Twee tieners en ‘n man is in hegtenis geneem vir die moord op ‘n 17-jarige huishulp en die aanval op ‘n bejaarde egpaar in Mohadin, Potchefstroom.
Alles vir die sleutelwoord "Potchefstroom"
Potch-egpaar aangeval, huishulp vermoor
‘n Huishulp is Vrydag met ‘n skerp voorwerp doodgesteek in ‘n rooftog by Mohadin naby Potchefstroom.
Fietsrykampioen tydens wedren beseer
Shaun Ward, ʼn 27-jarige fietsrykampioen van Potchefstroom, is in ʼn ernstige maar stabiele toestand in die hospitaal nadat hy Saterdag tydens ʼn wedren op sy kop geval het.
Persoon brand in voertuig dood
ʼn Persoon is Donderdag naby Potchefstroom dood nadat die voertuig waarin die persoon gery het, gerol en aan die brand geslaan het.
Vermiste Potch-tiener gevind
Charmaine Roselyn Hendriks, ʼn 16-jarige leerling aan Potchefstroom Hoër Meisieskool, wat sedert Maandag vermis was, is Donderdag opgespoor.
Potch-skoolmeisie vermis
Charmaine Roselyn Hendriks, ʼn 16-jarige leerling aan Potchefstroom Hoër Meisieskool, word sedert Maandag vermis.
Edgar wakker, gesels en drink Oros
Dit gaan baie beter met Edgar Julyan, die seuntjie van Potchefstroom wat Vrydagmiddag byna verdrink het.
Seuntjie wat byna verdrink word wakker gemaak
Edgar Julyan, die seuntjie wat Vrydagmiddag byna verdrink het, het Donderdagoggend stadig maar seker begin wakker word nadat hy sedert die voorval onder verdowing gehou is.
Potch-vrou en haar honde vermoor
Maria Maree (61) van Potchefstroom se erg ontbinde liggaam is Dinsdagoggend gevind nadat sy sedert 30 Oktober vermis was.
Seuntjie wat byna verdrink: Ouers vra mense moet aanhou bid
Edgar Julyan, die seuntjie wat Vrydagmiddag byna verdrink het, se ouers vra dat mense moet aanhou bid vir hom.
Student val 12m en leef
René Cremer, ‘n 19-jarige student, is in ‘n stabiele toestand in die hospitaal nadat sy 12m ver van ʼn gebou se dak af geval het.
Bejaarde in voertuig met staalpyp deurboor
ʼn Bejaarde man is Donderdag met ʼn staalpyp deurboor terwyl hy op die Viljoenskroonpad bestuur het.
Twee ontsnap uit bewegende vangwa
Twee verhoorafwagtendes word sedert verlede Vrydag deur die polisie gesoek nadat hulle die dak van ʼn bewegende polisievangwa oopgesny en ontsnap het.
Padwerkers kom op geraamte af
Padwerkers het Donderdag op ʼn menslike geraamte afgekom wat vermoedelik al vyf jaar in ʼn veld langs die Potchefstroom-/Paryspad lê.
24-jarige vrou sterf
ʼn 24-jarige vrou is dood nadat haar voertuig Sondag op die N12 tussen Potchefstroom en Klerksdorp gerol het.
Nuwe FAK-bundel besing 30 jaar van Afrikaanse musiek
Die FAK Sangbundel het reeds die afgelope 75 jaar tuis geword in die huise, harte en klaskamers van Suid-Afrikaners wat ’n passie vir Afrikaanse musiek het.
Twee jong kinders sterf
Twee jong kinders is die week in twee afsonderlike ongelukke op die N12-pad naby Potchefstroom dood.
Vermeende rowers op Potch-pad ingewag
ʼn Vermeende rower is Woensdag in Potchefstroom, Noordwes, in hegtenis geneem ná ʼn wilde jaagtog met die polisie in ʼn botsing geëindig het.
Foto’s: Goederevragmotor rol op N12 buite Potchefstroom
‘n Goederevragmotor het Dinsdagmiddag op die N12 in die rigting van Klerksdorp, sowat 15km buite Potchefstroom gerol.