Dahl is in 1990 in die ouderdom van 74 jaar oorlede nadat hy verskeie klassieke boeke soos “Fantastic Mr. Fox”, “The twits”, “The witches” en “The BFG” geskryf het.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Roald Dahl"
Boek: Fantastiese mnr. Vos
Mnr. Vos steel kos by die gemene boere Ben, Bart en Boon – een vet, een kort, een net vel en been.
Boek: Die GSR
Stel jou voor dat jy binnekort vir ontbyt geëet kan word, soos ’n reep spek in ’n vuurwarm braaipan met sissende vet gegooi kan word. Dit is presies wat Sophie vrees toe sy in die middel van die nag uit haar bed gegryp en weggedra word deur ’n reus met tennisbaan-treë en enorme groot ore.
Boek: Charlie en die groot glashyser
In hierdie storie bevind Mnr Wonka, Charlie en die hele Bucket-gesin hulself in die buitenste ruim!
Boek: Charlie en die sjokoladefabriek
Charlie Bucket hoor dat die wonderlike sjokoladefabriek se misterieuse eienaar, Willie Wonka, ’n Goue Kaartjie gaan gee wat ’n paar gelukkiges deur die hekke van die fabriek gaan neem.
Boek: Die Twakke
Mnr. Twak is ’n stink en mislike man met stukkies graanvlokkies en sardientjies in sy baard. Mev. Twak is ’n aaklige ou heks met ’n glasoog.
Boek: Matilda
Matilda se ouers het haar al baie verskriklike dinge genoem. Maar sy is eintlik ‘n genie en dis hulle wat onnosel is.
Boek: Marius se merkwaardige medisyne
Marius moet altyd sy ouma se medisyne onthou. Maar hy het spesiale planne vir haar elfuur-dosis – die soort onheilige planne wat net in ‘n Roald Dahl-storie kan uitbroei.
Boek: James en die reuseperske
Eendag ontmoet hy ‘n geheimsinnige ou mannetjie wat vir hom ‘n sak vol krokodiltonge met towerkrag gee – en so begin die avontuur van sy drome.