ʼn Groep oproeriges het Donderdag omstreeks 13:00 ʼn vragmotor wat sap vervoer het, aan die brand gesteek.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "protes"
N2 in Suid-Kaap ná onrus heropen
Die oproer het voor sonop begin toe mense buitebande aan die brand gesteek en op die N2 buite die Suid-Kaapse dorp en elders betoog het.
Rekordgetal diensleweringbetogings in 2018
Daar is ook bekend gemaak in watter provinsies die meeste betogings voorkom, asook die vernaamste eise van die betogers.
Daar is geen verlossing buite die ANC nie
“Myns insiens het Suid-Afrika nou al genoeg betoog by die staat om meer doeltreffend te wees. Geen staat sal dit ooit wees nie. Suid-Afrikaners kort nie ʼn beter staat nie. Ons kort vryheid – ʼn swakker staat en ʼn omgewing waarbinne mense hulself kan red deur hul eie inisiatief en harde werk.”
Quo vadis, demokrasie?
“Dit wil voorkom asof Suid-Afrikaners nie heeltemal seker is hoe ons oor ons demokrasie moet dink nie.”
Taxi-protes raak dié strate in Pretoria
Die Tshwane-metropolisie het gewaarsku dat ʼn moontlike taxi-betoging in Pretoria vandag erge ontwrigting kan veroorsaak.
Meer mense ontvang toelae as mense wat werk
Daar is nou meer mense wat maatskaplike toelaes in Suid-Afrika ontvang as wat daar mense is wat werk.
Voertuie aan die brand gesteek in PE
Daar was ook protesaksie op die N2 waartydens twee busse, ʼn ambulans en ʼn vragmotor beskadig is.
Jhb-protesaksie: Planne om onrus te ontlont
Die polisie en die Johannesburgse metro-polisie het kragte saamgesnoer om weer kalmte in Johannesburg se nedersettings te probeer herstel.
R21 weer oopgestel ná protesaksie
Motoriste kan nou weer vrylik op die R21-snelweg beweeg.
Positiewe protes teen swak leierskap
Die groot vraag is dus egter nie of ons rede het en móét protesteer nie, maar hóé ons moet protesteer sodat dit doeltreffend en effektief is.
Waarom die verdraagsaamheid teenoor wetteloosheid?
Die afgelope twee weke se eskapades op Suid-Afrikaanse kampusse het almal aan die gons. Sommige mense het geen argument of mening oor die gebeure nie; sommiges bly apaties stil en kyk toe in die hoop dat dit net nóg ʼn tipiese Suid-Afrikaanse betoging is wat sal oorwaai; ander raak kwaad en voel verontwaardig, terwyl nog ’n groep aktief daaraan deelneem of dit nou by die Uniegebou of op sosiale media is.
Benodig: Dapper studente en beleggers
Die huidige (Oktober 2015) mode is #…MustFall. #RhodesMustFall, #TotiusMustFall en #FeesMustFall. MustFall is die gonswoord van die huidige onrus by universiteite en ʼn uitdrukking van die afbrekendheid van massas wat baie wil hê, maar die telbord wys niks van opbou nie.
Studentebetogings: Ek wil iets sê en ek wil iets vra
Die afgelope twee weke se universiteitnuus is nogal opspraakwekkend. Natuurlik. Dit raak ons hele samelewing as ons oor opleiding begin gesels. Van alle kante is en word hierdie studentebetogings bespreek, ontleed, geëvalueer en geanaliseer. Ek wil graag, baie graag, net iets sê en iets vra.
Studente-stoomroller duidelik deel van breër opstand
Die studente-opstand wat die afgelope weke byna soos ’n stoomroller oor Suid-Afrika geloop het, vorm duidelik deel van ’n breër opstand teen die regerende ANC en dié se leiers. Dit geld veral vir mense soos pres. Jacob Zuma, min. Blade Nzimande en die party se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe.
Oom Max, ons probeer diskriminasie oorleef!
As tweedejaarstudent is ek werklik teleurgesteld in u poging om weereens Afrikaners oor die vingers te probeer tik. In ʼn artikel wat slegs die uitdaging wat die ANC met studente in die gesig staar kan en behoort te ondersoek, vind u dit nodig om oudergewoonte anti-Afrikanersentiment in die resep te gooi.
Vrye, nie gratis universiteite die oplossing
Daar was die naweek verskeie berigte waarin gevra is waarom Afrikanerstudente nie grootskaals deelgeneem het aan die universiteitsopstande nie. Ander kommentators het tereg daarop gewys dat die opstande oor meer gaan as net studiegeld, en gewonder hoekom jong Afrikaners nie die kans aangryp om teen die onbevoegde leiers en die stand van die land te betoog nie?
IS het sterk steun in Den Haag – protes kom
‘n Protesoptog word in Transvaal in Den Haag beplan teen die terreur wat die IS in Irak en Sirië saai.
Foto: E-tolprotes in die lug
ʼn Vliegtuig wat ʼn anti-e-tolbanier agterna gesleep het, was Dinsdag oor snelweë in Gauteng sigbaar as deel van die Demokratiese Alliansie (DA) se protes teen die stelsel.
“Meeste werknemers” terug by Medupi
Eskom het gesê meeste van sy personeellede het Donderdag by die Medupi-aanleg vir werk opgedaag.