Soos ʼn Frik du Preez van ouds, het JP Eloff Saterdag ge-drop, ge-place en ge-score om die oorwinning vir sy span in die Amerikaanse Senior Rugbyliga (MLR) te verseker.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Rugby Amerikas Noord"
Oud-Stellenbosser druk vir Bermuda in RAN-stryd
ʼn Produk van die Stellenbosse Rugbyakademie (SRA) het Saterdag een van Bermuda se drieë teen die VSA-Suid Panthers in Rugby Amerikas-Noord (RAN) se kampioenskap gedruk.
Dominikane wen ver in herskikte RAN-reeks
Die Dominikaanse Republiek het Saterdag die eerste wedstryd in Rugby Amerikas-Noord (RAN) se herskikte Trofeereeks in Willemstad, Curaçao, gewen.
SA kaptein druk eerste; Yanks geweste se beste
Sy Suid-Afrikaanse kaptein het die eerste drie gedruk om die grondslag te lê vir die VSA-Suid se Panthers om Rugby Amerikas-Noord (RAN) se gewestelike kampioenskap te wen.
Rugby Amerikas-Noord skop met verrassing af
Rugby Amerikas-Noord (RAN) se kampioenskap het met ʼn ligte verrassing in die reeks om die Noordbeker afgeskop.
Toetsspan leen spelers by teenstander
Kan dit werklik gebeur dat `n toetsspan amper die helfte van sy lede by sy teenstander moet leen?