“Liefde genees” is die jongste titel van die skrywer Malene Breytenbach, wat al duskant 50 romanzas geskryf het.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Romanza"
Wen: Lank leef die liefde, meer as 120 Romanza-titels later
Sommiges verslind dit. Ander trek hul neuse daarvoor op. En dan is daar die groep wat dit skelm en stilletjies lees, amper asof dit ʼn sondige plesiertjie is.
Wen: Liefdesverhale vir die vakansie
Wonder jy nog watter liefdesromans op jou Desember-leeslys hoort? Romanza se jongste boeke het pas verskyn en jy kan dit wen.
Boek-uittreksel: Omdat ons saam is
‘Omdat ons saam is’ is deel van Lapa Uitgewers se Romanza-versameling en bied ideale leesstof vir diegene wat versot is op liefdesverhale.
Boek: Romanza, hier is van die jongste liefdesverhale
Lapa Uitgewers se Romanza-versameling vier vanjaar sy 15de bestaansjaar. Hier is die jongste titels in dié reeks.
Cecilia Steyn gesels oor liefdesverhale en skryfinspirasie
“Die skryf van liefdesverhale is vir my net so terapeuties as om dit te lees. Dit het my dan gehelp met my leënessindroom.”
Isa Konrad oor spanningsverhale en Afrikaanse skryfwerk
‘Moord op Karibib’ is so reg in die kraal van mense wat Agatha Christie se slim speletjies met leidrade geniet het.
Liefde is in die lug
Iets blink in die sonlig toe sy haar arms beweeg en hy staar geskok na die ring met die reusediamant aan haar ringvinger. Sy hart mis ’n slag en hy sluk droog.
[Video] Romanza se nuwe ridder
Hoe voel hý oor al die aandag? Sean meen dit is ʼn eer om gekies te word.
Hier is die ware Romanza Ridder!
Die splinternuwe Romanza Ridder is aangekondig! Hy het ʼn hart van goud, ʼn “six-pack” van staal en kan enige vrou laat swymel met beide sy “looks” en sy persoonlikheid!
Romanza-boek van die week: Van altyd af
Lindie en Adam het langs mekaar grootgeword. Nou is hulle volwasse en woon in dieselfde huis. Hulle is soos broer en suster, maar ’n vakansie in Marokko verander alles. Sal Adam Lindie se hart kan verower?
Romanza-boek van die week: Teen haar beterwete
Jossie Tredoux is ʼn dominee wat haar nie deur konvensies aan bande laat lê nie. Die streng nuwe skoolhoof se manier van doen bots met haar spontane benadering. Maar hy het ʼn swak plek: sy seuntjie Denzil, die appel van sy oog.
Romanza-boek van die week: Die rooikop se lot
Karlien trek die kortste lootjie van die verpleegsters by die kliniek. Nou moet sý die befoeterde man met die gebreekte been in kamer sestien versorg. En hy is moeilik! Maar ook so aantreklik …
Romanza-boek van die week: Sy hart se lens
Deliah Brink moet ’n artikel skryf oor haar jeugliefde se verlowing aan ’n sepiester. Maar terwyl sy die verwerping van haar jeugliefde verwerk, maak fotograaf Frank Wells ’n blywende indruk op haar hart.
Romanza-boek van die week: Ná die winter
Milan verhuis van Bloemfontein na Standerlaagte om weg te kom ná ’n gebroke verhouding. ’n Gasteplaas in die middel van nêrens en ver weg van mans af, klink ideaal, maar sy het nie die aantreklike Niklaas Stander daar verwag nie.
Romanza-boek van die week: Kortpad na haar hart
Marna besluit om haar nuwe buurman, Braam, ’n les te leer. Sy wat boerin is, staan terug vir niemand nie … maar toe sy hom die eerste keer sien, weet sy hier is moeilikheid, want haar hart roep na syne.
Romanza-boek van die week: Die stadsjapie se moses
Heléne vlug na haar grootouers se plaas waar sy hoop om nooit weer ʼn man te sien nie. Met die intrapslag loop sy haar egter in die aantreklike David Erlank vas en die vonke spat.
’n Nuwe era van ridderlikheid
Nomineer die volgende Romanza Ridder! Daar is groot pryse op die spel, insluitend R15 000 vir die galante heer wat met die titel wegstap.