Drie sakekwessies wat die afgelope week opslae gemaak het, is adjunkpresident David Mabuza wat ʼn toespraak by Nedlac gelewer het, die buro vir ekonomiese ondersoek wat sy sakevertroue-indeks vrygestel het en Waterberg Sakekamer en Sakeliga wat geaffilieer het.
Alles vir die sleutelwoord "Sakeliga"
Luister in 3 minute: Tegniese resessie, Moody’s, en ʼn kwartaalverslag
Drie sakekwessies wat die afgelope week opslae gemaak het, is die land wat in ʼn tegniese resessie verval het, Moody’s wat sy uitkyk op die land se krediet besin het en die vrystelling van Sakeliga se kwartaalverslag.
‘Rentekoersverhogings op die kaarte’
Suid-Afrikaanse ondernemingseienaars moet hul ondernemings posisioneer vir die moontlikheid op rentekoersverhogings deur die sentrale bank oor die volgende twee jaar.
Voorlegging in parlement oor Mededingingwysigingswet
“Die Mededingingswysigingswet van 2018 is die nuwe Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB).”
Sakeorganisasie waarsku teen Mededingingswetsontwerp
“Dit belemmer en beswadder gesonde en algemene kommersiële handel, en sal sowel plaaslike as buitelandse beleggers afskrik.”
Grondonteiening: Sakeliga dien PAIA-aansoek in
Dit volg ná ʼn artikel in ʼn Sondagkoerant waarin Rendani Sadiki, die waarnemende direkteur-generaal van die departement, erken dat ʼn lys van 139 plase wat vir hierdie doel geoormerk is bestaan.
Organisasies snoer kragte saam oor ‘onteieningslys’
“As sakelui-, landbou- en burgerregte-organisasies is dit ons plig om – in almal se belang – die Zimbabwe-scenario te verhoed deur oor ’n breë front saam te werk.”
Aansoek gebring rakende 139 plase op ANC-gryplys
‘n Regshulppakket is intussen ook bekend gestel om die publiek te help om teen grondbesetters op te tree indien die regering in gebreke bly.
Blaam vir brandstofprys, BTW-verhoging aan die voete van die regering
Dalk sal dit dan beter wees vir president Ramaphosa, die sakeman, om die kumulatiewe impak van teenproduktiewe regulasies, beleide en belasting te evalueer in stede daarvan om nou die privaat sektor implisiet as sondaar uit te maak met onhaalbare versoeke.
Regsaksie kom om kragonderbrekings te verhoed
Die sake-organisasie Sakeliga, voorheen bekend as AfriSake, het regsaksie begin met die oog op ʼn oplossing wat Eskom landswyd sal verhoed om elektrisiteit na betalende…
Motsoaledi se ‘rookwet’ plaas sakeregte op die spel
Hierdie wetgewing sal die staat se mag oor ons net verder vergroot en ons vryheid net verder verklein.
Sakeregtewaghond nou ʼn sakegemeenskap
“Sakeliga bevorder voorspoed, vrye markte en ʼn konstitusionele orde in die belang van sy lede en in die gemeenskaplike belang waar ook al sy lede sake doen.”
Die Mantashe-mynbouhandves – die skade duur voort
Baie meen die nuwe Mantashe-handves wat nou vir kommentaar gepubliseer is, is beter as die vorige handves wat bekendgestel is deur die nou berugte Mosebenzi Zwane. Tog is die mate van verbetering in Mantashe se “onderhandelde skikking” debatteerbaar.
Is jy bestand teen seindistorsie deur die staat?
Ons lewens, ons gesinne en families, asook ons gemeenskappe, is veels te kosbaar om aan die genade oor te laat van die totalitêre staat, wat meedoënloos strewe na intervensies wat die seine verwring en vernietig wat ons so broodnodig het om te floreer.
Hoe om u sakeonderneming staatsbestand te maak
Wat is die oorsprong van die bedreigings teenoor ’n sake-eienaar of entrepreneur in Suid-Afrika in 2018 en wat moet hy of sy doen om die sakeonderneming staatsbestand te maak?
Kommer oor wetsontwerp op klimaatsverandering se impak op ekonomie
AfriSake het vandag kommer uitgespreek dat ingryping in klimaatsverandering in die vorm van die nuwe Wetsontwerp op Klimaatsverandering van 2018 die risiko loop om Suid-Afrika se BBP-groeitrajek wat reeds swak is, selfs nóg verder te verswak.
‘Openbare gesondheid in gevaar weens nasionalisering’
“Met Motsoaledi se verbintenis tot ʼn nasionale gesondheidsversekeringskema skakel hy die gesondheidsorgbedryf om in ʼn staatsbeheerde onderneming, en mediese versekering in belasting.”
Eskom kry aanmaningsbrief oor beplande kragonderbrekings
“Met beurtkrag wat skynbaar weer eens die norm in Suid-Afrika word, gaan Eskom voort met sy aanslag op die onskuldige verbruiker.”
AfriSake kan selfstandige sakegemeenskap laat realiseer
Die sakebelange-organisasie AfriSake het Dinsdag sy strategiese prioriteite vir ’n selfstandige sakegemeenskap bekend gestel:
Maak jou sakeonderneming só staatsbestand
“Die ekonomie is te belangrik om dit in die hande van die politici oor te laat.”