Die GI-wet is nie slegs onkonstitusioneel nie, maar benadeel die meeste Suid-Afrikaners. In plaas daarvan om die wet strenger toe te pas, behoort Nxesi ernstig te wees oor die herroeping daarvan. Vaardighede, groei en werkgeleenthede is die sleutel tot vooruitgang en moet eerder aangemoedig en nie verder ondermyn word nie.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "rassetransformasie"
Is regstellende aksie, prestasie en minderwaardigheid verbind?
Hoe lig jy jouself op uit so ’n situasie? Hoe herwin jy jou menswaardigheid en skud die gevoel van minderwaardigheid af? Afrikaner het ‘n goeie begrip hiervan en kan ander mense help, skryf dr. Pieter Mulder.
ANC-regering speel die transformasieviool terwyl Eskom sink
Die feit dat Eskom self – onder druk van die departement van arbeid – steeds volhou met planne dat wit ingenieurs nog verder verminder gaan word, lyk die prentjie na die ANC-regering wat die transformasieviool speel terwyl Eskom en Suid-Afrika se ligte nie brand nie!
Nuwe fase van Swart Ekonomiese Bemagtiging
ʼn Nuwe en verskerpte fase van Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB) staar Suid-Afrika in die gesig indien die voorgestelde Mededingingswysigingswetsontwerp aanvaar word. Die mededingingswysigingswet is tans nog net onder oorweging, maar regverdig veel meer debat as wat dit tans ontlok.
‘Soek beter rede as rasse-integrasie vir LLB-graadprobleem’
“Moet daar nie eerder na die inhoud van programme en die gehalte van dosente gekyk word nie?”
Universiteitswese, transformasie en dekolonisasie: Wat kan ons verwag?
Studente-organisasies dreig opnuut om kampusse onbegaanbaar te maak deur massaprotes. In weerwil hiervan, swyg die minister van hoër onderwys en faal klaaglik om die kritieke leierskap te gee wat nou nodig is in dié verband. Intussen dreig ʼn groeiende fiskale krisis by verskeie universiteite, waar sommige reeds aangedui het hul finansies is in die rooi of op pad soontoe.
Wat is ons gemeenskaplike vyand?
Dit is veel beter om met vriende te gesels as om oor vyande te dink. Dit is egter nie net vriende wat ’n kultuurgemeenskap se karakter definieer nie, maar juis hulle vyande.
Omvang van rassetransformasie in nasionale departemente onthul
Solidariteit het in ʼn verslag oor rassetransformasie in 38 nasionale regeringsdepartemente, wat Dinsdag bekendgestel is, aangedui dat die staatsdiens breedweg volgens ras getransformeer is.
‘Opleiding, nie ras, bepaal indiensneming’
ʼn Persoon se professionele kwalifikasies speel ʼn belangriker rol as ras om te bepaal of hulle in ʼn professionele pos aangestel word.