Miskien is die neerpen van onnosele wette en regulasies op so ʼn wyse die laaste stuiptrekkings van mislukkende en ondoeltreffende staatsdepartemente.
Alles vir die sleutelwoord "Sakeliga"
Begeleide konvooi dalk op pad na KZN
Organisasies beraam tans planne om voorraad met ʼn konvooi veilig na geteisterde gebiede in KwaZulu-Natal te vervoer, aangesien die N3 nog nie oopgestel is nie.
Onluste se impak op ondernemings, ekonomie; Wêreldbank waarsku SA
Gerhard van Onselen van Sakeliga is terug in vandeesweek se “3 Minute, 3 Sake” en kyk hoe die onluste die plaaslike ekonomie en sakeondernemings sal raak. Hy bespreek oor die Wêreldbank se waarskuwing aan Suid-Afrika te midde van die onrus.
Luister in 3 minute: Sakekamer meen kragskepe kan help; middelklas onder druk
In vandeesweek se “3 Minute, 3 Sake” kom die Turkse kragskepe weer onder die loep. Die Suid-Afrikaanse middelklas ervaar groot finansiële druk, en laastens, die ekonoom Russell Lamberti sluit by Sakeliga aan.
Luister: Moody’s kap Tshwane-metro raad; NGV met regstappe beveg
In vandeesweek se “3 Minute, 3 Sake” praat Daniel du Plessis van Sakeliga oor Solidariteit se planne om regstappe teen die instelling van die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) te neem. Tshwane-metro se kredietgradering is skerp afgegradeer en kommer heers oor die verskerpte inperkingsmaatreëls se invloed op sakeondernemings.
Luister in 3 minute: SA beklee laagste posisies in mededingendheid
Gerhard van Onselen van Sakeliga kyk in vandeesweek se “3 Minute, 3 Sake” na die 200 afgestudeerde dokters wat nog nie in internskappe geplaas is nie. Hy bespreek ook probleme in die mynboubedryf en ʼn verslag oor internasionale mededingendheid waarin Suid-Afrika al hoe vrotter vaar.
Luister in 3 minute: Goeie nuus oor landboubedryf, kragopwekking
In die jongste aflewering van “3 Minute, 3 Sake” bespreek Gerhard van Onselen van Sakeliga die hernude vertroue in die landbousektor, bykomende kritiek op die mededingingskommissie se besluit om die Burger King SA-transaksie te stuit en die positiewe nuus oor onafhanklike kragopwekking.
Onteiening: Organisasie eis verskoning oor ‘wanvoorstellings’ in studie
“Baie van die groepe wat volgens die studie die wetsontwerp ondersteun, steun eintlik nie die wetsontwerp nie.”
Impakstudie oor onteiening bekyk; munisipale wanbestuur laat fabriek sluit
Gerhard van Onselen van Sakeliga bespreek weer drie van die grootste sakestories in vandeesweek se “3 Minute, 3 Sake”: Die regering se impakstudie oor onteiening, munisipale wanbestuur in Lichtenburg en die Mededingingskommissie se besluit om ʼn Burger King-transaksie te keer.
Kommer oor openbare skuld; skerper aanslag teen ekonomiese vryhede
In vandeesweek se “3 Minute, 3 Sake” gesels Gerhard van Onselen van Sakeliga oor die Reserwebank se kommer oor openbare skuld en finansiële stabiliteit.
Hofsaak begin om munisipale verval te stuit
“Ons probeer ʼn situasie ontlont wat dreig om die hele land te destabiliseer.”
Wateroorwinning vir inwoners van Noordwes
Sedibeng-water het verlede week opdrag aan sy werkers in verskeie munisipaliteite gegee dat watervoorsiening en instandhoudingsdienste reeds Dinsdag gestaak moet word.
Saak teen SEB-regulasies draai weer in hof; plaaslike ekonomiese situasie bekyk
In hierdie week se aflewering van “3 Minute, 3 Sake” praat Gerhard van Onselen oor Sakeliga se uitgebreide veldtog teen SEB-en verkrygingsregulasies wat die week weer in die hof gedraai het. Hy kyk vervolgens na die ekonomie in die tweede kwartaal en, laastens, na stof tot nadenke vir sakelui in die huidige ekonomiese toestande.
Dringende aansoek teen afsny van water in Noordwes
Sedibeng-water het op 25 Mei opdrag gegee dat waterdienste in groot dele van Noordwes vanaf 1 Junie opgeskort word weens agterstallige skuld en wanbetaling deur munisipaliteite.
Grootste saak oor SEB Dinsdag aangehoor
Sakeliga het ook Maandag ’n driebeenstrategie teen die regering se SEB-beleidstellings tydens ’n mediakonferensie bekend gemaak.
Luister in 3 minute: Invoere, NGV en inflasie in die kollig
Gerhard van Onselen van Sakeliga bespreek ʼn moontlike verbod op die invoer van sekere produkte, die oordrag van bates aan die Nasionale Gesondheidsversekering en inflasie.
Grootste hofsaak oor SEB- en verkryging word nóg groter
“SEB is ʼn mislukte en skadelike beleid, en veral op die gebied van staatsverkryging het dit ʼn toksiese teelaarde vir korrupsie geskep, omdat dienslewering en produkte nie aan hul nut vir die publiek gemeet is nie, maar aan hul nut vir politici.”
Blaps met kragskepe, vrae oor drankverkope en ’n grendelgenerasie
Gerhard van Onselen, senior ontleder van Sakeliga, bespreek die belangrikste sakekwessies van die week. Kom luister daarna in drie minute:
Kommer oor regering dalk data wil nasionaliseer
“Die waarskynlikste uitkoms is om Suid-Afrikaanse maatskappye internasionaal minder mededingend te maak.”
Luister in 3 minute: Wil die regering data nasionaliseer?
Die hoofstorie in vandeesweek se “3 Minute, 3 Sake” is die nuwe konsepbeleid van die departement van kommunikasie oor data wat in Suid-Afrika in die wolk gestoor word.