Vir een mens is ʼn dag net ʼn dag, maar vir ʼn ander is dit die dag wat alles verander het, die dag wat jy vir altyd sal onthou.
Alles vir die sleutelwoord "Potchefstroom"
Aardklop-toekennings: Hier is die benoemdes
Die benoemdes vir die Aardklop-toekennings, die toekennings vir die beste akteurs en skrywers by vanjaar se Aardklop Nasionale Kunstefees, is Vrydag bekend gemaak.
[Video] Leandie en Je-Ani se Aardklop-oorlewingsgids
Leandie du Randt-Bosch en Je-Ani Swiegelaar – Maroela Media se eie feesghoeroes – help met ʼn Aardklop-oorlewingsgids.
[Resensie] ‘Geheime taal’ voer jou mee
In die Victoriaanse tyd was daar meer as 400 woordeboeke wat die simboliek van blomme beskryf het. Lizz Meiring het dit haarfyn gaan bestudeer en so is haar jongste solovertoning, Geheime taal, gebore.
Aardklop: Spring vinnig vir dié produksies
Laatslapers wat eers oor die naweek die pad na Potchefstroom gaan aandurf sal vinnig moet spring om nog ʼn kaartjie vir ʼn produksie te koop.
[Resensie] Illse Roos, Paul du Toit weergaloos in ‘Melk & Vleis’
Dalk word uitnemende toneelspel en die sukses van ʼn verhoogproduksie gemeet aan dié mate waartoe akteurs daarin slaag om jou as teaterganger mee te voer na ʼn onbekende milieu waarin jy oortuig is dat jy die omstandighede én die stories wel ken.
[Video] Je-Ani vertel oor senuwees, opwinding tydens solo-debuut
“Dit was senutergend in die begin, maar dit was verskriklik lekker – die mense het dit geweldig goed ontvang en dit was wonderlik om te ervaar. Die senuwees sal seker maar altyd daar wees, maar ons het so hard gewerk en gerepeteer, dat dit nie anders as suksesvol kan wees nie.”
[Video] Aardklop: Simoné Nortmann gee feesraad
“Die hele proses van ʼn solostuk aanmekaar sit is vreesaanjaend. Die eerste paar weke het ek elke nou en dan huis toe gery en gewonder: ‘Wat maak ek met my lewe?’ Ek het so amper-amper kop uitgetrek. Maar as jy eers in die ding is, kan jy dit begin geniet en pret daarmee hê.”
[Resensie] ‘Winterboom’
Aanneming, liefde, die dood en verlange is alles temas wat in Winterboom aangeraak word.
Aardklop se hart tamboer vanjaar selfs sterker
Die Aardklop Nasionale Kunstefees se kaartjieverkope was teen Woensdagoggend reeds sowat 30% hoër as dieselfde tyd verlede jaar.
Aardklop: Kobus se Gat laat feesgangers vir 12 jaar smul
Die ‘roosterkoekstalletjie’ – soos honderde feesgangers na die gewilde Kobus se Gat-kosstalletjie verwys – staan vanjaar vir die 12de agtereenvolgende jaar op die Aardklop Nasionale Kunstefees se feesgronde.
[Video] Die Bult kreun onder Aardklop-feesgangers
Die Bult in Potchefstroom kreun vandeesweek behóórlik onder die duisende feesgangers wat na dié Noordwes-dorp gestroom het om die Aardklop Nasionale Kunstefees te ondersteun.
[Resensie] Je-Ani maak haar solo-buiging by Aardklop
Die stuk bevat hope humor en ligte oomblikke – die gehoor het veral uitbundig gelag oor haar platvloerse sêgoed, plek-plek gekruide taal en “mannetjiesagtige maniertjies” om haar karakter uit te beeld. Daar is egter ook teer oomblikke wat die teaterganger tot nadenke dwing.
Gretige feesgangers wil nóú al Aardklop hou
Hoewel dié kunstefees Maandagaand (2 Oktober) afskop met die immergewilde Kunssafari, open die feesterrein eers van 3 Oktober (Dinsdagoggend).
Aardklop: Verbreed jou horisonne met Taxiteater
Potchefstroom en omliggende buurte soos Ikageng en Promosa word vanjaar tydens die Aardklop Nasionale Kunstefees wéér betrek deur middel van dié fees se taxiteater-projek.
[Wen] Aardklop: Tussen Sterre vanjaar op die verhoog
Die musiekgroep Tussen Sterre het onlangs sy debuutalbum, Kosmies, vrygestel. Die groep tree vanjaar op by die Aardklop Nasionale Kunstefees-verhoë.
Twee vas ná gru-plaasaanval wat bejaarde eis
Die egpaar is kaal uitgetrek, aangerand en met kookwater en warm olie gebrand tydens die aanval op hul kleinhoewe net buite Potchefstroom.
Aardklop: De Klerk Oelofse in twee stukke te sien
De Klerk Oelofse, bekend vir sy rol in die kykNET-reeks Die Boekklub 2, is vanjaar op die Aardklop Nasionale Kunstefees in die solovertoning, Strooijonker, asook in die Nico Scheepers-produksie, Nêrens, Noord-Kaap, te sien.
Luister: Aardklop: ‘Los asseblief ʼn boodskap’, vra Simoné Nortmann
Simoné Nortmann, bekend vir haar rol as Irma Humpel in die fliek ‘Vir die voëls’, debuteer vanjaar met haar eerste solostuk, ‘Los asseblief ʼn boodskap’, by die Aardklop Nasionale Kunstefees.
Kan jou seun dié rol in ʼn Aardklop-produksie vertolk?
Die Aardklop Nasionale Kunstefees, wat vanjaar van 2 tot 8 Oktober op Potchefstroom in Noordwes aangebied word, is op soek na ʼn jong seun om in een van dié fees se produksies te speel.