Eunice Basson se tweede digbundel staan in die tradisie van haar liriese en suggestieryke debuut Leiboom, wat in 2014 deur Queillerie uitgegee is.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Protea Boekhuis"
Boek: SD Fourie-romans vir jou boekrak
SD Fourie se “Die Lanternswaaier” en “Die dooies leef” is tydlose liefdesverhale wat veral aanklank vind by liefhebbers van historiese romans. Lees meer oor die herdrukte weergawes van die verhale.
Boek: Veronika besluit om te sterf
Paul Coelho se “Veronika besluit om te sterf” is ʼn roerende verhaal wat lesers daaraan herinner dat elke oomblik in die lewe spesiaal en kosbaar is.
Boek: Die koala wat wou klou
“Die koala wat wou klou” is ’n boek met rympies oor hoe om dapper te wees en nuwe dinge aan te durf. Dit is geskik vir kinders van drie tot nege jaar.
Boek: ‘Wild’ en ‘Klippe wat val’
In 2017 is “Wild” vir ʼn ATKV-Woordveertjie benoem vir beste dramateks en in 2019 het “Klippe wat val” dié toekenning gewen. Lees meer oor Philip Rademeyer se dramas.
Boek: Melkweg
Het jy al daaraan gedink dat die Melkweg nie net ʼn miljoen sterre in die hemelruim is nie? Lees meer oor Oskar, Bossie en Gesie se avonture in “Melkweg”.
Boek: Reise met Schoeman
Karel Schoeman was bekend vir reisverhale wat uit sy eie ervarings geskryf is. Het jy geweet dat hy in verskillende dele van Europa gewoon het en onder meer as verpleër in Glasgow, Skotland, gewerk het? Lees meer oor Reise met Schoeman.
Boek: Die eekhorings kry stry
“Die eekhorings kry stry” is ’n boek met rympies oor mededeelsaamheid en om saam met ’n vriend oor enigiets te kan skaterlag. Dit is geskik vir kinders van drie tot nege jaar.
Boek: ‘Die Heerser van die Ringe’ – Die Koning keer terug (Deel drie)
“Die Heerser van die Ringe: Die Koning keer terug” is die derde boek in JRR Tolkien se immergewilde trilogie.
Boek-uittreksel: Die verdriet van België
“Die verdriet van België” beslaan die tydperk tussen 1939 en 1947: vrede, oorlog, vrede. Louis Seynaeve is elf jaar oud en ’n leerling aan ’n Katolieke kosskool waar die nonne sy lewe regeer. Lees hier ‘n uittreksel uit die eerste hoofstuk.
Boek: Erfgeld is swerfgeld
Johan Bakkes is ʼn bekende skrywer van andersoortige reisverhale. In “Erfgeld is swerfgeld” word humoristiese vertellings oor sy reise afgewissel met sy pa se wolhaarstories en lewendige geskiedenisvertellings.
Boek: Dinosourium
Lesers van agt tot 80 wat in dinosourusse geïnteresseerd is, sal beslis van “Dinosourium” hou. Lees meer.
Boekvoorlesing: Die Wonderwese
Sedert Eron Verberger en Velvel Azazel se gewelddadige struweling in die Vallei van Bergstrome het omstandighede in Gabriëllië geensins verbeter nie. Carina Stander lees ʼn gedeelte uit die tweede boek in haar Bergengel-trilogie voor. Luister hier na “Die Wonderwese”.
Boek: Die nag ruik na spoed
Wetenskapfiksie-vrate sal verheug wees oor Schalk Schoombie se jongste kortverhaalbundel. “Die nag ruik na spoed” bevat ʼn goeie dosis innovering, spanning en ʼn paar verrassingselemente.
Boek: Die verdriet van België
“Die verdriet van België” is deur Daniël Hugo uit Nederlands vertaal. Die boek is deur Hugo Claus geskryf. Dit bied ʼn blik op die Vlaamse lewenswyse gedurende die tyd van oorlog, samewerking en oorlewing.
Boek: Mynhardt die moeilike kind
“Mynhardt die moeilike kind” is ʼn spitsvondige prenteboek wat eietydse ouerskap op eksentrieke wyse uitbeeld.
Boek: Tussenganger
“Duidelik is ‘Tussenganger’ die werk van ʼn digter wat in die volle krag van sowel sy eie kreatiewe denke as vakkundige vernuf staan.”
Boek: Pootjies
“Pootjies” is ʼn opbeurende verhaal van ’n verlore klein hondjie en sy soeke na ’n heenkome. Dit is ʼn prenteboek en is geskik vir kinders tussen drie en agt jaar.
Boekvoorlesing: Die Bergengel
Carina Stander lees ʼn gedeelte uit die eerste boek in haar ‘Bergengel’-trilogie voor. Luister hier na “Die Bergengel”.
Boek: Ouma Voëltjie
Dit is ’n pragtige verhaal van ’n kleinkind en sy ouma wat ’n hegte vriendskap ontwikkel terwyl hulle windverwaaide voëltjies red. “Ouma Voëltjie” is geskik vir kinders drie tot agt jaar.