In vandeesweek se episode neem Van Onselen Donderdag se staatsrede vanuit ʼn sakeoogpunt onder die loep. Hy kyk ook na die ranglys wat die graad beoordeel van die gemak om sake in Suid-Afrika te doen en gesels oor nuwe regulasies op mededinging wat binnekort in werking tree.
Alles vir die sleutelwoord "Sakeliga"
Malema, EFF in hof oor ‘apartheidswet’
“Aanhitsing om ’n misdaad te pleeg kan nooit as spraakvryheid, soos Julius Malema en die EFF dit wil hê, beskerm word nie.”
Luister in 3 minute: Werkloosheid, die SAL en verwagting vir die staatsrede
Gerhard van Onselen, senior ontleder by Sakeliga, bespreek in vandeesweek se ‘3 Minute, 3 Sake’ die jongste werkloosheidsyfer, Gwede Mantashe, minister van minerale en energie, se uitsprake oor die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) en verwagtinge vir die staatsrede.
Grafiek: Ekonomiese aktiwiteit bly swak
Die Buro vir Ekonomiese Ondersoek (BER) het in samewerking met Absa, die Absa-aankopebestuurdersindeks (ABI) vir Januarie 2020 bekendgemaak.
Grafiek: Data oor likwidasies en insolvensies kommerwekkend
Gegewe die stand van die plaaslike ekonomie is die data kommerwekkend. Soos die ontleders by Momentum tereg noem, ondernemings beleef tans plaaslike en globale uitdagings.
Luister in 3 minute: Mantashe sê myne kan self krag opwek
Die hoofsake wat in vandeesweek se 3 Minute, 3 Sake bespreek word, is: Mantashe se uitsprake oor elektrisiteitvoorsiening, die Absa-aankopebestuurdersindeks bly swak en sakestatistieke oor likwidasies wek kommer.
Luister in 3 minute: Stryd oor onteiening woed voort
In vandeesweek se “3 Minute, 3 Sake” kyk Gerhard van Onselen van Sakeliga na onteiening en eise vir mediese nalatigheid wat die hoogte ingeskiet het.
Grafiek: Mboweni moet fyntrap met begrotingstekort
Verskeie ontleders beskou die komende Februarie-begroting as baie belangrik, selfs miskien die maak-of-breek begroting vir die huidige bedeling.
Luister in 3 minute: Eskom, SAL spartel vir geld
In hierdie week se aflewering van ‘3 Sake, 3 Minute’ plaas Gerhard van Onselen, senior ontleder by Sakeliga, die soeklig op Eskom, die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) en beleidsonsekerheid se invloed op ekonomiese groei.
Luister in 3 minute: Eskom, Moody’s en Massmart word bespreek
Daniel du Plessis van Sakeliga is terug en bespreek dié sakekwessies in die jongste uitgawe van 3 Sake, 3 Minute.
Sakeliga versoek dringende vergadering met Eskom-bestuur
Sakeliga het ‘n dringende vergadering met Eskom se bestuur versoek om oplossings vir ontoereikende munisipale bestuur te vind, soos om elektrisiteitfooie wat deur eindgebruikers betaal word te verwyder uit munisipale bestuur.
Krag vir Kersfees; Vryburg se ligte bly voorlopig aan
Eskom het ʼn klein vergunning gemaak aan die inwoners van Vryburg en Stella.
Luister in 3 minute: ’n Ingrypingsplan vir Eskom
Dit is tyd vir die laaste aflewering van “3 Minute, 3 Sake” vir 2019. In vandeesweek se podsending gesels Gerhard van Onselen, senior ontleder van Sakeliga, oor die organisasie se ingrypingsplan vir Eskom.
Sakeliga gryp in vir krag aan sakeondernemings
Dit sluit in interdikte om Eskom te verhoed om kragvoorsiening aan betalende eindgebruikers in wanbetalende munisipaliteite af te sny.
Luister in 3 minute: Nuwe wetgewing oor bosbou kom
In vandeesweek se ‘3 Minute, 3 Sake’ bespreek Gerhard van Onselen, senior ontleder by Sakeliga, die beoogde wetgewing wat bosbou in die staat se trusteeskap sal plaas.
Mark wél in staat om beter diens te lewer as regering
Enersyds poog die SAL om as volwaardige besigheid op te tree, maar andersyds klou dit vas aan oorblyfsels van ’n openbare goedere-benadering. So maak die maatskappy, byvoorbeeld, gereeld melding van sy “openbare mandaat” as regverdiging vir sy voortbestaan te midde van swak finansiële prestasie. Hierdie fundamentele teenstrydigheid in die SAL het waarskynlik ’n rol gespeel om sy omkeer te verhoed.
Luister in 3 minute: Water en SAL bly in die nuus
Gerhard van Onselen van Sakeliga bespreek in die jongste ‘3 Minute, 3 Sake’ die land se probleme met water en die BBP wat in die derde kwartaal gekrimp het.
Sakeliga wys op gevare van konsepwet oor onteiening
Die konsepwysigingswetsontwerp is Vrydag gepubliseer en is oop vir kommentaar tot einde Januarie.
Grafieke: ’n Blik op BBP in die derde kwartaal
Hierdie bestaande realiteit (oor die swak groei in BBP-per-capita) behoort ons baie meer te bekommer as vrese oor ’n “tegniese resessie” in die vierde kwartaal van 2019.
Luister: Wet op Eiendomspraktisyns kan SEB verskerp
Gerhard van Onselen en Daniel du Plessis, die twee ontleders van Sakeliga, neem die nuwe Wet op Eiendomspraktisyns onder die loep.