Zanu-PF het Sondagmiddag gesê dat Grace saam met “verskeie ander partyleiers” vervolg sal word.
Alles vir die sleutelwoord "Robert Mugabe"
Zimbabwe: Hoe lyk die toekoms nou?
Maroela Media het pas berig dat Emmerson Mnangagwa, die voormalige adjunkpresident wat onlangs die trekpas gekry het, as Zanu-PF se president aangewys is.
Robert en Grace Mugabe gepos
Pres. Robert Mugabe van Zimbabwe is Sondag uit sy amp onthef.
‘Ons sal betogers op Mugabe loslaat as hy nié bedank’
“Ons sal die skare na die hoofstad ontbied en hulle sal hul ding doen.”
Zanu PF vergader glo om Mugabe te pos
Christopher Mutsvangwa, leier van die Zimbabwiese oorlogsveterane, het Sondag bevestig dat dié party beoog om pres. Robert Mugabe van sy amp te onthef.
Mugabe kry glo dán trekpas, bevestig bronne binne party
ʼn Vloot motors het glo ná die aankondiging Mugabe se ampswoning verlaat.
‘Mugabe nié van plan om uit te tree nie’
President Robert Mugabe en sy vrou, Grace, “is gereed om te sterf vir dit wat reg is”.
[Foto’s] Mugabe moet nóú bedank, eis betogers
Volgens mediaberigte is die groep betogers nou van Harare na Highfields op pad. Die betoging is glo “vreedsaam” ten spyte daarvan dat “nie ʼn enkele polisielid in sig is nie”.
Duisende gaan opruk na Harare vir ‘beter leierskap’
Die Zimbabwiese weermag het in ʼn verklaring gesê hy sal die optog “ten volle ondersteun” uit respek vir vryheid van uitdrukking en beweging.
Asiel vir Mugabe is onwettig, sê Maimane
Mmusi Maimane, leier van die DA, het Vrydag gesê die regering sal die wet oortree indien hy wel besluit om asiel aan pres. Robert Mugabe toe te staan.
Die probleem met militêre staatsgrepe
Dinsdag en Woensdag was daar volop video’s en foto’s op sosiale media van militêre voertuie wat in ons buurland Zimbabwe aan die ander kant van die Limpoporivier aan die beweeg is.
Mugabe verskyn in openbaar
Pres. Robert Mugabe het Vrydag sy eerste openbare verskyning gemaak sedert die Zimbabwiese regering vroeër vandeesweek beheer van dié Afrika-land geneem het.
Nuuskommentaar: Mugabe en Zuma – deel van oplossing of probleem?
Is daar ’n beginselverskil om die grondwet te moet buig om van ’n president ontslae te raak wat al lankal volgens aansprake seniel of semi-seniel geword het, en om ’n president gepos te kry wat korrup is en sy land leeg suig?
Mugabe, weermaghoof vergader
ʼn Vergadering tussen pres. Robert Mugabe, Zimbabwe se beleërde 93-jarige president, en Constantine Chiwenga, die weermagbevelvoerder wat die “staatsgreep” in die land lei, het Donderdagaand tot net voor middernag geduur.
Mugabe gaan glo binnekort mag oorgee
Die inligting kom ná vorige berigte dat Mugabe, ondanks bemiddeling deur ʼn Katolieke priester om die 93-jarige staatshoof te help om met grasie sy amp te verlaat, steeds volhou hy moet aanbly as die land se enigste ware leier.
Spanning in Zim op ʼn mespunt
“Binne die Zanu-PF is dit duidelik dat Grace Mugabe se G40-faksie nie meer in beheer is nie.”
Zuma se afvaardiging na Zim nié weggewys, sê presidensie
Die Suid-Afrikaanse regering het Woensdagaand laat gerugte ontken dat pres. Jacob Zuma se afvaardiging na Zimbabwe deur die weermag weggewys is.
Grace Mugabe vlug glo uit Zimbabwe
Grace Mugabe, die Zimbabwiese presidentsvrou, het na bewering Woensdag uit die land gevlug te midde van berigte dat die weermag glo Dinsdag beheer oor Harare, die land se hoofstad, geneem het.
‘Gee vir Mugabe politieke asiel in SA’
Opposisiepartye het min of meer dieselfde reageer op die krisis in Zimbabwe maar met verskillende oplossings daarvoor vorendag gekom.
Mugabe en Zimbabwe: Tien vinnige feite
In die lig van die jongste gebeure en politieke verwikkelinge in Zimbabwe het Maroela Media ʼn paar vinnige feite oor die buurland en sy leier saamgestel: