Die IRR se prokureurs wil weet op grond waarvan die “ramptoestand” verleng is. Verskeie ander vrae is ook aan die president en die Cogta-minister gestel.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "SAIRR"
Swart leerders ly weens die swak onderwysstelsel
Suid-Afrikaanse onderwys beleef ’n krisis. Ons kinders bly agter ten opsigte van lees-en-skryf-vaardighede en gesyferdheid in vergelyking met ander vergelykbare lande en dit is ’n ope vraag hoe goed ons skole jong mense vir die terrein van universiteitstudie of werk voorberei.
Maak jou sakeonderneming só staatsbestand
“Die ekonomie is te belangrik om dit in die hande van die politici oor te laat.”
‘DA-reputasie aan flarde, moet nou op kiesers fokus’
Dit lyk deesdae of die DA net nie ʼn voet reg kan neersit nie. Waar het dit alles begin verkeerd loop vir die party, hoekom sukkel hulle so en kan die situasie nog beredder word? Maroela Media het met ʼn paar kenners hieroor gaan gesels:
Ware grondhervorming is binne ons bereik – ons moet dit aangryp
Om alle Suid-Afrikaners van hul transportaktes te stroop – soos die EFF wil doen – sal enige moontlikheid dat die land ’n voorspoedige samelewing, met geleenthede vir almal, kan word, vernietig.
SA se duur openbare diens – ʼn groot politieke en ekonomiese uitdaging
“Dit blyk dat geen politieke party die regte antwoord vir hierdie raaisel het nie en tyd is besig om uit te hardloop.”
Waarheen is Suid-Afrika op pad? Dit hang af wie jy vra
Waarheen is Suid-Afrika dus op pad? Morné Malan, ʼn navorser van die Solidariteit Navorsingsinstituut plaas die kollig op dié vraag.
Grondhervorming: werklike bewyse nodig
’n Baie beter gedragslyn vir die minister en haar departement sou wees om ’n program te steun wat op sukses ingestel is: behoorlike projekontwerp, toereikende befondsing, behoorlike ondersteuning en die versterking eerder as die ondermyning van eiendomsregte. Dit sou aandag gee aan die werklike probleme rakende grondhervorming,
Is Suid-Afrika op ʼn koers vir hervorming?
Dit is te vroeg om te sê of die gebeure van die afgelope ses weke daarop dui dat die ANC sal hervorm om te kan oorleef en Suid-Afrika op die pad na groei en stabiliteit kan stuur.
Africa Check se geloofwaardigheidskrisis
Om onakkurate statistieke in die openbaar te gebruik, kan katastrofies wees vir ’n persoon of organisasie se geloofwaardigheid. Ongelukkig is dit duidelik dat almal nie ewe bekommerd daaroor is nie.
Regering wil deurdruk met nasionale gesondheidsversekering
“Die kernfokus is om ʼn einde te maak aan die mediese skemas wat tans sowat 9 miljoen lede het.”
ANC-leierskapkonferensie: Só staan sake tans
“Wat ook al die uitkoms, ek twyfel sterk of ons ooit weer ʼn verenigde ANC sal sien.” Kyk hier wat ontleders voorspel vir die ANC se verkiesingskonferensie volgende maand:
Die waansin van die Demokratiese Alliansie
Op ’n waansinnige manier het die Demokratiese Alliansie (DA) nou sy eie geskiedenis en liberale oorsprong begin aanval. Die gevolge sal vir Suid-Afrika se demokrasie en vir die DA nadelig wees.
Die erns van Zwane se waansinnige handves sink in
Die minister van minerale bronne, Mosebenzi Zwane, het gelyk wanneer hy die nuwe mynbouhandves ’n “revolusionêre instrument” noem. Een van die hoofdoelwitte daarvan is om die staatsmynmaatskappy te bevoordeel, en om te help met die toename van die nasionalisering van myne sonder vergoeding.
AfriForum stig teenrassisme-eenheid
Die burgerregte-organisasie AfriForum het Maandag in een van sy mees omvangryke stappe nog om dubbele standaarde rakende die hantering van rassisme in die land hok te slaan ʼn nuwe eenheid bekendgestel wat rassisme en haatspraak sal vasvat.
Misdaad in Suid-Afrika is ʼn oorlog; publiek sal misdadigers self moet stopsit
Konvensionele misdaadbekamping kan nie meer werk teen niekonvensionele misdaad nie. Misdaad in hierdie land het ʼn vierde generasie oorlog geword.
Plaas onderwys eerste en transformeer só die ekonomie
Radikale ekonomiese transformasie, soos dit tans beskou en uitgespel word, sal faal om presies dieselfde rede as beleidstellings van regstellende aksie: ʼn fokus op uitsette (grond, verkrygingstransaksies) in plaas van insette (onderwys), wat dan lei tot ʼn klein aantal begunstigdes.
Meer mense ontvang toelae as mense wat werk
Daar is nou meer mense wat maatskaplike toelaes in Suid-Afrika ontvang as wat daar mense is wat werk.
’n Tydsreisigersgids vir Suid-Afrika in 2030
“Die voormalige Anglo American- uitvoerende beampte Bobby Godsell het onlangs die eertydse president van die Republiek van die Oranje-Vrystaat, Jan Brand, aangehaal toe hy gesê het, “Alles sal regkom as elkeen sy plig doen”. Deel van dié plig is om eerlik te wees oor die toestand waarin die land nou is.”
Wit mense in Suid-Afrika skrikwekkend minder
Wit mense maak tans ’n beraamde 8% van die totale Suid-Afrikaanse bevolking uit. Voortgesette veroudering en toenemende emigrasie kan die persentasie tot tussen 1 en 3% laat daal. Bloot wat die ekonomie betref, sal die implikasie hiervan ingrypend wees.