Daar is nie iets fout met Afrikaanse musiek as luisteraars musiek verkies wat hulle laat goed voel nie. Die woorde “smaak” en “verkeerd” is immers nie stalmaats nie.
Alles vir die sleutelwoord "Pretoria FM"
Tyd vir herskikking van verhouding tussen Weste en Rusland
Trump se motief is duidelik selfverrykend. Vir Poetin gaan dit oor mag. Die werklikheid is egter dat die tyd baie lanklaas so ryp was vir ’n gesonde herskikking van verhoudinge tussen die Weste en Rusland.
Vertroue wêreldwyd al meer daarmee heen
Bitter harde en volgehoue werk lê voor om genoegsame vertroue te kweek dat die motiewe van groepe onder mekaar bewegingsruimte toelaat.
Wat is jou reaksie?
Omhels jou geliefdes meer gereeld sodat hulle sonder twyfel weet hoe lief jy hulle het, hoe besorgd jy oor hulle is.
As ‘njet’ eintlik ‘da’ beteken
Volgens Rasmussen se jongste peiling is 52% van die kiesers tevrede met Trump se vertoning. Diegene wat bitter ontevrede met hom is, is egter effens meer as die wat baie tevrede met hom is. Dit gaan klaarblyklik nie ’n vervelige presidentskap wees nie.
Laat ons nie gebuig word nie
Daar was ʼn tyd toe die volkere van die beskaafde wêreld die Boerevolk bewonder en gerespekteer het. Dit was tydens die Anglo-Boereoorlog toe die Boererepublieke opgestaan het teen Brittanje wat die ryk goudmyne van die ZAR wou inpalm.
Hongersnood weer al hoe groter krisis
Nog ’n probleem is dat die bevolkingsaanwas in die armste lande baie hoog is. Dit gekombineer met voortslepende konflik, die mobiliteit van suksesvolle mense en Westerse lande se afnemende vermoë om vir die armste mense in ander wêrelddele te sorg, lei tot die huidige hongersnoodkrisis.
Vreemdelinge-haat of vreemdelinge-afguns
Suid-Afrika moet ʼn slag die waarheid in die oë kyk. Die onderskeie etniese bevolkings in die land kom nie eers met mekaar oor die weg nie – wat nog te sê met vreemde bevolkingsgroepe uit die buiteland.
Israel en die spook van apartheid
Om bloot op internasionaal erkende en grondwetlike minderheidsregte aanspraak te maak, beteken dikwels dat die persoon met ʼn “hunker na apartheid” om die nek getooi word. Dit het ʼn strooipop van die werklikheid geword.
Regstelaksie moet reggestel word
Die aanstelling van mense bloot op grond van rasseteikens, lê aan die wortel van die verswakking van die staat, tot op die punt waar daar nie meer doeltreffende dienste aan die burgery gelewer kan word nie.
Hoe naïef wil mense wees?
Ons moet wakker word, en vinnig ook, en ons eie agenda begin bepaal in plaas daarvan om die ANC se agenda reaksionêr te volg.
Onthou Majuba!
Die vraag is wat ons, vandag in 2017, “onthou”. Waaraan klou ons vas en watter leuse dien vir ons as motivering? Vandag, waar die Afrikaner as ʼn minderheid moet veg vir sy eie oorlewing, dié van sy taal en dié van sy kultuur is daar een baie gepaste slagspreuk.
Demokrasie deur regspraak
ʼn Regering deur die howe is ongesond, maar tans is dit die land se enigste redding. Laat ons maar net hoop dit bly so en dat geregtigheid op die lang duur sal seëvier.
Verstaan vandag die waarde van taal
Vir ’n taal soos Afrikaans wat tot ’n streek en een of twee kultuurgroepe beperk is, sal sy voortbestaan afhang van ons vermoë om verby die aanhang van globalisering uit koue ekonomiese oortuigings, te tree.
Politieke versplintering na nuwe vlak gevoer in Nederland
Massa-immigrasie, terrorisme, die burokrasie van die Europese Unie en Nederlandse identiteit in ’n globaliserende wêreld kan oor die volgende vier weke tot ’n baie interessante politieke stryd in Nederland aanleiding gee.
Moedertaaldag: Dink, droom en leef Afrikaans
Droom, dink en leef in Afrikaans. Deur dit te doen, aanvaar ons verantwoordelikheid vir Afrikaans. Afrikaans is immers deel van ons DNS. Daarom is Afrikaans vir ons veel meer as net nog ʼn taal.
Trump die twisappel
Sedert die inhuldiging van pres. Donald Trump as die 45ste president van die VSA, verlede maand, behou hy sy status as ikoniese internasionale twisappel.
Lesse te leer uit parleboendoe-debakel
Die chaotiese gebeure moet egter nie die aandag van die feit aflei dat Zuma steeds sy rasse-obsessie bly voortdryf nie.
Ken mekaar se geskiedenis
Die vraag is egter of groter kennis van mekaar se geskiedenis in Suid-Afrika nie die polarisasie wat oor ’n wye front ervaar word, sal kan help besweer nie?
Vooruitgang of verval vir Frankryk?
Is die eens magtige Frankryk op ʼn onstuitbare pad van verval? Frankryk staan deesdae bekend as die land met die pessimistieste burgers in Wes-Europa.