Ongelukkig het Suid-Afrika ’n hele aantal diere op die bedreigde spesie-lys, soos die Kaapse aasvoël, die Afrika-wildehond en die Knysna-seeperdjie, om maar net ’n paar te noem. En terwyl elkeen van hulle ons aandag verdien, bevind een spesie hom midde-in ’n oorlog… die renoster.
Alles vir die sleutelwoord "renosterhoring"
Vier van renosterhoring-sindikaat gevonnis
Die vier beskuldigdes, Joseph Albertus du Plessis (71), sy vrou, Johanna du Plessis (55), Yansen Fenc en Liu Li Hong is in die Middelburg-streekshof gevonnis.
Stropery: Beter jaar vir renosters, olifante steeds geteiken
Daar was ʼn geringe afname in die aantal renosters wat plaaslik in 2017 gestroop is, maar die kommerwekkende tendens van stropers wat nou toenemend hulle visier op olifante rig, het ongelukkig vergroot.
Verward oor plaaslike handel in renosterhoring? Ek was ook!
Maar soos met alles sal net tyd leer of daar wel ʼn plaaslike mark vir renosterhoring is.
Miljoene rande se dwelms en renosterhorings by OR Tambo gevind
Twee verdagtes is in twee onverwante voorvalle by die Internasionale Lughawe OR Tambo in hegtenis geneem nadat daar op dwelms en renosterhorings ter waarde van miljoene rande beslag gelê is.
Renosterhoringverkope swakker as verwag
ʼn Wettige renosterhoringveiling wat uit Suid-Afrika aangebied is, het nie die aantal kopers gelok wat verwag is nie, het die organiseerders Sondag gesê.
Duisende wil bie op aanlyn veiling van renosterhorings
Die bekende renosterboer John Hume se aanlyn veiling van opgepotte renosterhoring sal na verwagting Woensdag om 14:00 afskop en tot Vrydag duur terwyl duisende bieërs reeds aangedui het hulle wil aan die veiling deelneem.
Hof gee groen lig vir veiling van renosterhorings
Edna Molewa, die minister van omgewingsake, het vanoggend ʼn permit vir die plaaslike verkoop van renosterhorings aan John Hume met streng voorwaardes uitgereik nadat hy ʼn hofbevel in dié verband bekom het.
Renosterhorings op wildsplaas gesteel
Die Oos-Kaapse polisie is op soek na vier verdagtes wat Donderdag twee renosterhorings van ʼn wildsplaas in die Uitenhage-gebied gesteel het.
Ondersoek na minister se ‘renoster-bande’ afgelas
Die selferkende Chinese renosterhoringsmokkelaar wat verlede jaar beweer het David Mahlobo, minister van staatsveiligheid, is ʼn goeie vriend word vermis en die ondersoek na die bewerings is glo afgelas.
Nog renosterhoring op lughawe gekry
Die horings is in stukke opgesny.
‘Teesakkies’ toe eintlik renosterhoring
Doeane-beamptes van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het vandeesweek op 7 kg se renosterhoring by die OR Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg beslag gelê.
Vier vas vir renosterhorings in enjin
Die eienaar van die voertuig het glo weggehardloop en in die nabygeleë bosse probeer vlug, maar hy is gevang.
Verkope van renosterhoring sal gereguleer word, sê minister
Edna Molewa, die minister van omgewingsake, het Donderdag gesê ʼn uitspraak dat renosterhoring plaaslik wettig verkoop mag word, beteken nie dat dit ongereguleerd sal gebeur nie.
Verkoop van renosterhoring nou wettig in SA
Die konstitusionele hof het die departement van omgewingsake se versoek om te appelleer teen ʼn vroeëre bevel dat die moratorium op plaaslike handel van renosterhoring gelig moet word, verwerp.
Namibië ondersoek lughawe ná renostersmokkel-skandaal
Owerhede in Namibië het bevestig dat die 18 renosterhorings, wat deur ʼn man van China van Namibië na Suid-Afrika gesmokkel is, inderdaad deur lughaweskandeerders in dié land opgemerk is.
Nóg Namibiërs in hegtenis oor renosterhorings
Dié twee is in hegtenis geneem net twee weke nadat twee ander Namibiese sakemanne in Zambië in hegtenis geneem is.
Minister na konstitusionele hof oor renosterhoring
Edna Molewa, die minister van omgewingsake, het gesê die verbod op plaaslike renosterhandel geld vir eers steeds aangesien sy haar nou tot die konstitusionele hof gewend het om haar saak te beveg.
STROOP: Op pad na die geheime ontmoeting met ʼn renosterhoring-verbruiker
Bonné de Bod en Susan Scott, die vervaardigers van die dokumentêre fliek STROOP, skryf in dié rubriek oor hul ervaring met die gebruikers van gestroopte renosterhoring in Hanoi in Viëtnam.
Verbod op plaaslike renosterhandel opgehef
Twee wildsboere het na ʼn jarelange hofstryd daarin geslaag om die handel in renosterhoring in Suid-Afrika te wettig.