Ramaphosa se aansoek handel oor óf hy verplig is om op te tree ná die OB se opdrag dat stappe teen Gordhan gedoen moet word oor ʼn vroeë pensioenuitbetaling aan die voormalige adjunkhoof van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens.
Alles vir die sleutelwoord "Pravin Gordhan"
Openbare Beskermer vaar uit ná uitspraak, dreig om regter te verkla
Segalwe het gesê Potterill het kwessies hanteer wat sy nie in die aansoek gevra is om te doen nie en uitspraak gelewer oor ander wat nié voor haar geopper is nie. Dit beteken Potterill het die “uitslag van die hofhersiening vooruitgeloop”.
Gordhan: Hof sê oor OB se aanbevelings
Die hof het vandag beslis dat die regstellende optrede opgeskort moet word, terwyl ʼn geregtelike hersiening gedoen word van die OB se verslag oor die ondersoekeenheid by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens.
EFF wil hoogste hof toe oor OB-uitspraak
“Dit is omdat ons besef het hoe sigbaar geïrriteerd regter Sulet Potterill was met swart regsverteenwoordigers wat geargumenteer het teen die eksklusief wit regsverteenwoordigers van [Pravin] Gordhan, Ramaphosa en almal wat vir die hofbevel gevra het,” het EFF-woordvoerder Mbuyiseni Ndlozi in ʼn verklaring gesê.
OB kry wéér bloedneus in die hof
Maandag se hofuitspraak volg nadat die OB verlede week in die Konstitusionele Hof bloedneus gekry het.
Gordhan vs. OB: Uitspraak voorbehou
Julius Malema, leier van die EFF, het die hofsaak saam met ander lede van die party se leierskap bygewoon om hul ondersteuning aan Mkhwebane te wys.
Gordhan teen Mkhwebane: ‘bewerings’ en ‘beledigings’ vlieg rond
“Ek het geen probleem met die woord onbevoeg nie, maar wanneer jy sê wetlik ongeletterd, is jou optrede onverenigbaar met die verantwoordelikheid om die waardigheid van haar kantoor te beskerm.”
Ramaphosa verdedig Gordhan, swyg oor OB se bevindings
“As minister Gordhan of enige lid van hierdie administrasie enige antwoorde op iets moet verskaf, moet hulle verantwoordbaar gehou word.”
Ramaphosa steun Gordhan se aansoek teen OB
Pres. Cyril Ramaphosa het ʼn ondersteunende beëdigde verklaring by die hooggeregshof in Pretoria ingedien met betrekking tot die minister van openbare ondernemings se hofaansoek teen die openbare beskermer.
EFF se gedrag by begrotingsrede na subkomitee verwys
Die EFF-LP’s het uit hul sitplekke opgestaan en ʼn dreigende laer om Gordhan gevorm.
Pillay wil eie hersiening van OB-verslag vra
Pillay sê hy steun Gordhan se hofaansoek, maar dat hy ook sy eie gaan bring, omdat Mkhwebane hom by wangedrag, wanbestuur en misdadigheid betrek.
Stryd tussen Gordhan en OB raak vuil
Die stryd tussen die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, en die Openbare Beskermer (OB), adv. Busisiwe Mkhwebane, ontwikkel in ʼn vuil oorlog wat minstens een, en miskien albei van hulle, hul pos gaan kos.
Parlement moet ingryp oor OB, sê Casac
“Die kantoor van die openbare beskermer word misbruik as deel van ʼn politieke veldtog waarvan die ware teiken die teenkorrupsiehervormingpogings is van pres. Ramaphosa se administrasie.”
EFF se gedrag in die parlement wyd veroordeel
Die optrede van EFF-LP’s vandeesweek in die parlement is deur verskillende groepe skerp veroordeel.
EFF-LP’s met geweld uit Gordhan-debat verwyder
Dit is die eerste keer dat so iets in die Suid-Afrikaanse parlement gebeur.
OB teleurgesteld oor Gordhan se ‘persoonlike beledigings’
“Ons is van mening dat die emosionele taalgebruik, persoonlike beledigings en blatante leuens of sinspeling, daarop gemik is om die aandag van die ware kwessies en bevindings af te lei.”
Gordhan kap erg na OB in hofstukke
”Terwyl ek groot respek vir die kantoor van die openbare beskermer het, betwyfel ek die bevoegdheid, integriteit, wettige geletterdheid en grondwetlike begrip van sy bekleër rakende haar bevoegdhede, pligte en funksies.”
OB sê politiek beïnvloed haar nie
Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer, het Woensdag alles in die stryd gewerp om haarself te verdedig teen beskuldigings dat sy ʼn politieke spel speel.
EFF sê Sanef versuim om op te tree oor ‘spioenasie’
Die EFF het Dinsdag die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) veroordeel vir hul versuim om op te tree oor beweerde intimidasie en spioenasie op twee verslaggewers.
DA sê Ramaphosa kan nie OB se verslag ignoreer
Ten spyte van die party se standpunt oor Mkhwebane se bevoegdheid om die amp as openbare beskermer te beklee, is die DA egter steeds verplig om die integriteit van die openbare beskermer se kantoor as hoofstuk 9-instansie te respekteer.