Lucky Montana, geskorste uitvoerende hoof van die Passasierspooragentskap (Prasa), het die maatskappy miljoene rande gekos weens die onbehoorlike en onwettige toekenning van tenders en onbehoorlike aanstellings tydens sy ampstermyn.
Alles vir die sleutelwoord "Prasa"
Minister gee opdrag dat Prasa-lokomotief se ontsporing ondersoek word
Dipuo Peters, minister van vervoer, het opdrag gegee dat die Nasionale Reguleerder vir Spoorwegveiligheid (RSR) en die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) nou saamwerk om vas te stel hoekom een van die omstrede nuwe Afro4000-lokomotiewe laat Dinsdagaand ontspoor het.
Moontlike oorsaak van ongeluk met Prasa-lokomotief bekend
Die moontlike oorsaak vir die ontsporing van die Shosholoza Meyl-passasierstrein, wat deur een van die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) se veelbesproke nuwe Afro4000-lokomotiewe getrek is, is bekend gemaak.
Omstrede Prasa-lokomotief ontspoor met Shosholoza Meyl-passasiers
Altesaam 12 mense is laat Dinsdagaand beseer nadat ʼn Shosholoza Meyl-passasierstrein, wat blykbaar deur een van die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) se veelbesproke nuwe Afro 4000-lokomotiewe getrek is, naby Kimberley in die Noord-Kaap ontspoor het.
OG gaan Prasa ondersoek
Dipuo Peters, die minister van vervoer, het die ouditeur-generaal (OG) se kantoor versoek om ʼn forensiese oudit te doen ná bewerings van finansiële wanbestuur by die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa).
Lucky Montana dien bedrogklagte in
Lucky Montana, voormalige uitvoerende hoof van die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa), het aanklagte van bedrog teen twee van Prasa se bestuurders en ʼn raadslid gelê.
OB-verslag oor Prasa kom eers later
Die openbare beskermer se veel verwagte verslag rakende bewerings van wanadministrasie, finansiële wanbestuur en tender- en aanstellingsonreëlmatighede by Prasa is uitgestel vir verdere voorleggings.
Prasa beloof nuwe seinstelsel ná Jhb-treinbotsing
Die twee instansies het die minister verseker dat die toetsing van die nuwe seinstelsel teen Sondag om 17:00 afgehandel sal wees.
Prasa-hoof sê sy afdanking is onwettig
Lucky Montana, afgedankte hoof van die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa), het Vrydag aan verslaggewers gesê die besluit deur Prasa se raad om hom af te dank is onwettig.
Hoof van Prasa afgedank
Die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) het Donderdag in ʼn verklaring bevestig sy uitvoerende hoof, Lucky Montana, is afgedank.
Prasa: Afro 4000-lokomotiewe is ‘perfek’
Die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) hou vol dat mediaberigte oor sy Afro 4000-lokomotiewe, wat in Spanje vervaardig is, foutief en misleidend is.
Mamelodi weer rustig ná betogings oor busse
Gemoedere het bedaar in Mamelodi, Pretoria ná gewelddadige betogings oor busroetes waarvan die Putco-busmaatskappy vroeër gebruik gemaak het.
Prasa ontken ‘grootste tenderblaps’ vir nuwe treine
Prasa het Maandag gesê 13 ingevoerde nuwe diesellokomotiewe wat R600 miljoen gekos het, voldoen aan al die regulatoriese standaarde en maatreëls.