ʼn Hof in Verulam, KwaZulu-Natal, het Woensdag gehoor die staat sal die dienste van ʼn internasionale kenner oor terreur bekom in die saak van die vermoorde plantkundiges, Rodney en Rachel Saunders.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Rodney en Rachel Saunders"
Vermiste Kaapstad-egpaar: Vrou se liggaam ook geïdentifiseer
Rachel Saunders (64), wat saam met haar man, Rodney (73), op 8 Februarie vermis geraak het, se liggaam is ook geïdentifiseer. Die Saunders-egpaar was albei plantkundiges van Kaapstad en het in KwaZulu-Natal vermis geraak.
Vermiste Kaapstad-egpaar: Verdagtes hoor oor borgtog
Die staatsaanklaer het gesê die twee soek-en-beslagleggingsoperasies wat by die beskuldigdes se kleinhoewe gedoen is, het verskeie items opgelewer wat met Rachel Saunders se bankkaart gekoop is, met die strokies van hierdie items wat in een van die beskuldigdes se handsak gevind is.
Deurbraak in soektog na vermiste Kaapstad-egpaar
ʼn Woordvoerder van die Valke het gesê dié deurbraak beteken dat die “raaisel rondom die egpaar se verdwyning nou nader aan afsluiting is”.
Vermiste Kaapstad-egpaar: ‘Isis-verdagte’ verwerp regshulp
Al vier verdagtes staan tereg op aanklagte van ontvoering, aanranding, roof en moord rakende die raaiselagtige verdwyning van die plantkundiges, Rodney (73) en Rachel Saunders (64).
Nog geen teken van vermiste Kaapstad-egpaar
Die Valke het intussen reageer op bewerings dat een van die verdagtes glo erken het dat hy die egpaar vermoor en gewys het waar hy die liggame gestort het.
Vermiste Kaapstad-egpaar: Hof hoor oor ‘moordkomplot’
“Op 10 Februarie het hy [Del Vecchio] aan haar [Patel] en Bazooka genoem dat daar ʼn bejaarde egpaar in die woud is, dat die egpaar ʼn “goeie jag” is en dat hulle toerusting het. Die gesprek het tussen die beskuldigdes voortgegaan en later het Del Vecchio bevestig dat hy die teikens het.”
Drie in hof oor vermiste Wes-Kaapse egpaar
Die drie verdagtes wat verbind word met die verdwyning van Rodney (73) en Rachel Saunders (64), albei plantkundiges van die Wes-Kaap, gaan na verwagting Dinsdag om borgtog aansoek doen.
Bloed in motor van vermiste Wes-Kaapse-egpaar gevind
Die Wes-Kaapse egpaar is glo op 12 Februarie ontvoer en word sedertdien vermis.
Vermiste egpaar geïdentifiseer; nóg een vasgetrek
Die Wes-Kaapse egpaar, wat ook Britse burgerskap het, se voertuig is sowat 300 km van waar hulle vermis geraak het, gevind.
2 se verdwyning ‘hou dalk verband met terreur’
ʼn Landwye soektog na die paartjie is vandeesweek van stapel gestuur.