Altesaam 473 tydelike werkers van die Suid-Afrikaanse Poskantoor is onlangs die trekpas gegee nadat hulle aan ʼn onwettige staking deelgeneem het.
Alles vir die sleutelwoord "Pretoria"
Tuks-springdood: Man was ʼn student
Die man wat Maandagoggend by die Universiteit van Pretoria se Hatfield-kampus na sy dood gespring het, was ʼn student.
Nóg ʼn springdood by Tukkies
Nog ʼn persoon het glo Maandagoggend van die Geesteswetenskappe-gebou by die Universiteit van Pretoria (Tukkies) se Hatfield-kampus in Pretoria na sy dood gespring.
Pretoria-straat dalk na Mao Tse-tung vernoem?
Die Tshwane-metroraad het voorgestel dat ʼn straat of plek in Pretoria na Mao Tse-tung, die leier van die kommunistiese revolusie in China, vernoem moet word.
Foto’s: PTA-botsing eis man se lewe
ʼn Man is dood en nog ‘n man is in ʼn kritieke toestand nadat twee motors Vrydagoggend reg van voor in Brooklyn, Pretoria, gebots het.
Nóg ʼn slagoffer van kamma-polisie
Nóg ʼn slagoffer van twee mans wat in ʼn wit Citi Golf in Pretoria rondry en hulself as polisiebeamptes voordoen en dan voetgangers van kontant beroof, het hul storie met Maroela Media gedeel.
‘Polisie’ bedrieg jongman met moordslenter
Twee mans wat hulle as polisiebeamptes voorgedoen het, het Dinsdag glo ʼn jong man van Pretoria van R6 450 beroof nadat hulle hom as ʼn ‘moordverdagte’ in hegtenis wou neem.
Waterkloof-4 se Frikkie moet wag om te hoor van parool
Frikkie du Preez, een van die sogenaamde Waterkloof vier, sal ‘n rukkie langer moet wag om te hoor of sy aansoek om weer op parool vrygelaat te word suksesvol was.
PTA-vrou sterf in trokongeluk
ʼn Vrou is dood en twee mense is beseer nadat ʼn motor en ʼn swaarvoertuig Maandagmiddag in Rietondale, Pretoria, gebots het.
Kapers jaag weg met dogtertjie
ʼn Dogtertjie is Sondagmiddag vinnig met haar gesin herenig nadat hulle in Danville in die weste van Pretoria gekaap is.
Rower steek PTA-bejaarde met vurk in die gesig
ʼn Bejaarde man (82) is Vrydagoggend in Kilnerpark in Pretoria tydens ʼn huisroof aangeval.
Vrou getuig dogters is ook seksueel aangerand
‘n Verkragtingslagoffer het begin huil toe sy in die hooggeregshof in Pretoria getuig het dat haar twee dogters ook seksueel aangerand is.
Vyf beseer na motor teen ambulans bots
Vyf mense, insluitend twee kinders, is Sondag beseer nadat ‘n motor reg van voor teen ‘n ambulans gebots het in Wonderboom, Pretoria.
Twee jong mans sterf in motorfietsongeluk
‘n Motorfietsryer en sy passasier is Saterdag dood na ‘n ongeluk in Hatfield, Pretoria.
‘Swart-gesig-foto’: UP sê hy sal regverdig optree
Die Universiteit van Pretoria (UP) sê hy sal die voorval rakende twee vrouestudente wat met swart gesmeerde gesigte afgeneem is, op ‘n “regverdige en onpartydige wyse” hanteer.
AfriForum Jeug bevraagteken UP se optrede oor ‘swart-gesig-foto’
AfriForum Jeug het vandag die Universiteit van Pretoria (UP) se reaksie op die foto van twee vrouestudente wat hulle gesigte swart geverf het, bevraagteken.
‘Swart-gesig-foto’: Studente uit koshuis geskors
Die twee vrouestudente wat afgeneem is met swart gesmeerde gesigte, is uit hul koshuis geskors, het die Universiteit van Pretoria (UP) Donderdag gesê.
DBV oorweeg klagtes na kameelperd se dood
Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) oorweeg dit om klagtes aanhangig te maak na Donderdag se voorval waar ‘n kameelperd dood is nadat hy sy kop teen ‘n brug op die N1 in Pretoria gestamp het.
Video: Aanrandingsklag na nóg ‘n padwoede-voorval
Die polisie in Gauteng sê ‘n klag van aanranding is aanhangig gemaak na ‘n beweerde padwoede-voorval wat Woensdag in Pretoria plaasgevind het.
Oscar Pistorius se huis verkoop
Oscar Pistorius se huis in die Silver Woods-landgoed in die ooste van Pretoria is verkoop, berig The Times.