Die stigting van die eenheid met Gordhan se goedkeuring was dus teenstrydig met artikel 209 van die Grondwet wat stipuleer dat slegs die president sulke geheime inligtingversamelingseenhede mag stig.
Alles vir die sleutelwoord "Pravin Gordhan"
Ramaphosa gooi wal oor stappe teen Gordhan
Mkhwebane het gesê Ramaphosa moet dissiplinêre stappe teen Gordhan doen omdat hy nie die beginsels van behoorlike staatsadministrasie, soos in die Grondwet vervat, gehandhaaf het nie.
‘Denel-werkers se volle salarisse sal betaal word’
Minister Pravin Gordhan het Denel intussen uitgesonder as ʼn tekenende voorbeeld van die verwoesting weens staatskaping.
Ekonomiese kenners: ‘Nou begin die regte werk’
Kenners in die ekonomie en sakesektor sê dit gaan nie eintlik vir hulle oor wie in die kabinet aangestel is nie, maar eerder of daar goeie ekonomiese beleid ingestel word wat Suid-Afrika in die rigting van ʼn gunstiger sake-omgewing sal stuur.
ATM wil Gordhan se bevoegdheid laat ondersoek
Die African Transformation Movement (ATM) het Dinsdag gesê hy sal die parlement versoek om ondersoek in te stel oor Pravin Gordhan se bevoegdheid om ʼn LP te wees ná negatiewe bevindings teen hom deur die openbare beskermer Busisiwe Mkhwebane
‘Beskerm, respekteer Openbare Beskermer,’ sê Malema
“Jy kan nie vra dat die Openbare Beskermer van haar amp onthef word net omdat jy ongelukkig is met die bevindings wat haar kantoor gemaak het nie.”
Gordhan-probleem laat Ramaphosa voor moeilike keuse
Asof pres. Cyril Ramaphosa nie reeds genoeg probleme het nie, het die geval met Pravin Gordhan hom nou met ʼn reusagtige turksvy gekonfronteer om saam te val met die aankondiging van sy nuwe kabinet.
Oudhoof van SAID wil OB óók hof toe sleep
“Die onbetaamlike haas waarmee die openbare beskermer haar bevindings op 24 Mei 2019 bekend gemaak het, is na ons kliënt se mening ʼn aanduiding dat min of geen waarde geheg is aan die bewyse en bykomende voorleggings nie.”
EFF eis Gordhan se kop ná OB-verslag
Die party het gesê Gordhan se besluit was ʼn miskenning van die Grondwet, ʼn misbruik van mag en kom neer op wanbestuur. Die EFF het Gordhan beskryf as ʼn grondwetoortreder wat nie ʼn kabinetspos behoort te kry nie en die openbare amp moet neerlê.
Gordhan wil OB se bevindings laat hersien
Hy het gesê in die lig van die jongste bevinding oor die Vrede-suiwelprojek glo Gordhan dat die openbare beskermer wéér eens ʼn fout begaan het met haar bevindings en voorgestelde optrede in die verslag.
Regte aanstelling kan kredietafgradering moontlik afweer
Ontleders meen met so ʼn aanstelling sal die regering waarskynlik ook tyd kan wen om ʼn Moody’s-afgradering vry te spring.
Gordhan kap OB oor ondersoek
“Ons het ’n ernstige probleem met enige insinuasie deur die openbare beskermer dat daar sameswering met die ander partye was oor hoe om te reageer.”
OB gee uitstel vir Gordhan oor SAID-eenheid
Busisiwe Mkhwebane, die Openbare Beskermer, het Pravin Gordhan, die minister van openbare ondernemings, sewe dae uitstel gegee om ʼn beëdigde verklaring in te dien oor ʼn sogenaamde onwettige geheime eenheid by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID).
ANC-lyste en minderhede
Beteken dit die veelrassige reënboogdroom van die ANC was net ’n oppervlakkige siening van die ANC wat onder druk verdwyn? Gaan Ramaphosa dit ná die verkiesing probeer herstel of is die Malema-tipe swart nasionalistiese benadering ons voorland?
Só gaan regering beurtkrag beëindig sê Gordhan
Die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, sê die regering is besig met die implementering van ʼn plan om die ineenstorting van kragsentrales te verminder en om beurtkrag tot minstens fase 1 dié winter – wanneer die aanvraag na krag toeneem – te beperk.
Gordhan, Eskom sê vandag oor kragsituasie
Die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, en die voorsitter van Eskom, Jabu Mabuza, sal later Woensdag meer inligting bekend maak oor die stand van die land se elektrisiteitsnetwerk. Die twee gaan ʼn mediakonferensie hou by ʼn kragsentrale buite Johannesburg, waarvan die naam weens “veiligheidsredes” nog nie bekend gemaak word nie.
Staatsmaatskappye vra nog R120 miljard
Verreweg die grootste bedrag is deur die elektrisiteitsvoorsiener Eskom aangevra.
Moyane wil Gordhan voor kommissie pak
Die minister beskuldig Moyane daarvan dat hy die EFF se politieke veldtog teen hom bevorder.
Gordhan se Eskom-span bekend
Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, het Maandag ʼn tegniese oorsigspan aangewys wat ʼn vinnige oorsig van bedrywighede en instandhouding by Eskom se kragstasies sal doen.
Gordhan se nuutste planne vir Eskom
Meer ingenieurs vir die Eskom‑bestuur is een van die planne wat minister Pravin Gordhan op die spyskaart geplaas het om die sukkelende elektrisiteitsvoorsiener te probeer regruk.