verprei is wat die ANC wanvoorstel, het The Star Donderdag berig.
Potch-man vermoor toe hy wasgoed ophang
ʼn 23-jarige man is in hegtenis geneem nadat ʼn man van Potchefstroom Woensdagmiddag, terwyl hy wasgoed opgehang het, vermoor is.
Polisievrou vas ná sy glo grimering steel
ʼn Polisievrou van Noordwes is in hegtenis geneem nadat sy glo grimering by ʼn Clicks-winkel in Potchefstroom gesteel het.
AfriForum sê ANC-wraaksug is die rede vir naamsveranderings
Kriel het daarop gewys dat wraakgedrewe naamsverandering tot polarisasie lei, iets wat volgens hom tot nadeel van almal in die land is.
ANC skop vas in Potch
Maphetle Maphetle, die ontsetelde burgemeester van die ANC in die Tlokwe-munisipaliteit, en van sy kollegas weier glo om die munisipale hoofkantoor in Potchefstroom te ontruim sodat die DA kan intrek.
ANC hof toe oor Tlokwe
Die ANC sal die Pretoriase hooggeregshof Dinsdag versoek om ʼn vergadering, waartydens die burgemeester van Tlokwe (Potchefstroom), Maphetle Maphetle, ontsetel is, ongeldig te verklaar.
Gebruik van helikopter na Potch is “wanbesteding”
Die DA het Dinsdag gesê die gebruik van ʼn lugmag-helikopter deur die minister van verdediging om ʼn memorandum in Tlokwe, Noordwes te ontvang, is ʼn misbruik van staatsgeld.
ANC in Noordwes stem nóg ‘n raadslid uit
Raadslede van die Ngaka Modiri Molema-distriksmunisipaliteit in Noordwes, wat deur die ANC gelei word, het die speaker, Tebogo Ramashilabele uitgeskop.
Nuuskommentaar: Tlok- tlok, wie’s daar?
Om vir beduidende steun vir Malema se party duim vas te hou is amper soos om op ‘n Saterdag vir jou eie Super 15-span se grootste vyand in ‘n wedstryd teen ‘n ander span, duime vas te hou, omdat daardie span se oorwinning jou eie span se posisie op die punteleer kan verbeter…
Potch-raadslede met hofdokumente bedien
Die ANC het Woensdag hofdokumente op 48 raadslede van die Tlokwe-munisipaliteit (Potchefstroom) bedien, nadat burgemeester Maphetle Maphetle ontsetel is, het die DA gesê.
Video: Oud-Potch-burgemeester weier steeds om te ontruim
Maphetle Maphetle, voormalige burgemeester van Tlokwe (Potchefstroom), het nie gehoor gegee aan ‘n kennisgewing om sy kantoor teen 5 Julie te ontruim nie
Nuwe tuiste vir Aardklop-feesterrein
Die Clover Aardklop Nasionale Kunstefeesterrein gaan vanjaar skuif – van Die Bult na die sportgronde van die NWU se Puk-kampus.
Oud-burgemeester weier glo om Potch-kantoor te verlaat
Die DA het Woensdag in ʼn verklaring gesê die voormalige Tlokwe-burgemeester, Maphetle Maphetle, en sy komitee weier om hul kantore te ontruim nadat hulle Dinsdag ontsetel is.
Voormalige Tlokwe-burgemeester gereed om terug te veg
Maphetle Maphetle, wat weens ʼn mosie van wantroue nie meer die burgemeester van die Tlokwe-munisipaliteit is nie, het Woensdag gesê hy wil inwoners van Potchefstroom “gerusstel” dat alles binnekort weer na “normaliteit en stabiliteit” sal terugkeer.