Die minister van omgewingsake het Sondag gesê die aantal persone wat in verband met renosterstropery in hegtenis geneem word het beduidend toegeneem, terwyl die aantal renosters wat gestroop word, afneem.
Alles vir die sleutelwoord "Renosterstropery"
Nog twee renosters in Limpopo doodgemaak
Twee renosters is dood nadat hulle Saterdag in die vroeë oggendure in Rooiberg, Limpopo, deur stropers geskiet is.
Vier vas oor ‘beplande renosterstropery’
Cassie Steyn, Gilbert Chalmers, Phillip Ndlovu en Fanaloti Lekhuleni het Donderdag in die Hoedspruit-landdroshof verskyn.
Agt vermeende stropers in hul spore gestuit
Agt vermeende renosterstropers is oor die naweek in drie afsonderlike voorvalle in Limpopo in hegtenis geneem.
Wêreldveldwagterdag: Dis ʼn oorlog!
“Hierdie manne en vroue is dag en nag op die spoor van stropers en hulle weet nie of hulle die einde van die dag gaan sien nie, of hulle weer saam met hulle gesinne sal wees nie…”
Veldwagter, veeartstegnikus vas vir stropery
ʼn Veldwagter in die Krugerwildtuin is Woensdag saam met ʼn staatsveeartstegnikus in hegtenis geneem in verband met renosterstropery.
SANParke kry wapenskenking vir geveg teen renosterstropery
Die wapenvervaardiger Milkor het Donderdag SANParke met ʼn wapenvoorraad van 40 mm-onderloop-granaatlanseerders (UBGL) voorsien in die geveg teen renosterstropery.
[Video] STROOP: Hope, die renoster wat wêreldwyd mense aangegryp het
“Ek voel so bevoorreg om oogkontak te maak met hierdie dier wat lelik gemaak en geskend is deur die mens se gierigheid, maar wat so mooi is danksy haar wil om te oorleef.”
Help om renosters tydens volmaan op te pas
Die volmaantydperke word in renosterkringe selfs die stropersmaan of bloedmaan genoem weens die groot verlies van renosters.
Nog ʼn wildtuin-veldwagter vas vir stropery
Nog ʼn veldwagter van die Krugerwildtuin is Dinsdag op ʼn aanklag van renosterstropery in hegtenis geneem.
Wildbewaarders vas oor renosterstropery
Twee wildbewaarders het Maandag in die Bosbokrand-landdroshof verskyn nadat hulle glo met vier renosterhorings, ter waarde van ongeveer R2 miljoen, betrap is.
Drie vas oor ‘onlangs-gestroopde’ renosterhoring
Drie mans het Maandag in die Grahamstad-landdroshof verskyn nadat hulle in verband met renosterstropery in hegtenis geneem is.
[Video] ‘Dís hoekom ons renosters onthoring …’
Waarskuwing: Die video in die artikel kan sensitiewe kykers ontstel.
Polisieman help glo renosterhoring verkwansel
ʼn 39-jarige polisiebeampte van Mpumalanga is in hegtenis geneem nadat hy glo reëlings getref het om ʼn renosterhoring te verkoop.
Luister: Hoe renosters deur lugbesoedeling in China geraak word
Lugbesoedeling in China het ‘n impak op renosters in Suid-Afrika en elders in die wêreld.
Rietvlei-renosters se horings verwyder
Die oorblywende renosters in die Rietvlei-natuurreservaat se horings sal verwyder word nadat twee renosters in die reservaat gestroop is.
Renosters gestroop: Rietvlei-natuurreservaat gesluit
Die stadsraad van Pretoria het bevestig die Rietvlei-natuurreservaat is tot verdere kennisgewing gesluit. Twee renosters, waaronder ʼn koei wat dragtig was, is Donderdag in dié reservaat gestroop.
Renosters in Pta-natuurreservaat doodgemaak
Twee renosters is Donderdagaand in die Rietvlei-natuurreservaat in Pretoria doodgemaak.
[Foto’s] Renosterkalfie ná dae alleen gered
ʼn Ses maande oue renosterkalf was dae lank op ʼn plaas naby Hoedspruit in Limpopo aan haar eie genade oorgelaat nadat haar ma vermoedelik deur stropers doodgeskiet is.
STROOP: Op pad na die geheime ontmoeting met ʼn renosterhoring-verbruiker
Bonné de Bod en Susan Scott, die vervaardigers van die dokumentêre fliek STROOP, skryf in dié rubriek oor hul ervaring met die gebruikers van gestroopte renosterhoring in Hanoi in Viëtnam.