Vinnige optrede deur die polisie het daartoe gelei dat twee vermeende kapers vinnig in hegtenis geneem is kort nadat hulle Maandag ʼn voertuig by ʼn winkelsentrum in die ooste van Pretoria gekaap het.
Alles vir die sleutelwoord "Pretoria"
Groot dwelmlaboratorium in PTA oopgevlek
Vier mense is Vrydagoggend in die noorde van Pretoria in hegtenis geneem nadat die Tshwane-metropolisie en ander rolspelers op ʼn groot dwelmlaboratorium toegeslaan het.
Foto’s: Goeie nuus: Leerlinge pak duisende skooltasse vir liefdadigheid
Die grondslagfase van Laerskool Lynnwood het Dinsdag fluks gewerk om saam met Solidariteit Helpende Hand byna 4 000 skooltassies te pak wat in 2015 aan behoeftige graadeens regoor die land uitgedeel sal word.
‘Dronk’ man het buurt op hol
ʼn Man wat glo onder die invloed van alkohol was, het Dinsdag sy woonbuurt in Pretoria se Moot-omgewing op hol gehad nadat hy glo probeer selfmoord pleeg het en daar gevrees is dat hy gyselaars aanhou.
Goeie Nuus: PTA-dieretuin se leeus “tree af” in Harrismith
Die Nasionale Dieretuin in Pretoria se leeubevolking bars uit sy nate en om dit onder beheer te hou gaan die dieretuin twee van sy oudste leeus op ʼn leeuplaas buite Harrismith in die Vrystaat laat “aftree”.
Foto’s: Kitsbank by vulstasie opgeblaas
Drie swaargewapende rowers het Woensdagaand ʼn kitsbank en ʼn kluis in die snoepwinkel van die Shell-vulstasie in Kloofsig, Centurion opgeblaas.
PTA-munisipaliteit ontken R15 m. vir wegneemetes
Die Tshwane-metro in Pretoria het mediaberigte dat daar nagenoeg R15 miljoen in een maand aan wegneemetes spandeer is vir personeellede, ontken.
Winkel by Centurion Mall beroof
ʼn Groep gewapende mans het Woensdagoggend op ʼn winkel by Centurion Mall in Gauteng toegeslaan en dit van nagenoeg R150 000 se elektroniese ware beroof.
PTA-munisipaliteit spandeer miljoene aan wegneemetes
Nagenoeg R15 miljoen is in een maand aan wegneemetes spandeer vir personeellede van die Tshwane-metro in Pretoria, het The Star Woensdag berig.
Goeie nuus: Video: Pretorianers maak hulle harte oop vir Street Store
The Street Store het Sondag gesorg vir ʼn hele paar glimlagte toe hulle vir behoeftiges die kans gegee het om gratis “inkopies” te doen.
Goeie nuus: Vermiste oupa stuur SMS
Kobus van der Berg (65), die pensioenaris van Pretoria wat Saterdag verdwyn het, het Maandagaand van hom laat hoor.
Oupa van Pretoria word vermis
Kobus van der Berg (65), ʼn pensioenaris van Pretoria, word al sedert Saterdag vermis.
Baba en ouma sterf weens gasinaseming
ʼn Vrou en haar vier maande oue kleinkind is in Pretoria dood nadat hulle die gasse van ʼn kragopwekker ingeasem het.
Gee jou hart vir Pretoria
The Street Store is ʼn gratis opslaanwinkel vir behoeftiges en nou is die konsep ook op pad na Pretoria.
Ontkleedanser op borgtog vrygelaat
Marilize van Emmenis (29), die ontkleedanser wat destyds in Joost van der Westhuizen se sogenaamde seksvideo te sien was, het Woensdag in die Pretoria-Noord-landdroshof verskyn nadat sy in hegtenis geneem is vir die besit van dwelms.
TV-ster ontwaak uit geïnduseerde koma
Theunis Nel, akteur en aanbieder van die motorfietsprogram Woema op kykNET, is wakker gemaak uit die geïnduseerde koma waarin hy geplaas is nadat hy Maandag in Pretoria in ʼn ernstige motorfietsongeluk betrokke was.
Foto’s: ‘Grondgrypers’ met rubberkoeëls geskiet
Die Tshwane-metropolisie het Woensdag met rubberkoeëls op inwoners van Nellmapius, oos van Pretoria, losgebrand nadat hulle met ondersteuning van die EFF plakkershutte in ʼn oop stuk veld wou oprig.
Foto’s: Motorfietsryers bid vir TV-ster
ʼn Groep motorfietsryers van Pretoria het Dinsdagaand buite die Unitas-hospitaal bymekaar gekom om vir Theunis Nel, akteur en aanbieder van die motorfietsprogram Woema op kykNET, te bid wat in die hospitaal behandel word na ʼn gru-motorfietsongeluk.
Voetganger sterf ná rollende motor hom tref
ʼn Man in sy 30’s is dood nadat ʼn motor op ʼn nat pad in Hatfield, Pretoria gerol, en hom langs die pad getref het.
Akteur kritiek ná motorfietsongeluk
Theunis Nel, akteur en aanbieder van die motorprogram Woema op kykNET, is in ʼn kritieke toestand in die intensiewesorgeenheid van die Unitas-hospitaal ná ʼn motorfietsongeluk Maandag in die ooste van Pretoria.