“Onder die dekmantel van ʼn mediese krisis het die staat gepoog om ʼn algemene sisteem van besigheidslisensiëring in Suid-Afrika in te stel.”
Alles vir die sleutelwoord "Sakeliga"
Luister in 3 minute: Vlak 3, moontlike afleggings en repokoers bespreek
Welkom terug by “3 Minute, 3 Sake” vir die week waar Gerhard van Onselen van Sakeliga die vlak 3-inperking wat op 1 Junie begin, bespreek. Hy kyk ook in hierdie podsending na Tiger Brands wat afleggings weens die afsonderingtydperk beoog en die Reserwebank wat die repokoers met 50 basispunte in Mei verlaag het.
Vlak 3: ‘Stappe in regte rigting nie genoeg’
Die Solidariteit Beweging het die skuif na vlak 3 verwelkom, terwyl Sakeliga aangekondig het dat hy hom steeds tot die hof sal wend oor sekere aspekte van die afsonderingsregulasies.
Afsondering: 50% van ondernemings dalk binne maande bankrot
Sowat die helfte van sakeondernemings kan onder die huidige regulasies nie hul bedrywighede hervat nie en dié wat kan, sukkel om hul deure oop te hou.
Luister in 3 minute: Eskom verhaal nog geld en herrie in parlement
Hier is die drie sake wat in die jongste aflewering van “3 Minute, 3 Sake” bespreek word: Eskom verhaal nog geld van verbruikers, rassemaatreëls oor Covid-19-hulp lei tot herrie in parlement, en Sakeliga-peiling dui op die skadelike impak van Covid-19-inperking.
Sakeliga hof toe oor afsonderingsregulasies vir sakeondernemings
Sakeliga gaan die hof vra om alle permitvereistes vir sakeondernemings ten tyde van afsondering tersyde te stel.
Luister in 3 minute: Reserwebank se leningskema skop af
In vandeesweek se “3 Minute, 3 Sake” bespreek Gerhard van Onselen, ʼn ontleder by Sakeliga, die afskop van die Reserwebank se leningskema, die druk wat toeneem om die inperking te verlig en Sakeliga se litigasie teen onregmatige toepassing van permitte wat ʼn volgende fase betree.
Afsondering: Sakelui kan hier onvanpaste optrede van wetstoepassers aanmeld
Die organisasie sê die regering is deurlopend besig met sogenaamde regulatoriese knip-en-plakkery en dat dit vir gewone mense bykans onmoontlik is om tred te hou met die bepalings.
Regstreekse uitsending: Hoe oorleef my besigheid die Covid-19-pandemie?
Regstreekse uitsending: Kundiges is dit eens dat die uitwerking wat die inperking op Suid-Afrika se ekonomie gaan hê, veel groter is as die impak van die virus self. Freek Robinson gesels vandag namens Maroela Media met Johan Schoeman, ʼn sakeman en eienaar van ʼn aantal sakeondernemings, en Piet le Roux, uitvoerende hoof van SakeLiga, oor die impak van die Covid-19-pandemie en meegaande regulasies op kleinsakeondernemings.
Luister in 3 minute: Verslag bereken verlore lewensjare weens inperking
In vandeesweek se “3 Minute, 3 Sake” bespreek Gerhard van Onselen, ʼn senior ontleder by Sakeliga, ʼn verslag wat die verlore lewensjare weens inperking bereken het. Hy kyk ook na die gevolge van die rookverbod en die aankope-indekse wat wys sakevooruitsigte is besig om te tuimel.
Mediasie met regering gevra oor inperkingsregulasies
“Ons deel die heersende openbare sin vir dringendheid oor die huidige ekonomiese en ontvouende humanitêre krisisse, maar die realiteit is dat litigasie op sy vinnigste oor etlike weke eers ʼn uitslag kan oplewer.”
Luister in 3 minute: Sakeliga kritiseer nuwe inperkingsregulasies
In die jongste weergawe van “3 Minute, 3 Sake” bespreek Gerhard van Onselen, ʼn ontleder verbonde aan Sakeliga, die staat se vlak 4 van inperking, die Covid-19-skema wat nie volle salarisse betaal nie en kyk krities na nuwe inperkingsregulasies.
Afsondering: ‘Vlak 4 verskil kwalik van vlak 5’ meen ontleders
“Die regering se strategie is uit voeling met die Grondwet, met internasionale reg en met beste praktyke elders ter wêreld.”
Sakeliga bekommerd oor ‘regulatoriese oordaad’
Die organisasie waarsku dat Suid-Afrika die gevaar van ʼn ekonomiese en maatskaplike ramp loop.
Luister in 3 minute: Covid-19-hulppakket en vrae oor regeringstelsels
Gerhard van Onselen, senior ontleder van Sakeliga, kyk in vandeesweek se aflewering van “3 Minute, 3 Sake” na die Covid-19-hulppakket, stel vrae oor druk op regeringstelsels en bespreek Sakeliga se onlangse meningspeiling.
Sakeliga vergader met minister oor regulasies
Sakeliga sê dit is problematies dat Ramaphosa se raamwerk steeds die posisie handhaaf dat alles outomaties verbode is, tensy die regering dit toelaat.
Vuurwarm stryd oor voorbereide kos woed voort
“Kan dit betrekking hê op koue, warm kerrie?”
Hofaksies dreig oor sigarette, kosproduksie
Die dreiging met hofaksie rakende die verbod op sigarette kom terwyl die minister van handel, nywerheid en mededinging tot Maandagoggend gegee is om van sy uitsprake oor kosproduksie terug te trek of ook hofaksie in die gesig te staar.
Kleiner sakeondernemings kou nou klippe
Vir die meeste klein sakeondernemings is die gevolge van die Covid-19-pandemie ingrypend. Handelstoestande het vir 86% van die ondernemings versleg, wat aan ʼn onlangse peiling deelgeneem het. Maroela Media het met ‘n paar eienaars van klein sakeondernemings gesels om uit te vind hoe hou hulle kop bo water.
Covid-19-samevatting: 80 SA’ners uit Rome gerepatrieer
Die presidensiële adviesraad het intussen virtueel met die president vergader.