ʼn Beroep is op “Afrikaanses, Afrikaners, Boere en Blankes” gedoen om 10 Oktober ʼn landwye wegbly-aksie te steun.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Red October"
Nuuskommentaar: Is Afrikaners skaam vir die verlede en bang vir die toekoms?
Gaan die Afrikaner op 10 Oktober hom in ’n demonstratiewe aksie vir die dag suksesvol aan die ekonomie onttrek kry? Of gaan dit weens ’n gebrek aan aktiewe en volmondige steun grootliks ’n galmende simbaal word?
Steve Hofmeyr by Menseregtekommissie aangekla
Die Menseregtekommissie (MRK) het Woensdag gesê dat daar ʼn klagte teen Steve Hofmeyr, Afrikaanse sanger en aktivis, ingedien is weens opmerkings wat hy tydens 10 Oktober se Red October-veldtog by die Uniegebou gemaak het.
Nuuskommentaar: Red Rooi Oktober minderheidsregte?
Politieke korrektheid het met Rooi Oktober ‘n witwarm patat onder Suid-Afrikaanse meningsvormers ingewerp, en die gevolg is soos ‘n tjommel-Curriebekerwedstryd w
aar dit lyk of beide spanne die heel week aanslane geoefen het.
Sunette Bridges mobiliseer gemeenskappe wêreldwyd vir ‘Red October’
Die sangeres Sunette Bridges het besluit om op 10 Oktober ʼn internasionale massa-optrede van stapel te stuur om bewusmaking te skep.