Die gediskrediteerde voormalige polisiekommissaris, genl. Riah Phiyega, is onlangs as ʼn voortsettingsverteenwoordiger by die mediese skema vir polisielede, Polmed, aangestel
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Riah Phiyega"
Phiyega moet summier afgedank word
AfriForum dring daarop aan dat lt.genl. Riah Phiyega, geskorste nasionale polisiekommissaris, summier – en sonder ʼn goue handdruk – afgedank word.
Phiyega-verslag nou by parlement
Indien Zuma besluit om Riah Phiyega in die pad te steek, sal sy die derde agtereenvolgende nasionale polisiekommissaris wees wat afgedank word.
Verslag oor Phiyega aan Zuma oorhandig
Pres. Jacob Zuma het Donderdag ʼn finale verslag ontvang oor genl. Riah Phiyega, geskorste nasionale polisiekommissaris, se geskiktheid om haar amp te beklee.
Verslag oor Riah Phiyega bekend gemaak
Die uitslag van die ondersoek of geskorste nasionale polisiekommissaris Riah Phiyega geskik was om haar amp te beklee, is Sondag bekend gemaak.
Kommer oor ondersoek na Phiyega sloer
Riah Phiyega, die nasionale polisiekommissaris, is reeds in Oktober 2015 met volle betaling geskors hangende ʼn ondersoek na haar bevoegdheid om haar amp te beklee.
Opod bring kriminele aanklag teen Phiyega
Die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod) het ʼn kriminele saak teen die geskorste nasionale polisiekommissaris, Riah Phiyega, en die voormalige Noordwes-polisiekommissaris oopgemaak teen die Marikana-slagting.
Ondersoek na Phiyega begin amptelik
Die presidensiële kommissie van ondersoek wat Riah Phiyega, geskorste polisiehoof, se bevoegdheid sal vasstel, het Maandag amptelik in werking getree.
Geskorste Phiyega kap polisieminister
Riah Phiyega, geskorste polisiehoof, het ʼn striemende aanval op Nathi Nhleko, minister van polisie, gedoen.
‘Hersien Phiyega se hele polisieloopbaan’
Die Demokratiese Alliansie het Sondag gesê die ondersoek oor beweerde wangedrag deur die nasionale polisiekommissaris, Riah Phiyega, moet uitgebrei word om ook verdere bewerings teen haar te ondersoek.
Phiyega skuldig aan bedrog, meineed
Riah Phiyega, geskorste nasionale polisiehoof, is skuldig bevind aan bedrog, meineed en wangedrag.
Nuuskommentaar: Phiyega, nou ook die res!
Sommer met die intrapslag met die skorsing van Riah Phiyega as polisiehoof toon die ANC sy oneerlikheid met die onlangs-verklaarde standpuntinname teen korrupsie. Op dieselfde dag word John Block, die Noord-Kaapse voorsitter van die ANC, skuldig bevind aan onder meer korrupsie, maar die ANC sê hy gaan eers ná die vonnisoplegging reageer.
Waarnemende polisiekommissaris aangestel
ʼn Waarnemende nasionale polisiekommissaris is aangestel nadat genl. Riah Phiyega Woensdag deur pres. Jacob Zuma uit dié pos geskors is hangende ʼn ondersoek.
Riah Phiyega se skorsing verwelkom
Talle partye het die skorsing van Riah Phiyega, nasionale polisiehoof, verwelkom.
Riah Phiyega geskors
Pres. Jacob Zuma het aangekondig dat hy Riah Phiyega, nasionale polisiehoof, geskors het.
Phiyega gee redes hoekom sy nie geskors moet word nie
Die nasionale polisiekommissaris, Riah Phiyega, het aan pres. Jacob Zuma redes verskaf waarom sy nie geskors moet word nie, hangende die resultaat van ʼn ondersoek na haar bevoegdheid om haar pos te beklee.
Kommissie sal Phiyega se optrede ondersoek
President Jacob Zuma het Dinsdag aangekondig ʼn raad van ondersoek is aangestel om die nasionale polisiekommissaris, Riah Phiyega, se geskiktheid om in haar pos te dien, te ondersoek.
Riah Phiyega nie geskors nie
Nathi Nhleko, minister van polisie, het Woensdag in die parlement gesê Riah Phiyega, nasionale polisiehoof, is nie geskors nie.
Polisiehoof se segsman gelooi deur LP’s
Die nasionale polisiehoof se woordvoerder het hom Vrydag in die spervuur bevind toe hy aan LP’s moes verduidelik hoekom ʼn mediaverklaring uitgereik is wat ʼn wanvoorstelling is van die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie.
Phiyega dalk geskors tydens ondersoek
President Jacob Zuma het Vrydagaand in ʼn verklaring bevestig hy het genl. Riah Phiyega in kennis gestel van sy voorneme om ʼn ondersoek teen haar in te stel.