Nee, ek verlang nie terug na die verlede onder PW Botha se NP-regering nie, maar ek sien ook nie uit na die toekoms onder die Zuma-ANC nie! Daarom is die oplossing om eerder deur die “voorruit” as die “truspieël” te kyk as ons die land vorentoe wil vat.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "PW Botha"
ANC katrol die Engelse pers in
Asof die ANC die rand en die land nie genoeg skade berokken het nie, het hy sy tande ook diep in die Engelse pers ingeslaan met die ietwat bedekte oorname van Independent Media se 18 koerante deur Iqbal Survé se Sekunjalo-konsortium, grotendeels met regeringsgeld.
Nuuskommentaar: PW, Dianne Kohler-Barnard en die Vredefort-koepel
Dianne Kohler-Barnard het in die konteks van haar party haar voet met haar Facebook-deling kniediep daarin gesit en moet die gevolge dra. Tog hou die insident, geoordeel aan lesersreaksies, die potensiaal in om ʼn uitkringeffek te hê wat die noodsaak van Saterdag se Toekomsberaad deur die Solidariteit Beweging onderstreep.
ʼn Kort begrip van ons laaste vyftig jaar
Prof. Hermann Giliomee, gerespekteerde historikus, het op 8 Oktober by ’n byeenkoms van AfriForum in Pretoria gepraat oor die foute wat tydens die vroeë jare negentig tydens die onderhandelingsproses gemaak is.
Nuuskommentaar: Word Zuma nou ge-PW of bly hy pyn in die nek?
Baie Suid-Afrikaners se aandag is nou met kommer gevestig op die platinumgordel eerder as Nkandla en sy baas. Tog kan die twee sake nie los van mekaar gemaak word nie – beide is ewe veel ‘n ekonomiese as politieke kwessie.
DA vergelyk Sanral-baas met PW Botha
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) se uitvoerende hoof, Nazir Alli, is die hedendaagse PW Botha, het die DA Donderdag gesê.