Marina Barkhuizen van Westonaria, het gesorg vir dié week se sakpasresep. Dit is ʼn maklike en goedkoop resep. Die resep kan aangepas word na gelang van die hoeveelheid mense. Sy het al die gereg gemaak in oondbakke vir geleenthede by die skool of familie-saamtrekke.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "sakpasresep"
Sakpasresep: Heerlike kerriemaalvleis
Dié week se sakpasresep is ʼn gunsteling van Elana Barker. Sy sê: “Dit is een van daardie resepte wat iemand lank terug sommer so op ʼn stukkie papier vir my neergeskryf het. Ek kan glad nie onthou waar ek dit gekry het nie!”
Sakpasresep: Isabel se visgereg
Frik Lombard van Nigel, spog dié week met een van sy vrou, Isabel, se heerlike geregte.
Sakpasresep: Ansie se ‘cowboy’-kos
Anna Kapp van Albertinia sorg vir dié week se sakpasresep. Sy sê: “Dit is ʼn heerlike, vinnige ete. Ek het die resep ongeveer 30 jaar gelede by my skoonsus, Ansie, gekry.” Wat dié ete ook so lekker maak, is dat enige soort vleis gebruik kan word.
Sakpasresep: Tannie Babs se gekookte poeding
Dié week se sakpasresep is ingestuur deur Ina van Rensburg en lê haar baie na aan die hart. Sy het die resep reeds in 1963 by haar tannie Babs Muller gekry. Dit is ʼn heerlike ekonomiese poeding.
Sakpasresep: Eier-en-hamgereg
Dié week se sakpasresep is ook een van daardie resepte wat maklik aangepas kan word. Die ham kan byvoorbeeld vervang word met enige oorskietvleis. Die hoeveelheid kaas kan ook aangepas word.
Sakpasresep: Botterskorsie lekkerte
‘n Maroela Media leser, Susan Klopper, deel een van haar eie resepte. Dit is ʼn ete op sy eie en boonop vullend en baie goedkoop. Jy kan ook lekker kreatief raak en die resep aanpas na gelang van wat jy in jou kas het.
Sakpasresep: Maklike mengelmoes
Ons almal beleef daardie dae dat daar net geen kreatiwiteit aan die dag gelê kan word om honger mae te vul nie. Hier is ʼn lekker, maklike en goedkoop idee om ʼn eenskottelgereg met min moeite te skep.
Sakpasresep: Maklike kooldis
Kool is nou nie juis almal se gunstelinggroente nie. Tóg kan daar getoor word om kool in ʼn heerlike dis te omskep.
Sakpasresep: Pasta met tuna
Met pasta kan jy baie honger magies vul. Dié resep kan jy ook lekker aanpas na gelang van jou begroting. Die tuna kan selfs vervang word met oorskiet hoender.
Sakpasresep: Kekerertjiehappies
Tiana Kluyts het gesorg vir dié week se sakpasresep met haar eie kekerertjiehappies (nuggets). Dit is ’n heerlike vegetaries-vriendelike maaltyd, propvol proteïne, gesond en natuurlik goedkoop.
Sakpasresep: Appelkooshoender
Sakpasresep: Liana Engelbrecht van Bethal het gesorg vir dié week se resep. Dié appelkooshoender-resep is een van haar gunstelinge en is altyd ʼn wenner.
Sakpasresep: Eenskottel hoender-en-rysgereg
Met hoender en rys kan jy ver kom! Hierdie is een van daardie lekker resepte wat ʼn hele paar honger magies kan vol maak.
Sakpasresep: Viskoekies met sardyne
Sakpasresep: Deesdae is dit vir talle gesinne nodig om hul rieme so ʼn bietjie stywer te trek. Maroela Media in samewerking met Helpende Hand se #stophonger-veldtog gaan vir die volgende paar weke elke week ʼn lekker sakpas-resep verskaf.