Van Wyk is dood nadat hy Vrydagaand vermoedelik deur drie aanvallers op ʼn plaas buite Potchefstroom oorval is.
Alles vir die sleutelwoord "Potchefstroom"
Potch-plaasaanval: Sakeman nié doodgeskiet
Cobus van Wyk (69), die sakeman wat Vrydagaand tydens ʼn plaasaanval buite Potchefstroom in Noordwes gesterf het, is nie doodgeskiet soos voorheen vermoed is nie.
Man sterf toe twee bakkies hom tref
Die ander bakkiebestuurder het glo nie op die toneel gestop nie
Bejaarde op Potch-plaas doodgeskiet
“Sy seun het die aanvallers teengestaan en het hulle van die haelgeweer en ʼn mes ontwapen.”
Mej. SA onder Pukke wat vereer is
Demi-Leigh Nel-Peters en Daniëlla van Heerden tel onder ʼn handjievol oudstudente van die Noordwes-Universiteit wat onlangs met ʼn toekenning bekroon is.
Jong man sterf toe bakkie rol
“Die man se liggaam is ʼn ent weg van die bakkie aangetref.”
Aardklop-toekennings: ‘Melk & Vleis’ maak skoonskip
Die Aardklop-toekennings, wat die beste skrywers en akteurs by dié jaar se Aardklop Nasionale Kunstefees op Potchefstroom vereer, is Vrydagaand uitgedeel. Alexa Strachan, Aardklop-feesbestuurder, is tydens dié geleentheid…
[Video] Herman Lensing stel kosboek bekend, deel feesgunstelinge
Lensing, onder meer die redakteur van Sarie Kos en aanbieder van Inspirasiekos met SARIE op Via, het vandeesweek sy derde en jongste resepteboek, 30 – 30-minute-resepte, wenke en wyshede, by die Aardklop Nasionale Kunstefees op Potchefstroom bekend gestel.
[Resensie] ‘Weerkaats’: Milan Murray pak eensaamheid en eerlikheid aan
Vir een mens is ʼn dag net ʼn dag, maar vir ʼn ander is dit die dag wat alles verander het, die dag wat jy vir altyd sal onthou.
Aardklop-toekennings: Hier is die benoemdes
Die benoemdes vir die Aardklop-toekennings, die toekennings vir die beste akteurs en skrywers by vanjaar se Aardklop Nasionale Kunstefees, is Vrydag bekend gemaak.
[Video] Leandie en Je-Ani se Aardklop-oorlewingsgids
Leandie du Randt-Bosch en Je-Ani Swiegelaar – Maroela Media se eie feesghoeroes – help met ʼn Aardklop-oorlewingsgids.
[Resensie] ‘Geheime taal’ voer jou mee
In die Victoriaanse tyd was daar meer as 400 woordeboeke wat die simboliek van blomme beskryf het. Lizz Meiring het dit haarfyn gaan bestudeer en so is haar jongste solovertoning, Geheime taal, gebore.
Aardklop: Spring vinnig vir dié produksies
Laatslapers wat eers oor die naweek die pad na Potchefstroom gaan aandurf sal vinnig moet spring om nog ʼn kaartjie vir ʼn produksie te koop.
[Resensie] Illse Roos, Paul du Toit weergaloos in ‘Melk & Vleis’
Dalk word uitnemende toneelspel en die sukses van ʼn verhoogproduksie gemeet aan dié mate waartoe akteurs daarin slaag om jou as teaterganger mee te voer na ʼn onbekende milieu waarin jy oortuig is dat jy die omstandighede én die stories wel ken.
[Video] Je-Ani vertel oor senuwees, opwinding tydens solo-debuut
“Dit was senutergend in die begin, maar dit was verskriklik lekker – die mense het dit geweldig goed ontvang en dit was wonderlik om te ervaar. Die senuwees sal seker maar altyd daar wees, maar ons het so hard gewerk en gerepeteer, dat dit nie anders as suksesvol kan wees nie.”
[Video] Aardklop: Simoné Nortmann gee feesraad
“Die hele proses van ʼn solostuk aanmekaar sit is vreesaanjaend. Die eerste paar weke het ek elke nou en dan huis toe gery en gewonder: ‘Wat maak ek met my lewe?’ Ek het so amper-amper kop uitgetrek. Maar as jy eers in die ding is, kan jy dit begin geniet en pret daarmee hê.”
[Resensie] ‘Winterboom’
Aanneming, liefde, die dood en verlange is alles temas wat in Winterboom aangeraak word.
Aardklop se hart tamboer vanjaar selfs sterker
Die Aardklop Nasionale Kunstefees se kaartjieverkope was teen Woensdagoggend reeds sowat 30% hoër as dieselfde tyd verlede jaar.
Aardklop: Kobus se Gat laat feesgangers vir 12 jaar smul
Die ‘roosterkoekstalletjie’ – soos honderde feesgangers na die gewilde Kobus se Gat-kosstalletjie verwys – staan vanjaar vir die 12de agtereenvolgende jaar op die Aardklop Nasionale Kunstefees se feesgronde.
[Video] Die Bult kreun onder Aardklop-feesgangers
Die Bult in Potchefstroom kreun vandeesweek behóórlik onder die duisende feesgangers wat na dié Noordwes-dorp gestroom het om die Aardklop Nasionale Kunstefees te ondersteun.