Kritiek sal daar altyd by die kies van ʼn Springbokspan wees, maar die groep van 43 spelers wat Rassie Erasmus Saterdagaand bekend gemaak het, is ʼn netjiese balanseertoertjie.
Alles vir die sleutelwoord "Rassie Erasmus"
Rassie se balanseertoertjie
Dit sal interessant wees om te sien hoe Rassie Erasmus sy balanseertoertjie gaan uitvoer om ʼn wenspan te bou en die ondersteuners, media en spelers tevrede te hou.
Bulls kry eerste kans om met Rassie se strukture vertroud te raak
Die Springbokafrigter, Rassie Erasmus, het sy eerste stap geneem om van die kandidate vir die Bokspan met die nuwe afrigtingstrukture vertroud te maak.
Superrugby: Draai die horlosie maar terug
Dit was nie die naweek waarop die Springbokafrigter, Rassie Erasmus, gehoop het nie, want daar was slae vir die Stormers, Bulls en Lions in die Superrugbyreeks.
Saru se ‘geheim’ is uit: Rassie rig die Bokke af
Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) se swaks bewaarde geheim is uit.
Rassie se pad besaai met dorings
Daar is ʼn hele paar spoedhobbels in die pad van die waarskynlike Springbokafrigter, Rassie Erasmus, voordat hy sy Springbokspan kan aanwys en voorberei vir die onsinnige toets teen Wallis op 2 Junie in Washington DC.
Sesnasies: Nie te veel pitkos vir Rassie-hulle nie
Die direkteur van rugby en heelwaarskynlik ook Springbokafrigter, Rassie Erasmus, sou nie Saterdagaand op Twickenham te veel wys geword het toe Engeland vir Wallis met 12-6 in die Sesnasiesreeks geklop het nie.
Rassie se Springbok-waagstuk
Rassie Erasmus het geen gras onder sy voete laat groei sedert hy verlede jaar in November in sy pos as die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) se direkteur van afrigting ingeval het nie.
Bokke glo teen Munster, maar Rassie krap klubbase om
Daar was die afgelope week heelwat verwikkelinge met Suid-Afrikaanse raakpunte by Munster, Rassie Erasmus se voormalige klub in Ierland waar Johann van Graan nou die hoofafrigter is.
Nog Bokke op pad oorsee?
Dit gaan een van die Rassie Erasmus se grootste hoofpyne wees: om te keer dat al hoe meer Suid-Afrikaanse spelers in die buiteland gaan speel.
SA afrigter straks Rassie se opvolger by Munster
Dit lyk na ʼn uitgemaakte saak dat die Suid-Afrikaanse bande met Munster in Ierland behoue sal bly na Rassie Erasmus se vertrek na Suid-Afrika waar hy as SA Rugby se direkteur van rugby aangestel is.
Rassie: SA Rugby bevestig sy aanstelling as direkteur van rugby
Die wekelange bespiegeling of Rassie Erasmus terugkeer na Suid-Afrika toe is Vrydag deur SA Rugby bevestig: hy is op pad.
Die dag wanneer ʼn diamant ontdek word
Hulle praat van dáái oomblik, wanneer jy die eerste keer ʼn speler met uitsonderlike talent sien speel.
Rassie en Jacques lag nou baie lekker
Een van die grootste foute wat Suid-Afrikaanse rugby begaan het, was om Rassie Erasmus deur sy net te laat glip.
Rassie op Ben Smith se spoor
As Rassie Erasmus eers op jou spoor is, laat hy nie los nie.
DJ Rassie maak indruk by Munster
Ek wonder of Rassie Erasmus sy nuwe Ierse provinsie, Munster, van sy dae as “DJ Rassie” sal vertel.