Vyf mans, onder wie drie Mosambiekse landsburgers, sal na verwagting Maandag in die Thabazimbi-landdroshof verskyn nadat hulle glo oor die naweek ʼn renoster vir sy horings wou doodmaak.
Alles vir die sleutelwoord "Renosterstropery"
Drie ‘renosterstropers’ vas ná skoot
Wildbewaarders van die Klaserie-natuurreservaat naby Hoedspruit in Limpopo het Dinsdagmiddag drie vermeende renosterstropers vasgetrek.
Man stap 922 km om renosters te red
Daniel Fenton, ʼn 22-jarige wildbewaarder by die &Beyond Phinda- private wildreservaat in die noorde van KwaZulu-Natal, het op 1 Mei sy staptog van 922 km van dié reservaat tot by die Ramatlabama-grenspos na Botswana begin ten bate van die bewusmaking van die renosterstroperkrisis in Suid-Afrika.
Vyf vas vir renosterstropery
Vyf verdagtes is in hegtenis geneem in verband met ʼn voorval verlede maand toe twee renosters vir hul horings doodgemaak is op ʼn plaas in Hartbeesfontein, Noordwes.
Drie vas oor renosterhorings in kattebak
Drie verdagtes sal na verwagting Dinsdag in die Brits-landdroshof in Noordwes verskyn op aanklag van die onwettige besit van renosterhorings.
Radebe: ‘SA sal nie renosterhandel wettig’
Suid-Afrika sal nie die handel in renosterhoring wettig nie, maar voortgaan om sy teenstropingstrategieë by die landsgrense op te skerp, het Jeff Radebe, die minister in die presidensie, Donderdag gesê.
[Luister] ‘STROOP’: ʼn eerlike blik op renosterstropery
ʼn Nuwe dokumentêre rolprent, Stroop, bied ʼn ongesensureerde blik op die renosterstropingkrisis in Suid-Afrika. Bonné de Bod, bekende 50/50-aanbieder, onderneem in dié fliek verskeie besoeke na Suid-Afrika se nasionale parke, wildreservate, plase, hospitale en selfs na Asië om die skandaal oop te vlek op soek na oplossings.
Verdagtes met ses gesteelde jaggewere betrap
Die Limpopo-polisie het op drie verdagtes toegeslaan en beslag gelê op ses hoë kaliber jaggewere wat onlangs op ʼn plaas naby Modimolle (Nylstroom) gesteel is.
Twee vroue ‘STROOP’ renosterkrisis tot op die been
Die storie oor ons renosters is te belangrik om enige skote of aksie te sensor of “sagter” te maak vir enigiemand se gehoor.
Valke vang 8 in ʼn week oor renosterhorings
Altesaam agt verdagtes is vandeesweek deur die Valke in Mpumalanga in twee afsonderlike voorvalle in hegtenis geneem nadat onwettige renosterhorings in hul besit gevind is.
Twee renosters in wildreservaat gestroop
Twee witrenosterkoeie is Donderdag in die vroeë oggendure by ʼn wildreservaat in die Oos-Kaap deur stropers doodgemaak.
SAʼners hardloop ‘London Undergrond’ vir renosterstropery
Twee gewese Suid-Afrikaners, wat tans in die buiteland woon, gaan deur Londen se ondergrondse metro, wat bestaan uit 400 km spoorlyne en 270 stasies, hardloop om fondse in te samel vir die stryd teen renosterstropery in Suid-Afrika.
Renosterstropery: Vier verdagtes gewond
Vier verdagtes is onder polisiebewaking in ʼn KwaZulu-Natalse hospitaal nadat hulle in ʼn skietgeveg met die polisie en wildbewaarders van Ezemvelo Wildlife gewond is.
Hommeltuie ingespan in geveg teen stropery
Die Krugerwildtuin en verskeie vennote gaan miljoen rande in tegnologie, waaronder hommeltuie, belê om stropers in die wildtuin op te spoor.
Man wil 200km draf teen renosterstropery
Die Tafelronde van Witbank het pas ʼn projek van stapel gestuur wat sal help om by te dra tot pogings om renosterstropery te bekamp.
Man vas oor renosterhoring in sy besit
ʼn 41-jarige man is Dinsdag in Kaapstad in hegtenis geneem toe ʼn renosterhoring in sy besit gevind is.
Uit die voorste linies
Net voor die laaste volmaan van 2015 was ek een aand vroeg op patrollie saam met drie veldwagters en ’n hond. Ons was in ’n droë rivierbedding in een van die digbevolkste renostergebiede.
Man vas ná hy glo renosterhoring aan Pta-polisieman wou verkoop
ʼn Polisebeampte van die Bronkhorstspruit-honde-eenheid, oos van Pretoria, het Woensdag ʼn verdagte aangekeer wat ʼn renosterhoring wou verkwansel.
Groot deurbraak in renosterstropery
Twaalf verdagtes, waaronder drie polisiebeamptes, is in verband met beweerde renosterstropery in hegtenis geneem.
Polisieman vas wat glo by renosterstropery betrokke is
ʼn Polisiebeampte wat daarvan verdink word dat hy saamgespan het met sindikate wat betrokke is by renosterstropery, is Woensdag in hegtenis geneem.