Die sakeregte-waghond AfriSake is van mening dat Suid-Afrika tans deur een van die uitdagendste tydperke sedert die draai van die millennium in die gesig staar word met inagneming van die begrotingsrede wat Pravin Gordhan, minister van finansies, Woensdag gaan lewer.
Alles vir die sleutelwoord "Pravin Gordhan"
Zuma: ‘Van Rooyen was die beste gekwalifiseer vir finansies-pos’
Pres. Jacob Zuma het Maandag gesê David van Rooyen, die huidige minister van samewerkende regering en tradisionele sake, was die beste gekwalifiseerde kandidaat om as Suid-Afrika se minister van finansies te dien.
Gordhan belowe om afgradering na rommelstatus te verhoed
Pravin Gordhan, minister van finansies, het belowe om die land se kredietgradering te beskerm om te verhoed dat dit verlaag word na rommelstatus.
Nuuskommentaar: Blinde, maar nie stom Zuma moet SA by Davos ‘lei’
’n Groot en sterk afvaardiging verteenwoordig Suid-Afrika vanjaar by die WEF se Davos-beraad, maar die vraag bly wie die diepste spore gaan trap – Pravin Gordhan of pres. Jacob Zuma wat die afvaardiging lei. Gordhan se taak is moeilik genoeg sonder die los kanon wat Zuma gereeld is.
Zuma: SA het oordryf oor Nene
Diegene wat ʼn bohaai gemaak het oor die afdanking van Nhlanhla Nene as minister van finansies in Desember, is mense “wat nie verstaan nie”.
Tesourie gryp in in omstrede ooreenkoms tussen SAL en Airbus
Pravin Gordhan, minister van finansies, het SAL beveel om die aankoop van tien A320-vliegtuie in te ruil vir die huur van vyf A330-300-vliegtuie.
Gordhan verwelkom hupstoot in Jhb se kredietgradering
Pravin Gordhan, minister van finansies, het Sondag die Stad Johannesburg gelukgewens met die opgradering van sy kredietgradering.
Sexwale sê politici moet uit afgelope week leer
Die miljardêr en voormalige minister, Tokyo Sexwale, het Dinsdag op ʼn BBC geselsprogram gesê politici moet uit die afgelope week leer om nie met die finansiële markte te speel nie.
ANC: ‘Geen sprake dat Zuma herroep word nie’
Die ANC het Dinsdag gerugte dat die party oorweeg het om president Jacob Zuma uit sy pos te herroep, as nonsens afgemaak en gesê dit is nooit bespreek nie.
Gordhan wil gordel intrek; waarsku staatsentiteite
Pravin Gordhan het Maandag, kort nadat hy weer as minister van finansies aangestel is, sy stem dik gemaak en gesê daar sal nie verder geld gemors word nie.
‘Zuma sál val’, maar danksy swart werkers, sê Malema
Die revolusie teen die ANC en pres. Jacob Zuma sal die einde van kapitaal in wit hande beteken en ook grond aan sy regmatige eienaars teruggee.
Gewonde Zuma vs opportunistiese Ramaphosa: wie gaan die stryd wen?
Ramaphosa het verlede week waarskynlik gejuig toe hy die skerp reaksie op Zuma se afdanking van Nene waarneem. Soos die goeie politieke taktikus wat hy is, het hy dadelik sy troepe gemonster en die gaping gevat.
‘Zuma luister na Suid-Afrikaners’ sê ANC
Die ANC het pres. Jacob Zuma geloof vir die aanstelling van Pravin Gordhan as minister van finansies.
Drie ministers in 5 dae: Zuma wéér wyd gekritiseer
“Die land het drie ministers van finansies in een week gehad. Geen verduideliking kan die ANC red van hierdie vernedering en grap waardeur hulle die hele land gesit het nie. Zuma is ʼn ramp vir Suid-Afrika.”
ANC-swaargewig meen Zuma moet handdoek ingooi
Nog ʼn ANC-swaargewig het gesê pres. Jacob Zuma moet “sy posisie oorweeg”.
Nuuskommentaar: Pravin of nie, Zuma moet trekpas kry om land te red
Die verwydering van pres. Jacob Zuma, of minstens veel meer gerusstellings as die heraanstelling van Pravin Gordhan as minister van finansies, bly noodsaaklik as die land se ekonomie weer kop wil optel. Dit is minstens duidelik dat Zuma se posisie in die ANC nie so onaantasbaar is as wat Zuma self geglo het toe hy Nhlanhla Nene die trekpas gegee het nie.
Pravin Gordhan weer aangestel as minister van finansies
Pravin Gordhan is Sondagaand weer as die minister van finansies aangestel.
Johannesburg glo uit R200 m. bedrieg
Winkelsentrums, hotelle, eiendomsagentskappe en motorhandelaars in Johannesburg het glo saamgespan om die stad uit meer as R200 miljoen te bedrieg, berig The Saturday Star.
Kleinsake-georiënteerde begroting sal ekonomie laat groei
AfriSake sal vandag die begrotingstoespraak van min. Pravin Gordhan fynkam ten einde te bepaal hoe kleinsake-vriendelik die regering is.
Gordhan se begroting het glo te veel belasting en te veel skuld
Die begrotingsraamwerk slaag nie daarin om die groei van die Suid-Afrikaanse welsynstaat genoegsaam in te perk, regeringskuld in te kort en broodnodige verligting vir vuisvoos belastingbetalers te bring nie, sê Piet le Roux, senior ekonomiese navorser by die Solidariteit Navorsingsinstituut.