Geen draaiboekskrywer sou die afgelope week se plaaslike nuusgebeure in ‘n fliek tot sy reg kon laat kom nie. Elke keer as jy dink nou kan dinge nie nóg vreemder nie, maak die storielyn in onse Suid-Afrika van 2017 ‘n nuwe, bisarre kinkel, skryf Susan Lombaard.
Alles vir die sleutelwoord "Redakteursbrief"
Redakteursbrief: Sonde met die (Spur-)bure
Dit laat my dink aan sonde met die bure, want sonde met die bure anderkant die geëlektrifiseerde sekuriteitsheining verskil nie veel van sonde met die bure by die tafel oorkant die paadjie in die Spur nie, skryf Susan Lombaard.
Redakteursbrief: Ek wens vir jou ‘n eetkamertafel
Ons is ʼn eg stedelike gesin wat ly aan al die stedelikegesin-kwale: ons hol verby mekaar, weet dikwels nie wat in mekaar se lewe aangaan nie, is gedurig besig om skedules te probeer sinchroniseer (met min sukses) en ry in aparte motors na afsprake en selfs kerk toe, bloot omdat ons program dit dikwels nie toelaat om saam van die huis af te ry nie, skryf Susan Lombaard in haar redakteursbrief.
Redakteursbrief: Hoop ten spyte van vlaag plaasaanvalle
Die resultate van ʼn navorsingstudie wat Maroela Media in 2016 gedoen het om Afrikaanssprekendes se moraal te probeer bepaal, beaam wat ons reeds weet, skryf Susan Lombaard in haar redakteursbrief.
Redakteursbrief: Die staatsrede, Rome wat brand, “honourable members” en respek
ʼn Groot geraas in die parlement, teenoor ʼn stil verslaentheid op Loftus… Susan Lombaard neem die afgelope week se gebeure in oënskou.
Redakteursbrief: “Vals nuus” en ons belofte aan jou
Volgens Effective Measure het Maroela Media in Januarie vanjaar ʼn lesersgroei van 30% oor die afgelope jaar gehad. Maar waarom hou ons gratis hierdie Maroela-monster aan die gang? En hoe oorleef ons finansieel?
Redakteursbrief: Dankie, Here, vir die reën
Onder die boom voor die venster waar ek sit en werk aan my einde van die jaar-direksieverslag is ʼn verbleikblombos. Dit blom vanjaar met oorgawe, vir die eerste keer vandat ek dit tien jaar gelede daar geplant het, skryf Susan Lombaard in haar redakteursbrief.
Redakteursbrief: Só klink Coenie, vyf jaar later
En as dié redakteursbrief klink soos ’n lofsang aan ’n album en ’n Afrikaanse kunstenaar, dan is dit hoe dit is, skryf Susan Lombaard.
Redakteursbrief: Kom huis toe dié Kersfees
Hulle kom kuier so een keer ʼn jaar in Suid-Afrika. Dan word haar 8-jarige seuntjie ʼn nuwe kind, vertel sy. Die stil Engelse seuntjie word ʼn Afrikaanse babbelbek. Hy hardloop kaalvoet buite rond, swem in yskoue buitelugswembaddens en vang paddas en sprinkane. En as hy terug is in Engeland, skryf hy skoolopstelle oor “bugs”, “sunshine” en “snails”. Sy huis is daar, maar sy tuiste is hier, skryf Susan Lombaard.
Redakteursbrief: My driestap-oorlewingsplan vir die chaos in ons land
Ons moet onsself deesdae soms knyp om seker te maak ons is wakker wanneer ons na die nuus kyk. Dis regtig bisar, skryf Susan Lombaard in haar redakteursbrief.
Redakteursbrief: Nie alle jonges brand af nie
In ʼn week wat die #FeesMustFall-chaos en verwoesting op kampusse oor die land heen nuwe laagtepunte bereik, ontmoet ek ʼn handjievol jongmense wat my vrese vir die jeug stuk-stuk besweer, skryf Susan Lombaard in haar redakteursbrief.
Redakteursbrief: Die gewoongeit van mense
Want te midde van die doodgewoongeit van so ʼn kuier met mense wat ek skaars ken, word ek telkens geroer oor die harte wat in doodgewone mense skuil, skryf Susan Lombaard.
Redakteursbrief: ʼn Eg Suid-Afrikaanse, alledaagse sepie-dag
Ek het ʼn eg Suid-Afrikaanse week agter die blad. Al die elemente van ʼn goeie spanningsverhaal was daar: misdaad, internetbedrog, rassevooroordeel, lagwekkende swak diens, misverstande weens elektroniese kommunikasie en onprofessionaliteit, skryf Susan Lombaard.
Redakteursbrief: “Ek droom oor ʼn radiostasie vir my gemeenskap”
Altesaam 51 mense van Afrikaanse gemeenskapsradiostasies oral oor die noordelike deel van die land is gister en vandag by mekaar by Maroela Media se vyfde gemeenskapsradiostasieseminaar. Hierdie klink na ʼn doodgewone inleidende sin vir ʼn redakteursbrief, maar dit is glad nie – dis gelaai met betekenis, skryf Susan Lombaard.
Redakteursbrief: Vyf jaar later: Mylpale wat mens nie kan meet nie
Die waarheid is, vyf jaar en 1 miljoen lesers beteken niks as dit nie mense se lewe geraak het nie, skryf Susan Lombaard in haar redakteursbrief aan jou.
Redakteursbrief: Hier’s die Maroela-app waarvoor jy gewag het (en dis gratis)
Toe ons jongste, amper 7, anderdag ʼn gewone lessenaarrekenaar sien, sê hy: “Mamma, is dit ʼn outydse rekenaar?” As mens ʼn digitale mediahuis is in die tyd waarin ons lewe, is dit nogal ʼn uitdaging om nie “outyds” te word nie.
Redakteursbrief: Dankie aan jóú – een van Maroela se 1 miljoen lesers
Ons vier vandag by Maroela Media ʼn groot mylpaal: meer as 1 miljoen lesers het in Junie vanjaar Maroela Media gelees. Dis die eerste keer dat Maroela die 1 miljoen-kerf verbysteek. Lees Susan Lombaard se redakteursbrief.
Onafhanklike media sal nie stilbly nie
Hlaudi Motsoeneng, bedryfshoof van die SAUK, se aankondiging vroeër vandeesmaand dat die SAUK nie meer beelde of klank gaan uitsaai van stakers wat openbare eiendom beskadig of aan die brand steek nie, het gister tande gekry, skryf Susan Lombaard.
Redakteursbrief: Lesse van my onkonvensionele pa
“Ek het ‘n onkonvensionele pa,” skryf Susan Lombaard in haar redakteursbrief. Lees gerus dié huldeblyk aan haar pa en vertel ons sommer hier in die kommentaar meer oor jou eie pa.
Redakteursbrief: Reeva-foto’s – Só het Maroela besluit
Maroela Media gaan nie die foto’s van Reeva Steenkamp se moordtoneel wat aan die publiek en media beskikbaar gestel is, plaas nie.