Reën en Morné Morkel se besering wat hom ses weke van die veld sal hou, kon Faf du Plessis en sy Proteas nie Maandag op die laaste dag van die eerste toets teen Bangladesj keer nie.
Alles vir die sleutelwoord "Proteas"
Morkel se besering, reën kan Bangladesj help vasbyt
Die vierde dag se spel in die eerste toets tussen die Proteas en Bangladesj het toe Sondag heel voorspelbaar verloop: die Proteas het die lopies gejaag, aan Bangladesj ʼn teiken gestel en die reën het toe gewen.
Bangladesj veg terug, maar Proteas staan steeds sterk
Die Proteas staan ná drie dae van die eerste kriekettoets in Potchefstroom teen Bangladesj steeds baie sterk, maar die besoekers verdien heelwat krediet vir hulle terugvegpoging na twee moeilike dae in die veld.
Elgar en Amla vryf verdere sout in Bangladesj-wonde
Die Proteas het Vrydag, miskien met die moontlikheid van reën vorentoe in die wedstryd, met teetyd op die tweede dag op Senwespark teen Bangladesj reeds verklaar en in die oorblywende 34 boulbeurte drie paaltjies van die besoekers geneem.
Proteas se kolwers oorheers teen Bangladesj
Die eerste dag van die tweetoets-reeks teen Bangladesj was Donderdag een lang hoogtepunt met net ʼn enkele werklike laagtepunt op Senwespark in Potchefstroom.
Markram kry sy kans vir die Proteas se toetsspan
Die 22-jarige Aiden Markram is een van die twee spelers sonder toetservaring wat vir die Proteas se toetsgroep van 13 gekies is vir die eerste van twee toetse teen Bangladesj wat Donderdag in Potchefstroom begin.
Derde keer skeepsreg vir Proteas
Derde keer skeepsreg!
Nóg ʼn beste sedert 1967 vir die Proteas
Suid-Afrika is onteenseglik besig om die gaping tussen hulle en die wêreld se voorste netbalspanne te laat krimp.
Proteas se beste in 50 jaar teen Nieu-Seeland
Goed. Amper baie goed, maar op die ou end tog nie goed genoeg nie.
Krieketheld en sy meisie haak af
Die krieketheld – wat in sy loopbaan sowat 147 keer op die veld saam met die Protea-span was – het die naweek ewige trou aan sy meisie beloof.
Bavuma skop vas; en reën kan SA nog red
Die Proteas se laaste twee paaltjies is Saterdag op nóg ʼn reëndag nie sommer weggegooi soos tydens die kolf fiasko Vrydag toe Suid-Afrika op 61/7 gewankel het nie.
Siek Philander, vrot kolfwerk en eina boulwerk laat Proteas steier
Vernon Philander was hospitaal toe vir toetse, die Proteas se boulwerk was ten beste maar bra middelmatig en die kolfwerk power.
Duminy se vertrek dra by tot toerontwrigting
Dit is dusver vir die Proteas ʼn ietwat ontwrigtende toer, en dit is sekerlik nie aangehelp met Maandag se nuus dat JP Duminy vertel is hy sal nie in die laaste twee toetse speel nie.
Drie groentjies in Engeland se 14-tal vir toets
Daar kan dalk 13 Suid-Afrikaners in die derde kriekettoets tussen Engeland en Suid-Afrika op die Oval speel – en die Proteas het reeds onder die een se kolfwerk deurgeloop.
Terugvegpoging soos min deur die Proteas
Afgeval en seergekry, opgeklim en weer gery …
Proteas kry groot loesing in eerste T20-wedstryd
Die Proteas het Woensdagaand in Southampton weer teleurgestel toe Engeland hulle met nege paaltjies en met nog 33 balle oor ʼn deeglike krieketles in die eerste van drie T20-wedstryde geleer het.
Proteas maak groot skande; uit Kampioene-toernooi
Die Proteas het Sondag in hul laaste groepwedstryd om die Kampioenebeker teen Indië groot skande gemaak en met agt paaltjies teen Indië slae gekry.
Die regte doepa voor Proteas se toer na Kiwiland
Nou vir Nieu-Seeland! Dit is moontlik hoe die Proteas redeneer oor die toer in Kiwiland waarheen hulle Saterdag vertrek.
Ekstra tyd kelder Proteas teen Engeland
Die Suid-Afrikaanse nasionale netbalspan het Saterdag in Durban In die Quad-reeks in ʼn uiters opwindende wedstryd met 48-elk gelykop teen Engeland gespeel, maar die 14 minute ekstra tyd om ʼn wenner te bepaal was een hekkie te ver en die Proteas het uiteindelik 60-55 verloor.
Sri Lanka se kolwers swig voor Tahir en Parnell
Dit was die ou-ou storie toe Sri Lanka se kolwers Saterdag wéér klei getrap en Suid-Afrika gevolglik die eerste eendagwedstryd op St Georgespark met agt paaltjies gewen het.