Sprake van die nasionalisering van die Suid-Afrikaanse Reserwebank en kwantitatiewe verruiming – ʼn mooi woord vir die druk van meer geld – het die markte op hol. Wat beteken dit vir die rand en Suid-Afrika se ekonomie?
Alles vir die sleutelwoord "Sakeliga"
Luister in 3 minute: Vrae oor Ebrahim Patel en koolstofbelasting
In hierdie week se ‘3 sake, 3 minute’ word die nuwe kabinet bespreek en vrae gevra oor die nuwe minister van handel en nywerheid, Ebrahim Patel.
SA politieke landskap: 3 moontlike scenario’s
“Dit is belangrik dat ʼn mens probeer verstaan wat in die volgende vyf jaar kan gebeur.”
Luister in 3 minute: Gelykheid, hervorming en kredietgraderings
Gerhard van Onselen, senior ontleder by Sakeliga, bespreek in hierdie week se 3 sake, 3 minute, die klem wat Ramaphosa die afgelope naweek op gelykheid in sy inhuldigingstoespraak gelê het, asook wat dit vir Suid-Afrika kan beteken.
Oorsig oor werkloosheidsvlakke in SA
Omdat dié bevolking en die arbeidsmag deurgaans groei, moet nuwe werke op die mark ontstaan om werkloosheidskoerse selfs net konstant te hou – heelwat meer werke is nodig om ’n beduidende duik in werkloosheid te maak.
Radebe se besluit oor privaat kragopwekking verwelkom
Sakeliga verwelkom die minister van energie, Jeff Radebe, se besluit om die pad oop te stel vir die privaat sektor om moontlik elektrisiteit aan die kragnetwerk te verskaf.
Luister in 3 minute: Die verkiesing, ʼn nuwe kabinet en beleidshervorming
Daniel du Plessis en Gerhard van Onselen van Sakeliga bespreek in hierdie week se 3 sake, 3 minute die 2019-verkiesing, pres. Cyril Ramaphosa se nuwe kabinet en die moontlikheid van beleidshervorming.
Luister in 3 minute: Chinese lenings, die ekonomie en Airbnb-regulasies
Gerhard van Onselen, senior ontleder by Sakeliga, bespreek in hierdie week se 3 sake, 3 minute die Chinese lening aan Eskom, ʼn oorsig oor die ekonomie wat pas uitgereik is en die Wes-Kaapse regering wat ook regulasies van Airbnb wil teenstaan.
Nuwe aanwyser van handelstoestande op geldsake-aanwyserblad
Sakeliga is van mening dat ingrypende deregulering, ʼn afskaal van beleide soos BEE en die bevordering van markvryheid, nodig is om die sakesektor weer aan te wakker.
Luister in 3 minute: Produsenteprysinflasie, datapryse en SEB
Die drie sakekwessies wat dié week in die nuus was, is die styging in produsenteprysinflasie, die mededingingskommissie se uitsprake oor datapryse en ʼn ingryping oor die geldigheid van SEB-trusts.
Hoër brandstofpryse jaag produksiekoste op in Maart
Volgens Statistieke Suid-Afrika het gemiddelde produsentepryse, gemeet aan die produsenteprysindeks (PPI) met sowat 6,2% in Maart 2019 gestyg – dié koers was 4,7% in Februarie.
ETM-aanwyser dui op strammer saketoestande
Sakeliga sal hierdie week hulle eerste Ekonomiese Oorsig vir Sakebesluitnemers vir 2019 in samewerking met ETM Macro Advisors uitgee. Hier is solank ʼn voorsmakie van die inhoud aan Maroela Media-lesers met ʼn grafiek van ETM se leidende ekonomiese aanwyser.
Luister in 3 minute: Dringende staatshulp vir Eskom en lesse uit Zimbabwe
Die drie sakekwessies wat die afgelope week in die nuus was, is die dringende staatshulp wat Eskom ontvang het, lesse vir die mynboubedryf uit Zimbabwe en burokrasie wat private elektrisiteitsprodusente uit die mark uithou.
Inflasie op verbruikersgoed – so boet jy nou vir drank, tabak en koeldrank
Dié grafiek verskaf ʼn oorsig oor die Verbruikersprys (VPI)-inflasiekoers. Amptelike verbruikersinflasie staan tans by 4,5% vir Maart 2019.
Beswaar teen staat se poging om Airbnb te reguleer
“Afgesien van die potensiële inbreuk wat hierdie drempels op eiendomsreg maak, is dit heeltemal oorbodig.”
Sakevertroue in siviele konstruksie duik in die hek
Oor die afgelope jare het die boubedryf in Suid-Afrika aansienlik van staatskontrakte en openbare besteding afhanklik geraak. So ʼn afhanklikheid kan natuurlik ʼn groot risiko raak wanneer die fiskale en monetêre gety draai, soos wat gebeur het.
Luister in 3 minute: Ekonomiese verwagtinge en politieke uitlatings
Gerhard van Onselen, senior ontleder by Sakeliga, neem die Buro vir Ekonomiese Ondersoek se verwagting vir Suid-Afrika se groei in die eerste kwartaal onder die loep.
‘Retoriek kweek klimaat vir onwettige grondgrype’
“Ongeag wat die onderliggende oorsake van hierdie protes is, word ’n vernietigende verontagsaming van eiendomsregte aangemoedig deur onverantwoordelike en kortsigtige politieke uitlatings.”
Oorsig van Eskom se produksie van elektrisiteit
Eskom se kragopwekking staan tans, gemeet in megawatt-uur, by dieselfde vlakke as rondom 2004.
Luister in 3 minute: Klasaksie teen Eskom en belastingteikens
Die drie sakekwessies wat die afgelope week in die nuus was, is die klasaksie teen Eskom, die Inkomstediens se belastingteikens en die stand van sake doen in Suid-Afrika.