Joyline Pretorius (15), ʼn meisie van Pretoria, word al langer as ’n week vermis.
Alles vir die sleutelwoord "Pretoria"
“Afgestorwe” haarkapper verloor klante
Jan Horn, ʼn haarkapper van Pretoria, het glo nagenoeg 300 kliënte verloor weens ʼn misverstand oor ʼn ander haarkapper in dieselfde gebied se afsterwe.
Video: Fietsryer glo deur diplomaat se lyfwagte aangerand
Hein van der Merwe, ‘n fietsryer van Pretoria, het klagtes van intimidasie, aanranding en roekelose bestuur teen ‘n diplomaat ingedien ná ‘n onderonsie byna in ‘n ernstige voorval ontaard het.
Dogter voor 21ste verjaarsdag in kop geskiet vir selfoon
Niemand is nog in hegtenis geneem vir die moord op Nadine Prinsloo (20) van Centurion, Pretoria, wat Maandag in haar kop geskiet is vir ʼn selfoon nie.
Man dood ná skietery naby Menlyn
ʼn Man is Dinsdag tydens ʼn skietery in Atterburyweg in die ooste van Pretoria doodgeskiet.
81% wil glo Pretoria se naam behou
81% van die lede van die publiek wat aan die Tshwane Metroraad se openbare deelnameproses deelgeneem het, het standpunt ingeneem ter behoud van die stad se naam.
Pretoria Sentraal-gevangenis sy naam kwyt
“Deel van rekonsiliasie sluit die herbenaming van geografiese plekname en landmerke in.” – Zuma
Foto: PTA-blitspatrolliebeampte sterf ná vragmotor teen polisiekar bots
Sersant Jacobus Andries Booysens (35), ʼn beampte van die Pretoria-blitspatrollie, is Maandagaand dood nadat ʼn vragmotor teen sy diensvoertuig gebots het.
Mamba omseil nog sy soekers
Daar is nog steeds geen teken van die twee meterlange swartmamba wat onlangs uit aanhouding by die Pretoria-dieretuin ontsnap het nie. Die slang maak wel spore op Twitter…
Swartmamba ontsnap uit hok van Pretoria-dieretuin
‘n Twee meterlange swartmamba het uit aanhouding by die Pretoria-dieretuin ontsnap en personeel kon dit nog nie opspoor nie.
Advokaat wag nog vir bloedtoetsuitslae na inspuit-aanval
Advokaat Jaap Cilliers sê hy wil nie spekuleer wie hom verlede Woensdag buite die Pretoriase hooggeregshof aangeval en met ʼn onbekende vloeistof ingespuit het nie.
10 mense in PTA-ongeluk beseer
Tien mense is beseer nadat twee voertuie naby Mamelodi in Pretoria teen mekaar gebots het.
Advokaat glo in hospitaal ná inspuit-aanval
Die polisie het Donderdag gesê adv. Jaap Cilliers se aanval word nog nie ondersoek nie, aangesien Cilliers glo in ʼn hospitaal is en daar nog nie ʼn saak aanhangig gemaak is nie.
Bekende advokaat buite hof aangeval, ingespuit
Adv. Jaap Cilliers is Woensdag buite die Pretoriase hooggeregshof aangeval en met ʼn onbekende vloeistof ingespuit.
Kabeldiefstal dalk die rede vir treinongeluk
Kabeldiefstal wat Donderdag in die vroeë oggendure plaasgevind het, is waarskynlik die hoofrede vir die gru-ongeluk tussen twee treine Donderdagoggend waarin honderde mense beseer is.
Man sterf weens gas
Een man is dood en drie word in die hospitaal behandel nadat hulle by ʼn fabriek in Pretoria gas ingeasem het.
Vrou sterf in PTA-ongeluk
ʼn Vrou is dood en dertien ander beseer nadat ʼn minibustaxi Woensdagoggend teen ʼn voertuig in Pretoria gebots het.
PTA-vrou deur weerlig getref
ʼn 47-jarige vrou is Dinsdagmiddag omstreeks 15:30 deur weerlig in Kilnerpark, Pretoria, getref.
Mandela: Joernaliste kamp nou uit by ander hospitaal
Joernaliste het by ʼn ander Pretoriase hospitaal begin saamdrom nadat dit aan die lig gekom het dat oud-president Nelson Mandela nié by die 1 Militêre Hospitaal behandel word nie.
Pretoria-straatname weer onder die loep
AfriForum het ’n dagvaardiging teen die Tshwane-metro uitgereik waarin die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria gevra word om die verandering van 27 straatname in Pretoria te hersien en tersyde te stel.