Die kragvoorsiener het nie ʼn algemene reg om elektrisiteitsvoorsiening aan betalende klante in wanbetalende munisipaliteite te beëindig nie.
Alles vir die sleutelwoord "Sakeliga"
Ramaphosa se ekonomiese plan ‘naïef, utopies’
“Herstel kan nie gebaseer wees op ’n voortsetting van die ramptoestand, meer belasting, staatsbesteding en staatsinmenging nie.”
Luister in 3 minute: Nog ’n ekonomiese regrukplan op die kaarte
In vandeesweek se uitgawe van “3 Minute, 3 Sake” gesels Gerhard van Onselen, ʼn senior ontleder by Sakeliga, oor onteiening, Nersa en die jongste ekonomiese regrukplan.
‘Beëindig grendeltyd’, verklaar mediese kundiges wêreldwyd
“Die huidige grendelbeleide het ʼn verwoestende uitwerking op korttermyn- en langtermyn- openbare gesondheid.”
Luister in 3 minute: Vlak 1-inperking ontwrig steeds toerisme
In die jongste aflewering van “3 Minute, 3 Sake” kyk Gerhard van Onselen na vlak 1 van afsondering wat toerisme lamlê. Die inperkingsmaatreëls het ook ʼn beduidende invloed op die toename in hongerte en die uitbreiding van armoede gehad. Die radiospektrum wat bestem is vir opveiling kom ook onder Van Onselen se ekonomiese vergrootglas.
Luister in 3 minute: Werksverliese, kredietrisiko vir banke bespreek
In die jongste aflewering van “3 Minute, 3 Sake” bespreek Gerhard van Onselen, ʼn senior ontleder by Sakeliga, die katastrofiese werksverliese in tweede kwartaal, ʼn stygende kredietrisiko vir banke en die grootste daling in vaste belegging op rekord.
Werkloosheidsyfers: TLU, Sakeliga eis dat ekonomie ten volle oopgestel word
“Die ekonomie moet onmiddellik ten volle oopgestel word om enige verdere verliese aan werkgeleenthede te voorkom en armoede te bekamp.”
Eise dat ramptoestand beëindig word, regstappe opnuut oorweeg
“Daar bestaan geen regverdiging meer vir die voortsetting van ʼn ramptoestand nie, en die verskuiwing na vlak 1 van die staat van inperking is te min te laat.”
Luister in 3 minute: Navorsingsgroep meen SA stuur af op ‘mislukte staat’
In hierdie week se “3 Minute, 3 Sake” bespreek Gerhard van Onselen, senior ontleder by Sakeliga, ʼn navorsingsgroep se vooruitskatting dat Suid-Afrika afstuur op ʼn mislukte staat indien ekonomiese beleid nie verander nie.
Luister in 3 minute: Skok oor BBP en planne vir openbare besteding
Vir vandag se drie sake in die jongste aflewering van “3 Minute, 3 Sake”, kyk Gerhard van Onselen van Sakeliga na die skok oor die BBP, openbare bestedingsplanne, en laastens Okosa wat SEB-kodes wil verskerp.
Sakeliga in hof oor BEE-vereistes vir sake met staat
Die wet gee aan staatsinstellings die mag om hul eie minimum BEE-vereistes te stel waaraan ʼn kontrakteur moet voldoen as hy sake met die staat wil doen.
Luister in 3 minute: Stad Kaapstad, werkloosheidsyfer en garsboere in die nuuskollig
In die jongste aflewering van “3 Minute, 3 Sake” bespreek Gerhard van Onselen ʼn hofuitspraak teen die Stad Kaapstad, ʼn vooruitskatting in die verhoging van die plaaslike werkloosheidsyfer en garsboere wat met ʼn oorskot in produksie sit.
Kort ontleding: Nog bewyse van inperking se uitwerking op plaaslike ekonomie
Die ekonomie is as’t ware ʼn lewensondersteuningstelsel. Om dit summier met reusagtige eensydige dwang af te skakel rig ontsettende skade aan lewens en lewensmiddele.
Gevolge van afsonderingsperiode sal jare lank voortduur
“Om sake te vererger word voortgesette dreigemente oor die terugkeer na streng algehele inperkingsmaatreëls op ʼn amper daaglikse basis gemaak deur amptenare met klaarblyklik weinige nadenke oor die skade wat dit berokken aan lewensbestaan.”
Uitdagende saketoestande, massa-afleggings is nadraai van drakoniese inperking
“Dit is duidelik dat ’n afname van 10%-20% in omset en verdienste nie net aanstellings beïnvloed nie, maar ook ondernemings se uitbreidingsplanne, nuwe beleggings sowel as die vermoë van die private sektor om die beste te maak van enige oplewing in kommoditeitsmarkte.”
Sakeliga weer vriend van hof in saak teen Eskom
“Die saak het aansienlike implikasies, nie net vir elektrisiteitsvoorsiening in Suid-Afrika nie, maar ook vir die verhouding tussen staatsorgane in die algemeen.”
Luister in 3 minute: Donker wolk dreig oor inperking se trefslag op ekonomie
“Ondernemings moet vir ʼn kleiner ekonomie, en ʼn 10–20%-vermindering van omset en winste beplan. En massa-afleggings is ʼn wrede werklikheid. Herstel gaan lank duur.”
Vlak 2-afsonderingsregulasies ‘diskrimineer’
Sakeliga sê daar is groot teenstrydighede in beperkings op verskillende ondernemings. Toeskouers word byvoorbeeld in groot stadions by sportbyeenkomste verbied, maar taxi’s mag volgelaai word.
Luister in 3 minute: Verslapping van inperking ‘te min, te laat’
Gerhard van Onselen bespreek in die jongste “3 Minute, 3 Sake” die verder verslapping van afsonderingsmaatreëls, ʼn groep wat aandring op groter ekonomiese vryhede om armoede te voorkom en die landbougemeenskappe se regsaksies teen die regering.
Sakeliga ondersteun Business for Ending Lockdown
“Ons is nie tevrede met vandeesweek se reaksie deur die presidensie en Nedlac op die ontvouende ekonomiese krisis nie, naamlik om nog ʼn kommissie in te stel in plaas van om die grendelstaat op te hef.”