Kenners het dit eens dat wat ook al nou noord van die Beitbrug-grenspos gebeur verreikende gevolge vir Suid-Afrika inhou. Lees wat kenners sê oor die gebeure wat tans in Zimbabwe afspeel.
Alles vir die sleutelwoord "Robert Mugabe"
Zim-weermag glo in beheer; staatsgreep steeds ontken
“’n Weermag-geleide oorgangsfase sal nou die weg baan vir ‘n vreedsame, vry en regverdige demokratiese verkiesing.”
Vrou wat Mugabe glo beledig hoor oor borgtog
Sy kan tot 20 jaar tronkstraf gevonnis word indien sy skuldig bevind word.
Mugabe pos sy adjunk
Dié jongste optrede teen Mnangagwa word volgens talle mediaberigte toegeskryf aan die Zimbabwiese presidentsvrou, Grace Mugabe, wat haar visier sterk op die presidentspos het.
Vrou dalk lank tronk toe in Zim
Haar inhegtenisname kom slegs ʼn maand nadat Zimbabwe die departement van aanlynveiligheid op die been gebring het in ʼn poging om kritiek oor Mugabe op sosiale media te monitor.
Mugabe nie meer WGO-ambassadeur ná herrie
Zimbabwiese president Robert Mugabe is van sy pos as welwillendheidsambassadeur van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) onthef nadat dié aanstelling wyd opslae gemaak het.
Mugabe kom sonder Grace in SA aan
Die Zimbabwiese president, Robert Mugabe, het Maandag glo sonder sy vrou, Grace, in Pretoria aangekom vir ʼn amptelike besoek.
Versterk Grace Mugabe só visier op presidentspos?
“Ek vra nou vir Mnangagwa [adjunkpresident] om dit stop te sit. Ek het al een keer vantevore vir Mujuru [die voormalige adjunkpresident] gewaarsku en sy het nie ag geslaan daarop nie. Waar is sy nou?”
Wit boere begin internasionale regsinisiatief teen Zimbabwe
“Sonder eiendomsreg en die oppergesag van die reg sal ons negatiewe trajek as ’n mislukte staat versnel.”
[Foto’s] Robert Mugabe land by Waterkloof-lugmagbasis
Zimbabwe se pres. Robert Mugabe het Woensdagaand by die Waterkloof-lugmagbasis in Pretoria geland.
AfriForum ondersoek stappe teen Mugabe
“AfriForum is van mening dat pres. Mugabe se optrede op ’n misdaad teen die mensdom neerkom.”
Grace sê Mugabe moet opvolger aanwys
Grace Mugabe, vrou van die 93-jarige Zimbabwiese president Robert Mugabe, het Donderdag gesê haar man moet ʼn opvolger aanwys, ʼn onderwerp wat Mugabe vroeër as taboe beskou het.
Mugabe se ‘grondhervormingsplaag’ ’n gevaar vir SA
Mugabe het aan sy Zanu-PF ondersteuners dit duidelik gemaak dat sy regering met hernude grondgrype teen die handjievol oorblywende wit boere in die land sal begin.
‘Mugabe slaap nie, hy beskerm net sy oë’
ʼn Woordvoerder het gesê die 93-jarige president Robert Mugabe van Zimbabwe slaap nie in vergaderings nie, hy beskerm net sy oë.
SA man by Mugabe se ampswoning gevang
Die Suid-Afrikaanse man is met nege patrone in sy besit in hegtenis geneem.
Robert Mugabe: Zimbabwe se lewenslange president
Wanneer Mugabe se lewenslange presidentskap gaan eindig, kan niemand natuurlik voorspel nie. Wat wel seker is, is dat Zimbabwe nooit weer sal terugkeer na die glorieryke dae wat hom een van die sterkste ekonomieë in Afrika gemaak het nie.
Afrika-unie: Nuwe voorsitter, nuwe geleenthede
Staatshoofde het hierdie week in die Ethiopiese hoofstad, Addis Abeba, byeengekom waar hulle Moussa Faki Mahamat, Tsjad se minister van buitelandse sake, as die nuwe voorsitter van die Afrika-unie (AU) aangewys het.
Gambië: “Pappa” vat toe eindelik die pad
Te maklik kom Afrikaleiers daarmee weg om op die oog af demokrasie in hul lande toe te laat, maar sodra hul magsbasis onder druk kom, eenvoudig enige metode gebruik om die mag te behou.
Leisels oorgee
Dit sal ʼn groot toets vir die ANC wees sou hulle in die 2019 algemene verkiesing minder as 50% van die steun geniet. Sal hulle bereid wees om afstand te doen van die mag of gaan hulle soos Jammeh in Gambië daaraan klou?
‘Demokrasie staan tussen ons en ANC-diktatuur’
Dis duidelik dat as Zuma en die ANC hul sin kry, Suid-Afrika ’n tipiese illiberale demokrasie sal word.