Dié webinaarreeks wat in vier dele opgedeel is, fokus op verskeie aspekte wat belangrik is vir jou kind se ontwikkeling en sluit die hulp en advies van kundiges in wat in verskeie gebiede werksaam is.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "S-Leer"
Opleiding is die hart van die Solidariteit Werkherstelprogram
’n Omvattende opleidingsaanbod wat strek van skool, vaardigheidsopleiding, beroepsopleiding, universiteitsopleiding tot by voortgesette leer gaan die hart van die Solidariteit Werkherstelprogram wees.
11 wenke vir ’n makliker werk-lewe-balans tuis
Daar word gereeld gepraat oor werk-lewe-balans en baie mense se definisie daarvan verskil, maar hoe pas ʼn mens dit toe wanneer jy van die huis af werk? Hier volg 11 wenke om seker te maak jy behou steeds jou werk-lewe-balans as jy van die huis af werk.
Ontsluit jou toekoms in die media- of kommunikasiebedryf
Studente wat BA Kommunikasie en Joernalistiek by Akademia studeer, sal nie net gelei word om hierdie basiese vaardighede te ontwikkel nie; hulle sal ook goed kan funksioneer in ʼn digitale omgewing en verantwoordelik, sinvol en doelgerig binne bepaalde kontekste met digitale media kan omgaan.
65 maniere om jou vaardighede in 2020 uit te brei
“Dit help nie om net te staak soos wat die bankvakbonde wil doen met die verandering wat nou lei tot afleggings in die banksektor nie. Veerkragtigheid is die nuwe gonswoord en dit is Solidariteit se verantwoordelikheid om werknemers met die nodige kennis toe te rus om te verhoed dat hulle uit die nuwe ekonomie uitfaseer word.”
Gonsfees – inligtingsfees vir kommunikasiepraktisyns
Kommunikasiepraktisyns, bemarkers, joernaliste, skakelbeamptes, ontwerpers en enige iemand in ʼn kreatiewe beroep: die Gonsfees is hier!
S-leer: Die nuwe gonswoord vir voortgesette leer
S-leer is Solidariteit se sentrum vir voortgesette leer en is reeds besig om werknemers se denke oor voortgesette leer te verryk en vernuwe.
[Video] Tweede blits-leervideo bekendgestel
S-Leer se tweede Blits-leervideo is bekendgestel. In dié video beklemtoon die bekende Jannie Putter die belangrikheid van drome en om gereeld doelwitte te stel.
S-leer stel eerste blits-leervideo bekend
S-Leer, Solidariteit se Sentrum vir Voortgesette Leer, het vandag sy eerste blits-leervideo tydens ’n regstreekse uitsending op Facebook bekend gestel.
Vir blitsvinnig leer – Blits-leer!
Blits-leer is S-Leer leer se gratis kennisverspreiding-videoreeks en die eerste van sy soort in Afrikaans! Die doelwit is om kreatiewe idees, inhoud en kennis in die vorm van kort en kragtige 10 min video’s aan kykers aanlyn beskikbaar te stel.