ʼn Adjudant-offisier van die Valke, wat glo verbind kan word aan die ontvoering- en aanrandingsaak van Radovan Krejcir, die Tsjeggiese voortvlugtende en omstrede sakeman, is Dinsdag in hegtenis geneem.
Alles vir die sleutelwoord "Radovan Krejcir"
Polisieman wat geld by Krejcir leen, het nie bedank – Valke
Die Valke het Dinsdag ontken dat kol. Francois Steyn, hoof van die georganiseerdemisdaad-eenheid in Germiston, wat glo ʼn lening van R408 000 by een van omstrede sakeman Radovan Krejcir se maatskappye aangegaan het, bedank het.
Foto’s: Krejcir Maandag by die hof
Radovan Krejcir het die eerste aand in ʼn privaathospitaal deurgebring nadat die Johannesburgse hooggeregshof Maandag beslis het dat hy uit aanhouding na ʼn hospitaal oorgeplaas moet word.
Krejcir-saak uitgestel
Radovan Krejcir en Desai Lupondo het Maandag vlugtig in die Palm Ridge-landdroshof verskyn, maar die hofverrigtinge het in camera plaasgevind.
Krejcir moet na hospitaal oorgeplaas word
Regter Ramarumo Monama het Maandag in die Johannesburgse hooggeregshof beslis dat Radovan Krejcir, omstrede sakeman van Tsjeggië, van die tronk na ʼn privaat mediese inrigting oorgeplaas moet word.
Krejcir-verhoor agter geslote deure; Opod ondersoek “aanranding”
Die verhoor van Radovan Krejcir, omstrede sakeman van Tsjeggië, en nog ʼn man vind Maandag in camera plaas by die Palm Ridge-landdroshof in Randburg.
Krejcir vertrou glo nie staatsdokter
Radovan Krejcir, omstrede sakeman van Tsjeggië, het glo nie geweier dat ʼn staatsdokter hom ondersoek nie, maar hy het nie die dokter genoeg vertrou om sy bloed te trek nie, het sy prokureur Maandag aan SAfm gesê.
Krejcir-inhegtenisneming ‘n “reuse deurbraak”
Nasionale polisiekommissaris Riah Phiyega het Saterdag gesê Radovan Krejcir se inhegtenisneming is ‘n reuse deurbraak vir die Suid-Afrikaanse Polisiediens ná ‘n langdurige ondersoek deur verskeie eenhede van die polisie.
Krejcir-prokureurs weet nie waar hy aangehou word nie
‘n Dringende hofbevel is aan Radovan Krejcir se prokureurs toegestaan om die polisie te dwing om hulle in kennis te stel waar dié sakeman van Tsjeggië aangehou word nadat hy in hegtenis geneem is.
Radovan Krejcir in hegtenis geneem
Die Tsjeggiese voortvlugtende, Radovan Krejcir, is Vrydagmiddag op aanklag van poging tot moord en ontvoering in hegtenis geneem.
Polisieman van Oos-Rand het Krejcir-lening aangegaan
Kol. Francois Steyn, hoof van die georganiseerdemisdaad-eenheid in Germiston, het glo ʼn lening van R408 000 aangegaan by een van omstrede sakeman Radovan Krejcir se maatskappye.
Krejcir se ma loof groot beloning uit
Radovan Krejcir, die omstrede voortvlugtende sakeman van Tsjeggië, se ma het ʼn R2 miljoen-beloning uitgeloof vir inligting oor die twee pogings om sy lewe te neem, het The Star Woensdag berig.
Krejcir-werknemer in die hof
ʼn Bestuurder van Money Point, omstrede sakeman Radovan Krejcir se maatskappy, en ʼn bankamptenaar het Maandag in die Johannesburgse gespesialiseerde handelsmisdaadhof verskyn.
“Ek vrees vir my lewe” – Krejcir
Radovan Krejcir, die omstrede voortvlugtige Tsjeggiese besigheidsman, glo hy word aangeval en dat sy lewe in gevaar is, het EWN Vrydag berig.
Beeld-fotograaf moes foto’s uitvee
Beeld beoog om kriminele aanklagte aanhangig te maak nadat een van sy fotograwe glo geteister is omdat hy foto’s van ʼn restaurant geneem het wat gereeld deur Radovan Krejcir, die omstrede voortvlugtige Tsjeggiese besigheidsman, besoek word.
Krejcir swyg oor Bedfordview-ontploffing
Radovan Krejcir, die omstrede sakeman van Tsjeggië, wil nie kommentaar lewer nadat ʼn bom Dinsdag by een van sy ondernemings in Bedfordview in die Oos-Rand, die dood van twee mense veroorsaak het nie.
Nóg ‘n Krejcir-vennoot doodgeskiet
‘n Man van Serbië is Saterdag tydens ‘n vermeende huisroof in sy huis in Bedfordview, Johannesburg, doodgeskiet.
Bedfordview-man by verkeerslig doodgeskiet; Krejcir ontken verbintenis
ʼn Man is Saterdag in sy Audi Q7 by ʼn verkeerslig in Smithstraat in Bedfordview, Johannesburg, doodgeskiet.
Krejcir-moordkomplot: Beskuldigde in hof
Brendan Harrison, wat daarvan beskuldig word dat hy betrokke was in ‘n komplot om die omstrede Tsjeggiese sakeman, Radovan Krejcir, te vermoor, het Vrydag vlugtig in die Germiston-landdroshof verskyn.
Krejcir weer in die hof
Die veroordeelde krimineel Radovan Krejcir se uitleweringsverhoor duur Donderdag voort in die Kempton Parkse landdroshof.