“Duidelik is ‘Tussenganger’ die werk van ʼn digter wat in die volle krag van sowel sy eie kreatiewe denke as vakkundige vernuf staan.”
Alles vir die sleutelwoord "Protea Boekhuis"
Boek: Pootjies
“Pootjies” is ʼn opbeurende verhaal van ’n verlore klein hondjie en sy soeke na ’n heenkome. Dit is ʼn prenteboek en is geskik vir kinders tussen drie en agt jaar.
Boekvoorlesing: Die Bergengel
Carina Stander lees ʼn gedeelte uit die eerste boek in haar ‘Bergengel’-trilogie voor. Luister hier na “Die Bergengel”.
Boek: Ouma Voëltjie
Dit is ’n pragtige verhaal van ’n kleinkind en sy ouma wat ’n hegte vriendskap ontwikkel terwyl hulle windverwaaide voëltjies red. “Ouma Voëltjie” is geskik vir kinders drie tot agt jaar.
Boek: Terugblik
“Terugblik” is ʼn versameling van prof. Fransjohan Pretorius se rubrieke oor die geskiedenis van Suid-Afrika van vóór Jan van Riebeeck se aankoms aan die Kaap tot die jongste gebeure.
Boek: Redder van die ryk: Die donker eeu (Deel twee)
“Redder van die ryk: Die donker eeu” is die tweede boek in ʼn trilogie wat avontuur- en fantasieliefhebbers sal boei.
Boek: Onverskrokke: Bewakers van die veld
“Onverskrokke: Bewakers van die veld” is ’n ideale geskenk vir diegene wat die buitelewe waardeer en graag oor die natuur lees.
Boek: Die ritme van die reën
Van die kleinste druppel tot die diepste oseaan, in hierdie pragboek word die verhaal van die watersiklus op aarde vertel.
Boek: Reza de Wet: Die dramaturg as dromer – ’n huldiging
Hierdie publikasie is die sesde boek in ’n reeks wat deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns uitgegee word. Dit bring hulde aan skrywers, digters en dramaturge wat met die Akademie se Hertzogprys vir letterkunde bekroon is.
Boek: Die grootpad is ’n grondpad
Lesers wat van kontreistories en geskiedenis hou of wat lief is vir die Karoo en sy mense sal by dié stories aanklank vind.
Boek: Die waarheid oor duiwe
“Die waarheid oor duiwe” is Gisela Ullyatt se debuutbundel oor intieme ruimtes, jeugherinneringe en verlies.
Boek: Die Rietrotte en die rowers (Deel twee)
Daniël du Randt besef gou dat hoërskool nie vir sissies is nie!
Boek: Kom hier dat ek jou soen
Die Vlaamse skrywer Griet Op de Beeck se roman van 2014, Kom hier dat ik u kus, is pas deur Protea uitgegee in vertaalde vorm.
Boek: Die towenaars van toeka: Twee teen twee
Wens en Xar word van mekaar weggehou deur die hoogste muur wat jy jou kan voorstel.
Boekbederf vir woordvrate dié Kersfees
Leesgieriges se Kersfees-wenslys hoef nie ‘n geslote boek te wees nie. Met dié lys aanbevelings sal jy in ‘n japtrap iets vir die boekwurms in jou lewe kan aanskaf.