“Dit is jammer dat die SAUK se onvermoë om die Wêreldbeker-rugbytoernooi uit te saai miljoene Suid-Afrikaners die geleentheid gaan ontneem om te deel in die euforie en samehorigheid.”
Alles vir die sleutelwoord "Rugbywêreldbeker 2019"
Atterbury se klipreus kry die groen en goud
Volgens Boshoff was dit behoorlik ’n uitdaging om die vier ton‑standbeeld in ʼn Springboktrui en -broek te klee. Die trui moes ’n anderhalwe meter lank wees, en pas om ’n fors borskas met ’n omvang van twee en ’n halwe meter.
Springbokke: Is Retallick in of uit?
Die grootste belangstelling was die vordering van die slot Brodie Retallick, wat ʼn paar weke gelede in Wellington sy skouer beseer het nadat hy deur RG Snyman uit ʼn losskrum disnis geloop is.
Wêreldbeker-toernooi: Skop tog net af!
Dis hoog tyd dat die Wêreldbeker-rugbytoernooi in Japan begin.
Bokke skuif Wallis uit vierde plek op ranglys
Die een week op en die volgende week af.
Hierdie Maroela-lesers gaan in Japan rugby kyk!
Nicole Retief van Pretoria, Eben Olivier van Brackenfell, Rika Nel van Durbanville en Martin Terblanche van Pretoria is Donderdag as die wenners van Maroela Media en Virseker se “Wen rugbykaartjies na Japan”-kompetisie aangewys.
Peyper, Jonker na Japan
Twee SA blasers ingesluit vir die Wêreldbeker-rugbytoernooi.
Foto’s: Herrie oor Bokke se Wêreldbeker-truie
Die Bokke se Wêreldbeker-truie is pas bekendgestel, maar talle ondersteuners het reeds hul ongelukkigheid daaroor uitgespreek.
Kolisi: ‘Madiba sou nie kwotas steun’
Die Springbokkaptein, Siya Kolisi, meen oudpresident Nelson Mandela sou waarskynlik nie die kwotastelsel vir die samestelling van die Springbokspan steun nie.
Dis weer die Bokke teen Japan ná 2015-skok
Die Springbokke pak Japan aanstaande jaar die eerste keer sedert die aartsskok toe die Dapper Bloeisels Suid-Afrika in Brighton, Engeland, by 2015 se Wêreldbeker-toernooi met 34-32 verslaan het.
Bokke se toetsvelde vir aanstaande jaar bevestig
Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) het Maandag die Springbokke se toetsvelde vir aanstaande jaar bevestig.
Kanada lyk seker van nog ʼn Wêreldbeker-toernooi
Dit lyk of Kanada ook nie aanstaande jaar se toernooi om die Wêreldbeker (WB) in Japan sal misloop nie.
Agttal met 5 uit SA gee deurslag vir Duitsland
Duitsland se agttal met vyf Suid-Afrikaners in sy geledere het die deurslag vir die span se sege Sondag in die Pierre Delort-stadion in Marseille, Frankryk, oor Hongkong gegee.
Meer vir ‘SA’ Duitsland op spel as vir die res
Daar is meer vir Duitsland met sy 12 Suid-Afrikaners op die spel as vir enige van die ander lande, wanneer die Wêreldbeker (WB)-heruitdun Sondag in Marseille, Frankryk, afskop.
WB-heruitdun besaai met spelers uit SA
Suid-Afrikaners sal die heruitdun in Marseille, Frankryk, met die oog op deelname aan aanstaande jaar se toernooi om die Wêreldbeker (WB) met buitengewone belangstelling volg, want dit is met spelers uit Suid-Afrika besaai.
Kanada oortuig nie voor Wêreldbeker-heruitdun
Kanada het Maandag in Coventry, Engeland, allermins oortuig in sy laaste littelosmaker voor die heruitdun in Marseille, Frankryk, met die oog op aanstaande jaar se Rugbywêreldbeker-toernooi (RWB) in Japan.
Duitsland kies 12 uit SA vir Wêreldbeker-stryd
Duitsland het nie minder nie as twaalf spelers uit Suid-Afrika ingesluit in sy groep vir die Wêreldbeker-heruitdun wat Sondag oor ʼn week in Marseille, Frankryk, afskop.
Vergeet ʼn bietjie van die All Blacks, Ierland is die gevaarperd
Klop Ierland en wen aanstaande jaar se Wêreldbeker-toernooi in Japan.
Namibië op pad na Japan, Kenia Marseille toe
Namibië is op pad Japan toe, en Kenia pak sy tasse vir Marseille, Frankryk, maar dit was Zimbabwe wat Saterdag vir die grootste verrassing in Rugby Afrika se Goue Beker-reeks gesorg het.
Groot oorwinning vir Clermont teen Kanadese
Die Kanadese Uitnodigingspan het ʼn tweede groot drag slae op sy Franse toer op die lyf geloop.