Adjunkhoofregter Raymond Zondo moet streng optree teen oudpresident Jacob Zuma wat vandag ʼn sitting van die Zondo-kommissie sonder toestemming verlaat het.
Alles vir die sleutelwoord "Raymond Zondo"
Zondo sê eers Donderdag oor Zuma-aansoek
Zuma het intussen ʼn beëdigde verklaring by die kommissie ingedien wat die voorsitter eers moet oorweeg.
Zondo sê vanoggend oor Zuma-aansoek
Adjunkhoofregter Raymond Zondo het Maandag ontken dat hy en Jacob Zuma vriende is.
Zondo: ‘Ek en Zuma is nie vriende’
Zondo het by die aanvang van die verrigtinge ʼn verklaring voorgelees rakende sy persoonlike verhouding met Zuma.
Zondo breek stilte oor ‘familiebande’ met Zuma
Zuma se regspan het vroeër gevra dat Zondo hom aan die kommissie onttrek, onder meer weens sogenaamde geskiedkundige familiebande.
Zuma eis dat Zondo hom onttrek
Zondo se beweerde vooroordeel teenoor Zuma spruit glo uit hulle “historiese persoonlike, familie- en professionele bande” wat die voorsitter in die openbaar moes onthul voordat hy sy aanstelling aanvaar het.
Hierdie week se hoogtepunte by die Zondo-kommissie
Grootskaalse beweerde korrupsie in KwaZulu-Natal, getuienis oor hoe die Gupta-familie se koerant, The New Age, deur staatsbeheerde ondernemings in stand gehou is en ‘n waarskuwing aan oudpres. Jacob Zuma, was van die hoogtepunte uit die urelange sittings van die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping hierdie week.
Zondo gaan voort, met of sonder Zuma
Sedert openbare verhore in Augustus 2018 begin het, is die getuienis van meer as 150 mense aangehoor en is meer as 27 000 bladsye transkripsies ingedien.
Zuma glo te siek vir Zondo-kommissie
Oudpres. Jacob Zuma is te siek om voor die Zondo-kommissie na staatskaping te verskyn, het die oudpresident se regspan vandag voor adjunk-hoofregter Raymond Zondo gesê.
Zondo moet besluit of Zuma gedagvaar word
Die Zondo-kommissie van ondersoek het oënskynlik genoeg gehad van oudpres. Jacob Zuma se knaende uitsteltaktiek.
Duduzane Zuma in Zondo-soeklig
Oudpres. Jacob Zuma se seun het vandag voor die Zondo-kommissie van ondersoek verskyn en het sý weergawe van gebeure gegee te midde van bewerings dat hy die sogenaamde Gupta-koppelaar was in bewerings van staatskaping wat teen politici en die Guptas gemaak word.
Zondo-kommissie hoor raadslede meng wél in by SAUK-besluite
Die raad het gevra vir voorbeelde van inmenging, waarop die drie voorbeelde gegee van onder meer ʼn staatsbeheerde instelling wat ʼn e-pos aan ʼn programvervaardiger gestuur het en aangedring het op ʼn onderhoud met sy uitvoerende hoof – wat ook ʼn SAUK-raadslid is.
Kommissie se kennisgewing nooit aan Watson bestel
Ondanks pogings om die kennisgewing aan Watson te bestel, is dit egter nie voor sy dood gedoen nie.
Zondo hoor Magashule het regbank in sy sak gehad
“Daar wás tekens, maar ons het hom steeds beskerm. Dit het ontwikkel tot ʼn kultus in die Vrystaat. As ons dit destyds in die kiem gesmoor het, was ons vandag moontlik nie hier nie, voorsitter.”
Motsoeneng aan Zuma: ‘Ek het jou gewaarsku’
“Ek het vir hom gesê hierdie mense gaan hom in die tronk stop. Ek het hom gewaarsku en steeds is hy lief vir hulle.”
Naam van Zondo se broer by staatskapingondersoek genoem
Die Zondo-kommissie het Donderdag gehoor regter Zondo se broer, adv. Mxolisi Zondo, se naam word glo in McBride se getuienis vervat.
Duarte ontken Agrizzi se bewerings van omkopery
Jessie Duarte, adjunk-sekretaris-generaal van die ANC, ontken bewerings deur die voormalige uitvoerende bedryfshoof van Bosasa dat die maatskappy die ANC se topleierskap omgekoop het.
Parlementêre voorsitter by Bosasa-omkopery betrek
Angelo Agrizzi, voormalige uitvoerende hoof van Bosasa, wat van korrupsie beskuldig word, het Vrydag vinger gewys na die senior ANC-LP, Cedrick Frolick. Hy beweer Frolick het omkoopgeld ontvang.
Dreigemente sal Agrizzi nié stuit
Die fluitjieblaser en voormalige uitvoerende hoof van Bosasa ontvang glo voortdurend dreigemente, onder meer ook ʼn brief in Zoeloe wat op die voorruit van sy motor gelaat is.
Zondo-kommissie stel ultimatum aan Vrystaatse regering
“Ons word beperk en kan nie die belangrike inligting wat die provinsie se regering belowe het, kry nie.”