ʼn Tienerseun van Pretoria is Donderdag in die vroeë oggendure op ʼn kleinhoewe oos van die stad doodgeskiet.
Alles vir die sleutelwoord "Pretoria"
[Foto’s] Nóg ʼn aanval by gewilde uitkykpunt
“Dit het nie gelyk asof hulle enigiets wou steel nie,” het Ernest van der Spuy gesê. “Dit het gelyk asof hulle gekom het om ons dood te maak. Hy het ʼn mes in sy hand gehad en het net aanhou steek en steek.”
Uitspraak in Mido Macia-moordsaak vandag gelewer
Die hooggeregshof in Pretoria was Dinsdagoggend gepak met plaaslike en internasionale media waar die uitspraak in die Mido Macia-moordsaak gelewer sal word.
[Video] Polisieman jak glo klaer af
Die polisie het gesê hy dra kennis van ʼn video wat die ronde op Facebook doen waarin ʼn beampte glo ʼn jong vrou van Pretoria se foon in ʼn polisiestasie uit haar hande klap.
Egpaar aangeval by gewilde uitkykpunt
“Hulle het die aand vroeg by die uitkykpunt in hul motor gesit, toe verdagtes uit die bosse gekom het. Ons is nie seker hoeveel aanvallers daar was nie, maar ons vermoed drie.”
[Foto’s] Vyf sterf in gru-botsing op R21
Vyf mense is dood nadat twee motors Donderdag in die vroeë oggendure op die R21-snelweg in Pretoria gebots het.
Gesin platgeslaan ná werker se dood op kleinhoewe
“Hy was baie meer as net ʼn werker. Hy was ʼn vertroueling en my vrou se regterhand. Hy was deel van die familie.”
Vyf ontsnap uit polisievangwa
Vyf verhoorafwagtende gevangenes het Maandag uit aanhouding ontsnap op pad na die Kgosi Mampuru-gevangenis in Pretoria.
Werker op kleinhoewe buite Pta doodgeskiet
ʼn Saak van moord word ondersoek nadat ʼn 49-jarige man Dinsdagoggend op ʼn kleinhoewe in Wallmannsthal, noord van Pretoria, doodgeskiet is.
Eerste vlug na Kaapstad vertrek van opgeknapte Wonderboom-lughawe
“Ons bou nie net ʼn lughawe hier nie maar ʼn nuwe ekonomie.”
Man vas oor BMW vol dagga
ʼn Man is in hegtenis geneem vir die besit van dwelms nadat dagga met ʼn straatwaarde van R350 000 in sy besit gevind is.
Groot verrassing vir Pta-seun ná mesaanval
“Dit was net so ʼn wonderlike manier om die nare ondervinding in iets positief om te skakel.”
TV-man glo in botsing waarin motorfietsryer sterf
ʼn Bekende jong man van ʼn gewilde televisie-werklikheidsreeks was glo betrokke in ‘n gru-ongeluk waarin ʼn motorfietsryer Donderdagaand dood is.
Rowers in hof wat Pta-pa op hoofweg skiet
Twee vermeende rowers wat ʼn pa van Pretoria koelbloedig op die N1-hoofweg doodgeskiet het, het Dinsdag in die hof verskyn.
Pta-seun met mes gesteek, beroof
ʼn Laerskoolseun van Pretoria-Noord is in die hospitaal nadat hy buite sy huis met ʼn mes gesteek en van sy fiets beroof is.
Appèlhof verwerp Tshwane-raad se aansoek oor straatname
Die burgerregteorganisasie Afriforum het nog ʼn ronde teen die Tshwane Metroraad gewen in sy stryd om Pretoria se straatname te behou.
Mali-aanval: Pretoria-pa se liggaam op pad terug
Die familie van die man van Pretoria wat Vrydag tydens die 20-uur lange beleëring in Mali dood is, weet nog nie presies wat die omstandighede was wat uiteindelik tot sy dood gelei het nie.
Dawie Roodt-aanval: ‘Ek weier om so behandel te word’
“My grootste vrees is om terselfdertyd gekonfronteer te word deur my twee oorheersende vrese: die vrees vir persoonlike benadeling en die vrees vir benadeling van my geliefdes. Indien [ek moet kies tussen die twee vrese], sal ek meer vrees vir my eie lewe of sal ek meer vrees vir die lewens van my geliefdes? Ek het uitgevind.”
Pa van Pretoria tydens terroriste-aanval dood
ʼn Pa van Pretoria is een van die mense wat Vrydag tydens die 20-uur lange beleëring in Mali dood is.
Lucky Montana gooi joernalis glo met baksteen
ʼn Saak van opsetlike saakbeskadiging is teen Lucky Montana, voormalige uitvoerende hoof van die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa), aanhangig gemaak nadat hy Donderdagaand na bewering ʼn joernalis se motor met ʼn baksteen gegooi het.