‘n Reeksverkragter het sy slagoffers en die gemeenskap om verskoning gevra tydens ‘n hofverskyning in die hooggeregshof in Pretoria.
Alles vir die sleutelwoord "Pretoria"
VSA-studentetoerbus in PTA beroof
Niemand is nog in hegtenis geneem nadat 30 Amerikaanse studente en vyf van hul toesighouers Sondag op ʼn toerbus in Pretoria beroof is nie.
Kleinhoewe-aanval: Bejaarde vrou sterk aan
Ralie Groenewald (74) sterk aan nadat sy Maandagoggend op ‘n kleinhoewe in Boschkop, Pretoria, gewurg en aangerand is. Haar man, Charles (76), is tydens die voorval doodgeskiet.
R700 miljoen se erfenismonumente is uitspattig – Solidariteit
Die vakbond Solidariteit het Donderdag sy misnoeë uitgespreek oor die beplande oprigting van tussen 400 en 500 standbeelde van historiese ANC-figure in die Fonteinedal Oord in Groenkloof, Pretoria.
ANC en DA kop aan kop in Pretoria
Daar heers Donderdag teen middagete nog ʼn verbete stryd tussen die ANC en die DA om in Pretoria aan bewind te wees, gebaseer op die stemme wat reeds in vanjaar se algemene verkiesing getel is.
Staatsaanklaer en seun by huis aangerand, beroof
Marian van der Merwe (53), ʼn senior staatsaanklaer, en haar seun is by hul huis in Waterkloof, Pretoria, aangerand en beroof, het Beeld Maandag berig.
Video: Wit armoede onder die loep op Nederlandse TV-program
Johan Eikelboom, aanbieder van die televisieprogram Dit is de dag, het besoek afgelê aan wit plakkerskampe in Pretoria.
Man (87) dood ná byl-aanval; derde bylaanval in omgewing
Lazlow (87) en sy vrou Carol Bercsényi (in haar 70s) is Saterdagaand omstreeks 19:00 op hul kleinhoewe in die Bon Accord-omgewing buite Pretoria aangeval.
PTA-tiere tydelik na JHB-dieretuin geskuif
Twee tiere van die Pretoria-dieretuin is na die Johannesburgse dieretuin geskuif terwyl daar opknappingswerk aan hul kamp gedoen word.
Video: Handsakdief-sindikaat doenig in Pretoria
ʼn Handsakdief-sindikaat teister glo winkelsentrums in Pretoria.
Stadsrede: Strate in PTA-middestad gesluit
Verskeie strate in Pretoria se middestad gaan Donderdag vir verkeer gesluit wees vir die burgemeester se stadsrede by die stadsaal.
Man gevonnis wat swanger vriendin vermoor
ʼn 26-jarige man wat skuldig bevind is dat hy sy swanger 18-jarige vriendin verkrag en verwurg het, is Vrydag in die Pretoriase hooggeregshof gevonnis.
Dubbele vreugde vir dieretuin se krokodille
Die Nasionale Dieretuin in Pretoria se reptielpark is 14 klein Kaaiman-alligators ryker en het boonop ʼn korporatiewe borg gekry wat voortaan sal help met die versorging van die krokodilspesie in die park.
Vloede: PTA-kinders vandag begrawe
Die drie kinders van Pretoria wie se liggame oor die naweek gevind is nadat hulle vroeër die week tydens swaar reënval verdrink het, word Woensdag begrawe.
Kapenaars leef langer
Statistiek Suid-Afrika het Dinsdag gesê Kapenaars leef langer as mense wat in Pretoria woon.
Vermiste PTA-kinders dood aangetref
Die liggame van drie kinders wat verlede week in Pretoria as vermis aangemeld is, is dood aangetref.
Liggaam van vermiste kind gevind
Die liggaam van een van die drie kinders wat vroeër die week in Pretoria vermis geraak het, is Saterdag gevind.
Polisie soek drie vermiste PTA-kinders
Die polisie is sedert Maandag op soek na drie kinders wat in Pretoria vermis geraak het toe hulle gaan speel het.
Video: Rivier deur Magnoliadal in PTA
‘n Gebruiker het ‘n video op Facebook gelaai van die hoeveelheid water wat soos ‘n rivier deur Magnoliadal in Groenkloof, Pretoria vloei.
Liefdesdriehoek lei tot PTA-man se dood
ʼn Man in sy 30s is Dinsdag in Pretoria se middestad doodgeskiet, het die polisie in Gauteng gesê.